Die nege boë is ’n term wat in Antieke Egipte gebruik is vir die land se tradisionele vyande. Die volke wat daardeur voorgestel is, het van tyd tot tyd verander soos wat die vyande mekaar afgewissel het, en daar is nie ’n spesifieke lys van die nege boë nie.[1]
Uitbeeldings
Een van die oudste voorstellings van die nege boë is op die standbeeld van faraoDjoser – sy voete rus op die boë.
Toetankamen het ’n beroemde uitbeelding van die nege boë en die nege buitelandse vyande gehad. Die grafkelder is met ’n geknoopte tou toegemaak en die tou het ’n kleiseel gehad. Op die seel was ’n afbeelding van ’n lêende Anoebis, as ’n jakkals, boaan die lys van die nege buitelandse rebelle in ’n lang, vertikale cartouche-beeld.