Oswald Pirow

Oswald Pirow
Oswald Pirow
Pirow was minister van spoorweë en hawens

Minister van Justisie
Ampstermyn
1929 – 1933
Eerste minister Barry Hertzog
Voorafgegaan deur Tielman Roos
Opgevolg deur Jan Smuts

Minister van Verdediging
Ampstermyn
1933 – 1939
Voorafgegaan deur Frederic Creswell
Opgevolg deur Jan Smuts

Persoonlike besonderhede
Gebore 14 Augustus 1890
Aberdeen (Kaapkolonie)
Sterf 11 Oktober 1959 (op 69)
Pretoria (Transvaal)
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Politieke party Nasionale Party
Kiesafdeling Zoutpansberg
Gezina, Pretoria
Eggenoot/-note Elsé Piel
Kind(ers) 2 seuns, 2 dogters
Professie Prokureur

Oswald Pirow (Aberdeen, Kaapkolonie, 14 Augustus 1890Pretoria, Unie van Suid-Afrika, 11 Oktober 1959) was ’n Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde.

Vroeë lewe

As die seun van Carl Bernhard Ferdinand Pirow, ’n geneesheer en seun van ’n Duitse sendeling, en sy vrou Henny Jasmine Marine Tomby, het Pirow sy opvoeding aan Potchefstroomse Seminarium ontvang. Op veertienjarige leeftyd is hy na Duitsland waar hy sy doktorsgraad verwerf het, waarna hy sy regstudie aan die Inner Temple in Engeland voltooi het en die Inns of Court-beurs vir regsgeleerdheid verower het. Terwyl Pirow in Engeland was het hy as sportman uitgeblink. Hy het onder andere die Engelse spiesgooikampioenskap gewen en het ’n hoë peil gehandhaaf in boks, swem, stoei, naellope, boogskiet, perdry en skerm.[1] Hy is in 1913 voor die balie by die Inner Temple geroep en het in 1914 in Pretoria as prokureur begin praktiseer en in 1925 het hy die hoogste titel van Britse advokate (Koningsraad) ontvang. In 1919 is hy met Elsé Piel getroud. Die egpaar het twee seuns en twee dogters gehad.[2]

Skuif na die politiek

Na voltooiing van sy regstudie het Pirow hom in 1914 as advokaat in Pretoria gevestig en spoedig ’n groot praktyk in vennootskap met Tielman Roos opgebou. Hy was ’n groot ondersteuner van Roos wat daardie tyd leier van die Nasionale Party in Transvaal was. Pirow staan in 1915 in die kiesafdeling Parktown vir die Nasionale Party, maar kom tweede met slegs 299 stemme vergeleke met die Unionisteparty se R. Feetham se 2 001 stemme. In 1920 en 1921 het hy sonder welslae die setel Soutpansberg betwis. Hy was ook in 1922 saam met Roos betrokke by pogings om die Randse staking te beëindig. Na afloop daarvan het hy van die stakers kosteloos in die hof verdedig.

In die 1924-verkiesing het hy kolonel Hendrik Mentz, die destydse Minister van Verdediging, in Soutpansberg verslaan. In 1929 het hy besluit om in Standerton teen genl. Jan Smuts te staan[2] en het met slegs 173 stemme verloor. Om hom in die parlement te hou is hy tot senator benoem en in dieselfde jaar het hy, nadat Roos weens gesondheidsredes uit die kabinet getree het, Minister van Justisie geword. Kort daarna, in Oktober 1929 het hy in ’n tussenverkiesing Volksraadslid vir Gezina geword, wat hy tot 1943 gebly het.[2]

Die hoogtepunt in Pirow se loopbaan as Minister van Justisie was die deurloods van die Wysigingswet op Oproerige Byeenkomste van 1930, wat as die eerste anti-Kommunistiese wetgewing beskou kan word. Die doel was om te verhoed dat Swartmense deur Kommunistiese agitators teen Blankes opgerui word.

