Offenbach am Main is die vyfde grootste stad in die Duitse deelstaat Hesse ná Frankfurt am Main, Wiesbaden, Kassel en Darmstadt, met 'n bevolking van 135 692 (Desember 2016) en 'n oppervlakte van 44,9 km².
Offenbach, geleë net suidoos van Frankfurt am Main, is in 1698 deur Hugenote-vlugtelinge gevestig wat hier onder meer 'n tabakbedryf op die been gebring het. Later het die stad 'n sentrum van die leerbedryf geword. Tans word die plaaslike ekonomie deur die dienstesektor oorheers. Die Hochschule für Gestaltung (HfG), 'n tersiêre onderwysinstelling wat akademiese opleiding aan ontwerpstudente verskaf, bevorder die groei van die plaaslike ontwerpbedryf.
Verwysings