NG gemeente Wolmaransstad

Die kerkgebou van die gemeente. Genl. J.C. Kemp het die hoeksteen op Saterdag 23 Junie 1928 gelê. Die argitek was Gerard Moerdijk.

Die NG gemeente Wolmaransstad is op 4 Februarie 1888 gestig as die 18de gemeente in die destydse Transvaalse Kerk. Dis geleë op die gelyknamige dorp in die provinsie Noordwes en ressorteer onder Sinode Goudland.

Die vroegste sending in Transvaal is waarskynlik naby die teenwoordige dorp Wolmaransstad onderneem, want in 1823 het die sendeling eerw. Broadbent van die Wesleyaanse Kerk hier met sendingwerk begin. Later is hy bygestaan deur eerw. Hodgson. Die plek waar hulle huise gestaan het, kon ’n eeu later nog aangedui word. Die fonteintjie waarvan Broadbent in sy dagboek melding gemaak het, was nog daar en is die Sendelingsfonteintjie genoem.

Dorpstigting

Ná die ontdekking van diamante by Kimberley in 1871 het die transportpad na die noorde oor die plase Rooderand en Vlakfontein gegaan waarop Wolmaransstad later aangelê is. In 1876 het die broers W. en T.S. Leask hier ’n winkel opgerig en het dit die middelpunt van ’n klein nedersetting geword. Die Volksraad het in 1884 besluit dat daar ’n dorp gestig kon word (V.R.B. art. 185, d.d. 19.8.’84). Van 1888 af is erwe uitgemeet, maar eers op 16 Februarie 1891 is Wolmaransstad tot dorp verklaar. Die dorp is genoem na Jacobus M.A. Wolmarans, ’n broer van die latere senator A.D.W. Wolmarans en seun van Frederik Wolmarans, in lewe eienaar van die plaas Gerhardminnebron, Gatsrand, Potchefstroom. Jacobus Wolmarans was in 1891 lid van die Uitvoerende Raad van die Zuid-Afrikaansche Republiek toe die distrik Wolmaransstad afgesny is van Potchefstroom, Lichtenburg en Bloemhof.

NG gemeente gestig

Die ou NG of Verenigde kerk op Wolmaransstad. Dit is in 1890 opgerig en in 1891 ingewy. In April dieselfde jaar is ds. C.J. Snyman as die eerste leraar bevestig.

Die lede van die NG Kerk in die Makwassie-wyk is in die vorige eeu ook vanuit Potchefstroom bedien – soos dit juridies geskied het. Ook op kerklike gebied is geagiteer vir plaaslike bediening met die gevolg dat die aansoek reeds op ’n vergadering van die Algemene Kerkvergadering der Ned. Hervormde of Gereformeerde Kerk in de Z.A. Republiek, gehou op 1 November 1887, opgeduik het. Die kerkraad van Potchefstroom het die stigting van ’n selfstandige gemeente, Makwassie, aanbeveel. Die aanbeveling is goedgekeur, ’n afbakeningskommissie benoem en volmag aan genoemde kommissie verleen om ’n kerkraad te laat saamstel.

Hierdie kommissie het op 4 Februarie 1888 in die kerkgebou te Witpoort vergader. Die grense is as volg bepaal: van Krans na Vaalrivier na Leeubosch, na Cyferkuil, na Klipfontein, na Jakkalsfontein, na Zendelingsfontein, na Doornfontein, na Rietkuil, na Lakenvlei, na Doornspruit, na Doornkuil, na Kareekuil, na Brakspruit tot Doornbult; dan na die hoekbaken van Lichtenburg en vandaar met Bamboesspruit na Spinnekopkraal na die mond van Makwassiespruit. Bewoners van lynplase kon kies waar hulle wou sorteer mits dit binne drie maande sou geskied.

Op daardie selfde dag is die volgende en eerste kerkraad gekies. Ouderlinge C. C. Greflink, Thomas F. Bornman, A. J. van Rooyen, A. A. Pietersen. Diakens: H. C. Barnard, P. A. Swanepoel, W. J du Plooy, Marthinus J. J. van Rensburg, P. N. J. van Rensburg, H.W. Knox, J. J. van Wyk en G. M. Rossouw. Die predikant van Bloemhof is tot konsulent benoem. Die naam van die gemeente sou voorlopig Makwassie wees. In 1890 is ’n kerkgebou te Wolmaransstad opgerig en in 1891 ingewy. In April van dieselfde jaar is ds. C. J. Snyman bevestig as eerste leraar van die gemeente. In Oktober 1893 het hy egter ’n beroep na Bothaville aangeneem.