Pirow was ’n voorstaander van die samesmelting van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party en het ’n leidende lid van hulle nuwe kabinet geword.[2] Tydens die woelinge van die dertigerjare was Pirow midde-in die stryd. Toe hy in 1931 verneem dat Roos moontlik tot die aktiewe politiek sou terugkeer, het hy hom probeer oorreed om genl. Hertzog nie te beveg nie. Tydens die koalisiesamesprekings van 1933 was hy een van die hoofonderhandelaars wat die ooreenkoms tussen die NP en die SAP bewerkstellig het. In 1934 het hy saam met Hertzog tot die Verenigde Party toegetree.

Die lugvaart was lank reeds ’n stokperdjie en dit het ook sy werk as kabinetsminister beïnvloed.[1] Met die samestelling van die koalisiekabinet in 1933 het Pirow Minister van Spoorweë en Hawens en van Verdediging geword. In eergenoemde hoedanigheid het hy veel gedoen ter verbetering van die lot van spoorwegwerkers, en ter bevordering van burgerlike lugvaart. Vanuit hierdie basis het hy die Suid-Afrikaanse Lugdiens gestig wat hy ook toegerus het met Junkers vliegtuie.[2] Die fondasie van die nasionale lugdiens was vir Pirow ’n belangrike stap om die land meer mag te gee in die kontinent.[3]

Minister

Pirow (links) en dr. Hendrik Muller

As Minister van Verdediging het hy in 1933 die Spesiale Diensbataljon in die lewe geroep as ’n heenkome vir jong manne wat vanweë die depressie na skool werkloos was. Die bataljon het spoedig ’n gunstige reputasie verwerf en ook kinders van gegoede gesinne het daarby aangesluit. Pirow wou torpedodraende bomwerpers vir die Lugmag aanskaf om Suid-Afrika teen aanvalle van die see af te beskerm, maar die geld daarvoor kon nie gevind word nie vanweë die konserwatiewe beleid wat N.C. Havenga as Minister van Finansies gevolg het. Sy reputasie as minister het skerp in die gedrang gekom deur die ingebruikneming van boskarre, getrek deur osse, in die Transvaalse Laeveld en Bosveld om Suid-Afrika teen ’n aanval vanaf Lourenço Marques te beskerm. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het dit geblyk ’n uiters onpraktiese instelling te wees aangesien Suid-Afrika buite die grense van die land opgetree het. Hoewel Pirow baie spot oor die boskarre moes verduur, het sy beplanning en reorganisasie van die Verdedigingsmag Smuts in staat gestel om dit gou op voet van oorlog te kon bring.

In die openbare lewe het hy bo sy kollegas uitgestyg. Benewens die portefeuljes van Justisie, Spoorweë en Hawens en Verdediging wat hy behartig het, was hy gedurende 1938–39 ook Minister van Handel en Nywerheid, en tydens A.P.J. Fourie se besoek oorsee het hy ook Mynwese en Industrieë waargeneem. Alhoewel Hertzog weinige vertrouelinge gehad het, het Pirow weldra ’n vertroueling van hom geword. In sommige kringe is selfs van hom as ’n toekomstige eerste minister gepraat. Die oorlogsverklaring van 1939 het ’n einde aan sy ideale gemaak. Sommige het gehoop dat Pirow met sy aanhang in die Verdedigingsmag met ’n magsgreep Smuts se oorlogsplanne sou dwarsboom, maar daar het niks van gekom nie. Waarskynlik was dit een van die redes waarom hy na 1939 in ’n swak lig gestel is en sy werk as Minister van Verdediging deur die Smuts-regering verkleineer is.

Herenigde Nasionale Party

Hoewel sommige van Pirow se vroeëre uitsprake die indruk kon geskep het dat hy Suid-Afrikaanse deelname aan ’n wêreldoorlog sou steun, het hy op 4 September 1939 tydens die neutraliteitsmosie met die uitbreek van die oorlog Hertzog se standpunt ondersteun. Met die skeuring in die VP het hy saam met Hertzog in die opposisiebanke beland en sy leier gevolg in die nuwe Herenigde Nasionale Party (HNP).[2]

Ná die skeuring het Pirow hom by die Volksparty van Hertzog gevoeg. In 1940 was hy intiem gemoeid met onderhandelinge met dr. D.F. Malan om ’n grondwet vir die Herenigde Nasionale Party of Volksparty (HNP) op te stel. Sy konsepklousule oor die republikeinse strewe het heelwat beroeringe veroorsaak. Ten spyte van die feit dat Hertzog nie tot die nuwe party toegetree het nie, het Pirow sy gewig daarby ingegooi.

