Die Os (牛, niú) is die tweede dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Os word verbind met die Aardse taksimbool 丑.
Dit kan ook as Bees vertaal word; die karakters 牛/丑 verwys na beeste in die algemeen, beide manlik en vroulik.
Beskrywing
Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. Die os het tweede gekom, net ná die Rot.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Os is van 01:00 tot 03:00 – die tyd wanneer osse stadig begin herkou.
In Chinese simbologie word Osse beskou as noulettend, versigtig en geduldig, maar ook hardkoppig en preuts.
Jare en die Vyf Elemente
Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Os gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]