Die New York Filharmoniese Orkes, amptelik die Philharmonic-Symphony Society of New York, Inc.,[1] wêreldwyd bekend as New York Philharmonic Orchestra (NYPO)[2][3][4] is 'n simfonieorkes gebaseer in New York. Dit is een van die voorste Amerikaanse orkeste wat algemeen na verwys word as die "Groot Vyf".[5] Die Philharmonic se tuiste is David Geffen Hall, geleë in New York se Lincoln Centre for the Performing Arts.[6]
Die orkes, wat in 1842 gestig is, is een van die oudste musikale instellings in die Verenigde State en die oudste van die "Groot Vyf" orkeste. Hul 14 000ste konsert is in Desember 2004 gehou.[7]
Inwonende Komponis
Alan Gilbert het die posisie van 'n Marie-Josée Kravis-inwonende komponis bekendgestel,[8] wat 'n aanstelling van drie jaar is.