Weer eens het hy sy eie koers ingeslaan toe hy in September 1940 die Nuwe Orde gestig het.[2] Hierdie beweging het hom beywer vir ’n Nasionaal-sosialistiese bestel in Suid-Afrika, gegrond op die idees van die Portugese diktator, Salazar, vir wie hy ’n groot bewondering gekoester het. Hitler het ook steeds sy agting geniet. Die Nuwe Orde het die Brits-Joodse imperialisme en kapitalisme verwerp, asook die beginsels van die demokrasie. ’n Nuwe orde moes geskep word waar sosialistiese beginsels hernuwing in die gemeenskap moes bewerkstellig. Hul strewe was ’n Blanke, Christelike, Nasionaal-sosialistiese republiek los van die Britse Ryk en gegrond op die beginsels van staatsgesag en nasionale dissipline. Ten spyte van sy dié nuwe rigting het Pirow in die HNP gebly en sy lojaliteit daaraan betuig. Vanweë sy Nasionaal-sosialistiese uitsprake het hy egter spoedig met adv. J.G. Strijdom, die leier van die HNP in Transvaal, in botsing gekom en aan die begin van 1942 is sy bande met die party verbreek.

Sy Nuwe Orde met sestien Volksraadslede was naas die HNP die sterkste opposisie in die parlement. Hy het tot 1943 as lid van die Volksraad aangebly, maar hy en sy volgelinge het nie aan die verkiesing daardie jaar deelgeneem nie. Sy optrede in die Volksraad het van ’n groeiende minagting van die parlementêre stelsel getuig en hy het die gewone kieser as blote stemvee bestempel. Na die verkiesing het die Nuwe Orde bly voortbestaan en Pirow het ’n nuusbrief met die titel Nuwe Orde uitgegee waarin die HNP skerp gekritiseer is. Pirow het by verskeie geleenthede nouer skakeling met die Nuwe Orde, die Ossewa-Brandwag en die Gryshemde nagestreef, dog nie een van hulle kon werklik ’n impak op die gewone publiek maak nie. Na die oorlog het die Nuwe Orde van die toneel verdwyn, alhoewel Pirow se blaadjie nog tot in die vyftigerjare bly voortbestaan het. Hy het hom aan die openbare lewe onttrek en hom weer op sy regspraktyk toegelê.

Oorlog

November 1938: Pirow word in Berlyn afgesien deur soldate van die Luftwaffe, links van hom is Wilhelm Canaris, regs van hom is Ernst Seifert (foto van die Duitse Federale Argief)

In Pirow se loopbaan het in betrekkinge wat met Duitsland gehandhaaf is, ’n groot rol gespeel. In 1933 het hy ’n besoek aan Adolf Hitler in Berchtesgaden gebring waartydens hy oorweldig is deur die sjarme van die Duitse leier. Pirow se uitspraak in 1936 dat alle Duitse gebiede in Afrika, insluitende Suidwes-Afrika aan Duitsland teruggegee moet word, het groot opspraak verwek. Op voorstel van Smuts en in oorleg met die Britse Eerste Minister, Neville Chamberlain, het Pirow in 1938, ’n jaar voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, ’n besoek aan Hitler gebring, hoofsaaklik om te kyk of hy nie beweeg kon word om die snelle ontwikkeling in die rigting van ’n oorlog te stuit nie. Hy is juis gestuur omdat Smuts gereken het dat hy ’n invloed op Hitler sou kon uitoefen, maar sy sending het misluk. Omdat sy ouers Duitse immigrante was het Pirow tuis ook Duits gebesig en ’n dogter van Pirow het in Junie 1939 aan ’n Britse koerant gesê dat die Pirows meer Duits as Suid-Afrikaans gevoel het.[4]