Op 30 Junie 1894 is ds. Paul Nel as leraar van die gemeente bevestig. Op dieselfde datum vergader die kerkraad en besluit om ’n pastorie te bou. Tot boukommissie is verkies: Ds. Paul Nel en die here T.F. Bornman, T.S. Leask, H.C. Barnard en F.J. Potgieter (kommandant). Die tender vir die bou van die pastorie is aangeneem en wel die van J. H. A. Edeling teen ’n koste van £1,250. Mev. Paul Nel het die hoeksteen gelê op 16 Desember 1896.

Ds. M.P.A. Coetsee jr.

Ds. M.P.A. Coetsee jr.

Ds. Nel se opvolger was ds. M.P.A. Coetsee jr., wat in 1892 uit die Gereformeerde Kerk getree het terwyl hy leraar van die Gereformeerde kerk Burgersdorp was. Hy is op 21 April 1898 op Wolmaransstad bevestig. Weens die Tweede Vryheidsoorlog is baie min bekend oor sy drie en ’n half jaar lange bediening in die gemeente. Dit was wel vir hom en sy gesin ’n baie moeilike tyd. Ds. Coetzee moes tydens die oorlog baie lidmate – veral eensame moeders op plase – bemoedig en inspireer. Die pastorie is gedeeltelik afgebrand en die klipmuur om die pastorie gebruik as kraal vir die Engelse soldate se perde en muile. Die kerk se deure en vensters is verwyder en met sandsakke opgevul om te dien as ’n soort Britse fortifikasiesentrum. Die banke in die kerk is verniel maar die preekstoel is ongeskonde gelaat.

Kort ná sy aankoms moes hy Kaapstad toe gaan vir ’n operasie. Hy was erg terneergedruk, maar ook diep gelowig, soos blyk uit ’n brief aan die kerkraad gedateer 22 Oktober 1898: “Die Heere heeft zijn bedoelingen door mij op den weg van lijden te leide, moge zijn naam daardoor verheerlijkt worden!”

Ná ’n paar maande op Wolmaransstad het die onweerswolke van die Tweede Vryheidsoorlog oor die ZAR begin saampak. Die spoor van ellende en smart wat die oorlog gebring het, het Wolmaransstad nie misgeloop nie. Toe die dorp op ’n keer deur die Engelse troepe beset is, het hulle die grootste deel van die skool, die pastorie en die NG kerk afgebrand sodat al die notuleboeke, doop- en lidmaatregisters verlore gegaan het. Ná dié verwoesting het die werksaamhede van die gemeente feitlik tot stilstand gekom. Ds. Coetsee was ’n malarialyer en die knellende omstandighede het sy gesondheid nog verder geknak. Die Skotse sakeman en avonturier Thomas Leask meld dat hy ds. Coetsee tydens die Driejarige Oorlog op Klerksdorp teëgekom het toe hy te voet en in swak gesondheid daar aangekom het. Ds. Coetsee is op 18 November 1901 oorlede.

Ná die Vryheidsoorlog

In 1903 het Wolmaransstad weer ’n predikant in die persoon van ds. E. J. J. van der Horst gekry. As oorlogstydse onderwyser in die Howickkamp het hy na die oorlog as onderwyser uitgewyk na Bloemhof, vanwaar Wolmaransstad hom beroep het as herder en leraar. Ds. Van der Horst was geestelik ingestel op die haglike toestand waarin die samelewing hulle na die oorlog bevind het. Gedurende sy lang verblyf van 22 jaar was hy ’n rukkie lank ook die verteenwoordiger van die kiesafdeling in die Volksraad.

