Du Toit het gekwalifiseer om aan die Olimpiese Somerspele 2008 deel te neem saam met "normale" atlete. Daarby word sy die eerste vroulike geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer.[1][2] Tydens die Spele behaal sy 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2 uur 49,9 sekondes in die 10 km swemmaraton. Haar tyd was slegs 1:22,2 minute stadiger as dié van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.