Laaste jare

Pirow was in die raad van die verdediging van dr. Ernst Jokl[5] en andere toe hulle in die F.M. Alexander lastersaak van 1944–1948 aangekla is.[6]

Pirow was besonder veelsydig. Hy was ’n jagter van formaat, die vliegkuns het hom aangetrek en hy het reeds vroeg oor ’n vliegbewys beskik. Hy was ’n musiekliefhebber wat goed viool kon speel en ’n belese man wat vier tale magtig was. Sedert 1948 het Pirow as skrywer ontluik. In 1948 het Piet potlood, ’n seunsverhaal, verskyn. Van sy ander boeke, wat van diepgaande kennis van die Swartman getuig, is Mlungu Mungoma of die Blanke waarsêer (1949), Sjangani (1950), Sikororo (1952), Ashambeni ((en) 1955), en die biografie James Barry Munnik Hertzog ((en) 1957).

Aan die begin van 1957 het hy sy regspraktyk neergelê en hom op sy plaas gaan vestig. In 1959 het hy egter op versoek van die regering tot die hof teruggekeer as leier van die span staatsadvokate in ’n belangrike hoogverraadsaak wat alreeds in 1956 ’n aanvang geneem het. Die African National Congress, en in besonder Nelson Mandela, het ’n ‘bepaalde toegeneentheid jeens Pirow ontwikkel’, hoofsaaklik weens sy ordentlikheid wanneer hy na die beskuldigdes as ‘Afrikane’ verwys het.[7] Hy is tydens die saak oorlede weens hartversaking. Hy is veras en sy as is gehou op sy plaas Valhalla naby Pelgrimsrus.[2]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Philip Rees, Biographical Dictionary of the Extreme Right since 1890, p. 270
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 2,7 N.G. Garson, ‘Oswald Pirow’ in Oxford Dictionary of National Biography
  3. R.L. McCormack, 1979, ‘Man with a Mission: Oswald Pirow and South African Airways, 1933-1939’, The Journal of African History, Vol. 20, No. 4, White Presence and Power in Africa. pp. 543-557.
  4. Brian Percy Bunting: Brian Bunting, The Rise of the South African Reich, Penguin Books, 1969, p. 57
  5. Dr. Ernst Jokl (1907–1997) was die Suid-Afrikaanse Regering se nuutaangestelde Direkteur van Fisiese Opvoeding in 1942.
  6. Bloch, Michael, F.M. The Life of Frederick Matthias Alexander, Little, Brown (Londen, 2004) Hoofstuk 7
  7. T. Lodge, Mandela: A Critical Life, p. 64

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read other articles:

ASL Airlines Belgium IATA ICAO Kode panggil 3V TAY QUALITY Didirikan1999PenghubungLiege AirportArmada28Tujuan70Perusahaan indukTNT N.V. Post GroupKantor pusatLiège, BelgiumTokoh utamaNiky Terzakis (managing director)Situs webhttp://www.tntairways.com ASL Airlines Belgium,[1] sebelumnya TNT Airways, adalah maskapai kargo dan carter yang berbasis di Liege airport, Belgia. TNT Airways adalah cabang dari TNT N.V. dan didirikan pada tahun 1999. Maskapai ini merupakan bagian dari jaringan ...

 

Little MomBerkas:Little Mom (2021).jpgGenre Drama Roman Remaja PembuatWeTV OriginalDitulis olehRiheam JuniantiSutradaraGuntur SoeharjantoPemeran Natasha Wilona Al Ghazali Teuku Rassya Elina Joerg Lagu pembukaDunia Berdua – Nabilah AyuLagu penutupSejenak Pupus – Nabilah AyuPenata musikStevesmith Music ProductionNegara asalIndonesiaBahasa asliBahasa IndonesiaJmlh. episode13 (daftar episode)ProduksiProduser eksekutif Jeff Han Kaichen Li Lesley Simpson Ram Soraya ProduserRocky SorayaSi...