In 1926 het ds. Piet van der Hoven die herderstaf in die gemeente oorgeneem. Behalwe dat hy ’n vu-rige prediker was, was hy ook eersterangse organiseerder. Hy loods die bou van ’n nuwe kerk in 1928. In 1929 is hierdie nuwe kerk ingewy. Ds. Van der Hoven was ’n praktiese mens en kon nie begryp waarom die gemeente van Wolmaransstad die naam Makwassie moes dra nie, met die gevolg dat uit die Handelinge van die Vyftiende Synode van die Ned. Hervormde of Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika 1928 blyk dat die naam verander is na die gemeente Wolmaransstad.

Intussen het die aangeduide grense van die gemeente gekrimp as gevolg van die feit dat die moedergemeente twee dogters afgegee het: Leeudoringstad in 1922 en Makwassie in 1934.

Ná ds. Van Huysstreen se vertrek in 1939 het ds. C.W.J. Pistorius die herderstaf opgeneem en hier gebly tot 1946. Sy opvolger was ds. C.S. Hatting (1946–1951) en daarna het ds. J.A. Claassens die gemeente van 1952 tot 1957 bedien. In die vyftigerjare is ’n nuwe kerksaal met Sondagskookamers gebou en kort daarna ’n nuwe pastorie langs die kerkgebou. In Junie 1959 is die ou pastorie met sy ruim terrein vir £7 500 verkoop. Alle ou dokumente wat op 16 Desember 1896 in die hoeksteen ingemessel is, is met hoeksteen en al op grond van ’n kerkraadsbelsuit verwyder.

Predikante

  • C.J. Snyman, April 1891 – Oktober 1893
  • Paul Nel, 30 Jun. 1894 – 1897
  • M.P.A. Coetsee jr., 21 Apr. 1898 – 18 Nov. 1901 (oorlede)
  • E.J.J. van der Horst, 1903 – 1925
  • Piet van der Hoven, 1926 – 1939
  • C.W.J. Pistorius, 1939 – 1946
  • C.S. Hattingh, 1946 –1951
  • J.A. Claassens, 1952 – 1957
  • P.L. Erasmus, 1958 – 1962
  • C.A. van Wyk, 1963 – ?

Bron

Read other articles:

Alstom S.A.SebelumnyaAlsthom, GEC AlsthomJenisSociété AnonymeKode emitenEuronext: ALOKomponen CAC 40IndustriTransportasi relDidirikan1928; 96 tahun lalu (1928)KantorpusatSaint-Ouen-sur-Seine, PrancisTokohkunciHenri Poupart-Lafarge (Chairman dan CEO)ProdukKendaraan relPersinyalanPendapatan €8,785 milyar (2020-21)[1]Laba operasi €373 juta (2020-21)[1]Laba bersih €259 juta (2020-21)[1]Total aset €28,566 milyar (2020-21)[1]Total ekuitas €9,117...

 

British dessert chain Kaspa's DessertsCompany typePrivateIndustryDessertsFoundedMarch 7, 2013; 10 years ago (2013-03-07)FounderAzhar Rehman (Director)Qasim Ali Rehman (Director)HeadquartersCroydon, London, EnglandNumber of locations104OwnerAzhar Rehman (Director)Qasim Ali Rehman (Director)Websitekaspas.co.uk Kaspa's, Wandsworth High Street, London Kaspa's (also known as Kaspa's Desserts) are a British chain of ice cream parlours, which offer other hot and cold desserts. They...

 

Untuk orang lain dengan nama yang sama, lihat James Morton. James C. MortonMorton dalam film The Three Stooges Disorder in the Court (1936)LahirJames Carmody Lankton(1884-08-25)25 Agustus 1884Helena, Montana, Amerika SerikatMeninggal24 Oktober 1942(1942-10-24) (umur 58)Reseda, Los Angeles, California, Amerika SerikatMakamHoly Cross Cemetery, Culver CityTahun aktif1922–1942 James Carmody Lankton (25 Agustus 1884 – 24 Oktober 1942), yang lebih dikenal sebagai James C...

Keuskupan Agung ConcepciónArchidioecesis Sanctissimae ConceptionisArquidiócesis de ConcepciónKatedral Dikandung Tanpa NodaLokasiNegara ChileProvinsi gerejawiConcepciónStatistikLuas11.330 km2 (4.370 sq mi)Populasi- Total- Katolik(per 2006)1.176.000612,000 (52.0%)InformasiRitusRitus LatinPendirian22 Maret 1563 (460 tahun lalu)KatedralKatedral Dikandung Tanpa NodaPelindungDikandung Tanpa NodaKepemimpinan kiniPausFransiskusUskup agungFernando Natalio Ch...

