Die Nissan Rogue is 'n mediumgrootte oorkruis SNV wat sy debuut in Oktober 2007 gemaak het[1] vir die 2008-modeljaar, en deur die Japannese motormaatskappy Nissan vervaardig word. Dit is die Noord-Amerikaanse weergawe van die Europees-ontwerpte Nissan Qashqai, bekend as die Dualis in Japan en Australië.
Die Rogue het sy debuut op 7 Januarie 2007 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit gemaak. Dit vervang die Nissan X-Trail in Kanada as Nissan se intreevlak-SNV en die bak-op-raam Nissan Xterra in Meksiko omrede die Smirna-aanleg kapasiteit vir die 2009 Suzuki Equator moes opbou. Die Xterra word steeds verkoop in die Verenigde State en Kanada nadat dit onttrek is van die Meksikaanse mark na die 2008-modeljaar. 'n Heelnuwe weergawe van die X-Trail, wie se platform die Rogue deel, is in Europa, Meksiko en elders geloods, maar daar is geen planne om dit in die VSA en Kanada te bemark nie.
Enjin
Die Rogue word aangedryf deur 'n 127 kW (170 pk) 2.5 L viersilinder QR25DE enjin, gekoppel aan 'n standaard palwissel outomatiese ratkas,[2] en kom standaardtoegerus met voorwielaandrywing. Die Rogue is goedkoper as die Nissan Murano oorkruis-SNV, maar het 'n kleiner passasiersvolume van 2.76 m3 teenoor 3.08 m3[3] van sy V6-suster, en 'n kleiner vragruim van 820 L teenoor 890 L.
Verwysings