 

ilustrasi yokai Ubagabi (姥ヶ火) yang bersumber dari Saikaku shokoku banashi Ubagabi (Jepang: 姥ヶ火 - penyihir tua berapicode: ja is deprecated ) merupakan salah satu yokai jahat atau sejenis hi-no-tama (yokai bola api) dalam cerita rakyat Jepang yang sering muncul di tepi sungai atau bantaran sungai. Yokai ini merupakan perwujudan dari seorang penyihir wanita bermuka tua dengan api yang menyelimuti tubuhnya.[1] Deskripsi Ubagabi dapat terbang jarak jauh seketika, dan terkadang...

1974 film directed by John Lounsbery Winnie The Pooh and Tigger TooTheatrical release posterDirected byJohn LounsberyStory by Larry Clemmons Ted Berman Eric Cleworth Don Bluth Gary Goldman John Pomeroy Based onStories writtenby A. A. MilneProduced byWolfgang ReithermanStarring Sterling Holloway Paul Winchell John Fiedler Junius Matthews Dori Whitaker Barbara Luddy Timothy Turner Narrated bySebastian CabotMusic byBuddy BakerProductioncompanyWalt Disney ProductionsDistributed byBuena Vista Dist...

 

Recyclage La mode dite « éthique », aussi appelée mode « durable » est inspirée du modèle du commerce équitable et des principes de l'éthique, avec deux types de préoccupations : sociales et environnementales. Elle est ancrée dans une philosophie de la durabilité, et a pour objectif de créer une mode alternative à la fast fashion : plus respectueuse de l'humain et de l'environnement dans son processus de production. Origine du mouvement La naissanc...

 

Peta pembagian administratif tingkat pertama Paraguay Pembagian administratif Paraguay terdiri atas 17 departemen dan 1 distrik ibu kota pada tingkat pertama serta 247 distrik pada tingkat kedua. lbsPembagian administratif Amerika Amerika Utara Amerika Selatan Negara berdaulat Amerika Serikat Antigua dan Barbuda Argentina Bahama Barbados Belize Bolivia Brasil Chili Dominica Republik Dominika Ekuador El Salvador Grenada Guatemala Guyana Haiti Honduras Jamaika Kanada Kolombia Kosta Rika Kuba Me...

This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) The topic of this article may not meet Wikipedia's general notability guideline. Please help to demonstrate the notability of the topic by citing reliable secondary sources that are independent of the topic and provide significant coverage of it beyond a mere trivial mention. If notability cannot be shown, the article is likely to be merged...

 

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: コルク – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年4月) コルクを打ち抜いて作った瓶の栓 コルク(木栓、�...

 

Divizia Națională 2013-2014 Competizione Divizia Națională Sport Calcio Edizione 23ª Organizzatore FMF Date dal 27 luglio 2013al 21 maggio 2014 Luogo  Moldavia Partecipanti 12 Risultati Vincitore  Sheriff Tiraspol(13º titolo) Retrocessioni  Speranța C.V. CSCA-Rapid Chișinău Statistiche Miglior marcatore Henrique Luvannor (26) Incontri disputati 198 Gol segnati 589 (2,97 per incontro) Cronologia della competizione 2012-2013 2014-2015 Manuale La D...

Italian composer Francesco da Milano redirects here. Not to be confused with Francesco da Milano (painter). A possible portrait of Francesco Canova da Milano (Pinacoteca Ambrosiana, Milan) Francesco Canova da Milano (Francesco da Milano, also known as Il divino, Francesco da Parigi, etc.) (18 August 1497 – 2 January 1543) was an Italian lutenist and composer. He was born in Monza, near Milan, and worked for the papal court for almost all of his career. Francesco was heralded throughout Euro...

 

Northern region of the European continent Not to be confused with Nordic countries. A composed satellite photograph of islands and continental areas in and surrounding the North Sea and Baltic Sea. The northern region of Europe has several definitions. A restrictive definition may describe Northern Europe as being roughly north of the southern coast of the Baltic Sea, which is about 54°N, or may be based on other geographical factors such as climate and ecology. Climate European climate. The...