 

Questa pagina sull'argomento trasporti sembra trattare argomenti unificabili alla pagina Strada statale 67 Tosco-Romagnola. Commento: Voce breve e integrabile nella suddetta Puoi contribuire unendo i contenuti in una pagina unica. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Questa voce o sezione sull'argomento strade d'Italia non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le lin...

 

Artikel ini bukan mengenai Dewan Uni Eropa atau Majelis Eropa. Dewan EropaLambangTanggal pendirian1961 (informal)2009 (formal)TipeKepresidenan kolektif UELokasiGedung Europa, BrusselsPresidenCharles MichelSitus webEuropean Council Uni Eropa Artikel ini adalah bagian dari seri: Politik dan pemerintahanUni Eropa Parlemen Presiden Jerzy Buzek Kelompok terbesar; Joseph Daul: EPP Martin Schulz: S&D Sesi ke-7 AP (736) Periode 2009-14 Biro Wakil Presiden Quaestor Konferensi Prosedur legislatif D...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Smithsonian Channel British and Irish TV channel – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2019) (Learn how and when to remove this template message) Television channel Smithsonian ChannelCountryUnited Kingdom and IrelandBroadcast areaUnited ...

 

Jinusean지누션AsalKorea SelatanGenreK-pop, hip hop, funkTahun aktif1997 (1997)–sekarangLabelYG EntertainmentArtis terkaitYG Family, Jang Hanna, Ailee, HaniAnggotaJinuSean Jinusean (Hangul: 지누션; RR: Jinusyeon) is adalah duo hip hop Korea Selatan dari YG Entertainment. Duo ini terdiri dari Kim Jin-woo (김진우) dan Noh Seung-hwan (노승환). Mereka adalah salah satu pelopor musik hip hop di Korea Selatan dan salah satu grup musik pertama dari YG Entertai...

 

Wine packaged in a bag-in-box arrangement This article's tone or style may not reflect the encyclopedic tone used on Wikipedia. See Wikipedia's guide to writing better articles for suggestions. (December 2016) (Learn how and when to remove this message) A 4-litre cask of Australian white wine Boxed wine (cask wine) is a wine sold in bag-in-box packaging. Traditionally, this consists of a cardboard box containing a wine filled plastic reservoir. The flow of the wine from the box is controlled ...

BridgeTaşgeçit BridgeFrom north eastCoordinates36°36′45″N 34°06′13″E / 36.61250°N 34.10361°E / 36.61250; 34.10361Crossesdry river bedCharacteristicsMaterialStone archesWidthca 1 metre (3 ft 3 in)No. of spans2HistoryConstruction start2nd centuryLocation Main arch of Taşgeçit Roman Bridge Mersin Province, Turkey from south west Taşgeçit Bridge (Turkish: Taşgeçit Köprüsü, literally Stone gate bridge) is a Roman bridge in Mersin Province, T...

 

Voce principale: Feralpisalò. FeralpisalòStagione 2015-2016Sport calcio Squadra Feralpisalò Allenatore Michele Serena (dalla 1ª alla 9ª giornata) Aimo Diana (dalla 10ª giornata) All. in seconda Davide Zanon Presidente Giuseppe Pasini Direttore sportivo Eugenio Olli Lega Pro8º posto Coppa ItaliaSecondo turno Coppa Italia Lega proSedicesimi di finale Miglior marcatoreCampionato: Bracaletti (9)Totale: Bracaletti (9) StadioLino Turina (2.500) Maggior numero di spettatori1.350 vs Mant...

 

Belmontcomune Belmont – Veduta LocalizzazioneStato Francia RegioneGrand Est Dipartimento Basso Reno ArrondissementMolsheim CantoneMutzig TerritorioCoordinate48°24′N 7°14′E / 48.4°N 7.233333°E48.4; 7.233333 (Belmont)Coordinate: 48°24′N 7°14′E / 48.4°N 7.233333°E48.4; 7.233333 (Belmont) Superficie10,34 km² Abitanti176[1] (2009) Densità17,02 ab./km² Altre informazioniCod. postale67130 Fuso orarioUTC+1 Codice INSEE670...