 

Расскажи мне в воскресеньеTell Me on a Sunday Музыка Эндрю Ллойд Уэббер Слова Дон Блэк Постановки Сидмонтонский Фестиваль 1979;Телепередача на BBC Январь и февраль 1980;Как I акт Песня и танец: West End 1982Broadway 1985;Как одноактное произведение: West End 2003Off-Broadway 2008Australia 2008 Расскажи мне в воскресе...

Closed ecological research centre in Arizona Biosphere 2Exterior of Biosphere 2Location within ArizonaShow map of ArizonaBiosphere 2 (the United States)Show map of the United StatesGeneral informationTypeResearch facility[1]LocationOracle, Arizona, United StatesAddress32540 S Biosphere Rd, Oracle, AZ 85739Coordinates32°34′44″N 110°51′02″W / 32.578778°N 110.850594°W / 32.578778; -110.850594Elevation3,820 ft (1,164 m)Construction started1987...

 

موجيلوف    علم شعار الاسم الرسمي (بالبيلاروسية: Магілёў)‏  الإحداثيات 53°54′32″N 30°20′35″E / 53.90894°N 30.34296°E / 53.90894; 30.34296   [1] تقسيم إداري  البلد بيلاروس (25 أغسطس 1991–)[2][3]  التقسيم الأعلى موغيليوف أوبلاست (15 يناير 1938–)  عاصمة لـ موغيليوف...

 

Pour les articles homonymes, voir NBR. National Board of Review Awards Prix remis NBR Award Description Vote des critiques de cinéma Organisateur Conseil national d'examen du cinéma Pays États-Unis Date de création 1909 Site officiel http://www.nationalboardofreview.org/ modifier  Le National Board of Review (NBR), appelé aussi National Board of Review of Motion Pictures (en français : Conseil national d'examen du cinéma) est un organisme fondé en 1909 à New York, juste 13...

Chinese warlord and politician (1875–1928) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Zhang Zuolin – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2024) (Learn how and when to remove this message) Zhang Zuolin張作霖Zhang in military regaliaGeneralissimo of the MilitaryGovernment of ChinaIn off...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (أكتوبر 2019) ألبرتو دي أوليفيرا   معلومات شخصية اسم الولادة (بالبرتغالية البرازيلية: Antônio Mariano de Oliveira)‏  الميلاد 28 أبريل 1857 [1]  الوفاة 19 يناير 1937 (79 سنة) [1]&#...

 

Henri Dorey Fonctions Député français 9 décembre 1958 – 9 octobre 1962(3 ans et 10 mois) Élection 30 décembre 1958 Circonscription 2e du Territoire-de-Belfort Législature Ire (Cinquième République) Groupe politique RPCD Prédécesseur Circonscription créée Successeur Jean-Marie Bailly 5 juillet 1951 – 5 décembre 1958(7 ans et 5 mois) Élection 17 juin 1951 Réélection 2 janvier 1956 Circonscription Territoire-de-Belfort Législature IIe et IIIe (Quatrièm...

Wappen Deutschlandkarte Basisdaten Koordinaten: 49° 17′ N, 9° 41′ O49.27759.6866666666667Koordinaten: 49° 17′ N, 9° 41′ O Bundesland: Baden-Württemberg Regierungsbezirk: Stuttgart Region: Heilbronn-Franken Verwaltungssitz: Künzelsau Fläche: 776,76 km2 Einwohner: 115.796 (31. Dez. 2023)[1] Bevölkerungsdichte: 149 Einwohner je km2 Kfz-Kennzeichen: KÜN, ÖHR Kreisschlüssel: 08 1 26 NUTS: DE119 Kr...

 

Questa voce o sezione sull'argomento edizioni di competizioni calcistiche non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. First Division 1936-1937 Competizione First Division Sport Calcio Edizione 45ª Organizzatore Federazione calcistica dell'Inghilterra Date dal 29 agosto 1936al 1º maggio 1937 ...