For animal behaviors and structures, see Trap-lining and Trap line (spiders). The examples and perspective in this article deal primarily with Canada and do not represent a worldwide view of the subject. You may improve this article, discuss the issue on the talk page, or create a new article, as appropriate. (April 2014) (Learn how and when to remove this message) A photo of a trapper on his line from the 1913 American autobiography Fifty Years a Hunter and Trapper A photo of a modern trappe...

 

Characterization of the past and present treatment of African Americans This article is about the accusation of genocide in the United States. For the genocide of indigenous Namibians by Imperial Germany, see Herero and Namaqua genocide. For the decimation of the black population of Argentina, see Afro-Argentines § Decline of the Afro-Argentine population. Black genocide in the United StatesPart of MaafaPaul Robeson signed the We Charge Genocide petition.LocationUnited StatesDate1776-pr...

 

Lift Falkirk (Skotlandia) Lift kapal adalh mesin untuk mengangkut kapal yang berada dalam ketinggian air yang berbeda. Kegunaan alai ini untuk memindahkan badan kapal dari jalur satu menuju ke jalur yang mempunyai jalur yang berbeda yaitu lebih tinggi air permukaannya. Ada dua cara untuk mengangkut perahu di antara dua ketinggian permukaan air yang berbeda. Salah satu metode adalah dengan menggunakan Lock sering ditemukan di perairan sungai dan terusan. Metode lainnya adalah dengan menggunaka...

Duke R. LeeLee dalam In the Days of Buffalo Bill (1922)Lahir(1881-05-13)13 Mei 1881Prince Henry County, VirginiaMeninggal1 April 1959(1959-04-01) (umur 77)Los Angeles, CaliforniaPekerjaanPemeranTahun aktif1913–1946 Duke R. Lee (13 Mei 1881 – 1 April 1959) adalah seorang pemeran asal Amerika Serikat.[1][2] Ia tampil dalam 99 film antara 1913 dan 1946. Filmografi pilihan The Soul Herder (1917) Straight Shooting (1917) The Savage (1917) Hell Bent (191...

 

Gerald Rudolph Ford, Jr. Presiden Amerika Serikat 38Masa jabatan9 Agustus 1974 – 20 Januari 1977Wakil PresidenTidak ada (Agustus–Desember 1974)Nelson Rockefeller(1974–1977)PendahuluRichard NixonPenggantiJimmy CarterWakil Presiden Amerika Serikat 40Masa jabatan6 Desember 1973 – 9 Agustus 1974PresidenRichard NixonPendahuluSpiro AgnewPenggantiNelson RockefellerPemimpin Minoritas House of RepresenativesMasa jabatan3 Januari 1965 – 6 Desember 1973Pendah...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. Before the Next Teardrop FallsBerkas:BeforeTheNextTeardropFalls.jpgAlbum studio karya Freddy FenderDirilis1974GenreTejanoDurasi29:11LabelDotProduserHuey P. MeauxKronologi Freddy Fender Before the Next Teardrop Falls 1974 Recorded Inside Louisiana ...

Political party in Austria Citizens' Forum Austria LeaderAndrea Haselwanter-Schneider[1]Founded2008Split fromAustrian People's PartyIdeologyTyrol regionalismDecentralizationAnti-corruptionEuropean affiliationEuropean Democratic PartyState Parliaments3 / 440 Politics of AustriaPolitical partiesElections The Citizens' Forum Austria (German: Bürgerforum Österreich, FRITZ) is an Austrian political party mainly active in Tyrol. It was founded by president of the Tyrolean branch ...

 

Statue in Columbus, Ohio, U.S. William Oxley ThompsonThe statue in 2018ArtistErwin FreyYear1930 (1930)MediumBronze sculptureSubjectWilliam Oxley ThompsonLocationColumbus, Ohio, United StatesCoordinates39°59′57.7″N 83°0′50.2″W / 39.999361°N 83.013944°W / 39.999361; -83.013944 William Oxley Thompson is an outdoor 1930 bronze sculpture by Erwin Frey, installed on the Ohio State University campus in Columbus, Ohio, United States. It depicts the university'...