NG gemeente Rouxville

Die NG Kerkkamers huisves onder meer die gemeente se kerkkantoor.
Die kerkgebou se hoeksteen is in 1879 gelê deur die eerste leraar, ds. Charles Morgan. Die argitek was Richard Wocke.
Syaansig van Rouxville se byna 140 jaar oue NG klipkerk.
Ds. Charles Morgan, Rouxville se eerste predikant. Hy was een van die eerste vier studente aan die Kweekskool op Stellenbosch en 'n seun van ds. George Morgan.
Een van die talle sierlike grafte rondom die kerk is dié van ds. George Morgan, die eerste leraar se vader en 16 jaar lank leraar van die NG gemeente Somerset-Oos.
Ds. Charles Morgan het die kerkgebou se hoeksteen gelê. Die teks, soos dit staan in die Statebybel wat destyds in gebruik was, lui: "Ziet, Ik leg een grondsteen in Sion, een beproefden steen, een kostelijken hoeksteen, die wel vast gegrondvest is; wie gelooft, die zal niet haasten." ("Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.")
Ds. A.A.L. Albertyn, leraar van 1884 tot en met sy dood op 3 Mei 1906.
Ds. H.S.M. Botha, leraar van 1907 tot sy aftrede in 1943. Sy enigste ander gemeente was Ugie van 1906 tot sy koms hierheen sowat 'n jaar later.
Ds. C.J. Perold, leraar van 1944 tot 1948.
Ds. G.N.P. Cloete, leraar van 1950 tot 1952.
Ds. Pierre Rossouw, leraar van 1952 tot 1958.
Ds. H.F. Heyman, leraar van 1958 tot 1961.
Ds. H.J. van Niekerk, leraar van 1965 tot 1970.

Die NG gemeente Rouxville is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Suidoos-Vrystaat binne die Ring van Smithfield, waarvan dit die vierde oudste gemeente is, naas Smithfield, Bethulie en Edenburg. Met sy stigting in 1870 was Rouxville die 14de gemeente in die Vrystaat en die 99ste in Suid-Afrika.

Agtergrond

Tydens die tweede sitting van die Vrystaatse Volksraad, in Februarie 1865, is die president gemagtig om die vereiste stappe te doen om 'n dorp in die Vrystaat teenoor Aliwal-Noord aan die oorkant van die Oranjerivier in die Oostelike Provinsie te stig. Dit was veral as gevolg van die onreëlmatighede wat met die versending van pos uit die Kaap plaasgevind het. Die dorp is egter eers in November 1863 deur 'n komitee van die NG Kerk gestig.

In 1862 was Smithfield en Aliwal-Noord al dorpe in die omgewing waar daar 'n kerk binne 100 myl was. Die gemeenskap het op kerklike gebied onder die NG gemeente Smithfield geval met ds. Piet Roux as leraar. Hy was die oupa aan moederskant van drie groot Afrikanerkultuurleiers: Mabel Jansen, opvoedkundige, skrywer, joernalis, kultuurleier, politikus en baanbreker in die bevordering van Afrikaans, dr. Samuel Henri Pellissier, die stigter van die Volkspelebeweging en prof. George Murray Pellissier, agtereenvolgens die predikant van NG gemeente Pietermaritzburg, Dundee, Carolina en later professor in die teologie aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie (afdeling B).

In 1863 is 'n komitee deur die kerkraad van Smithfield, wat self maar in 1848 gestig is as slegs die vierde gemeente in die Vrystaat, om 'n nuwe dorp tussen die Oranje en Caledonrivier te stig. Die lede van die komitee en dus ook die stigters van Rouxville en sy NG gemeente, was P.J.C. Swanepoel, P.C. Pelser, P.J. du Plooy en C.N. Zwaanepoel.

Dié komitee het die plaas Zuurbult, sowat 2 100 ha, in die wyk Onder-Caldeon van Ernest Wepener vir £1 500 gekoop. J.M. Orpen het die plaas opgemeet en in erwe verdeel. Honderd erwe is verkoop om die geld te kry vir die bou van 'n kerk. Ds. Roux het aangebied om drie maande lank dienste in die gemeente Zuurbult waar te neem. Uit dankbaarheid teenoor die Smithfieldse leraar het die gemeente besluit om die dorp Rouxville te noem. Tien jaar lank het ds. Roux die gemeente as konsulent bedien totdat ds. Charles Morgan, indertyd die leraar van die NG gemeente Middelburg, Kaap, in 1873 die tweede beroep aanvaar het wat hom uitgebring is en as predikant hier bevestig is. Intussen is Rouxville in 1871 tot distrik verklaar. Die eerste landdros was P.J. Robertson en in 1872 is J.C. Reyneke as staatsonderwyser benoem.

Vroeë jare

Die eerste dienste is gehou op die plaas wat later as Oude Werf sou bekendstaan. Later is die ou kerk sonder sitplekke opgerig en moes elke aanbidder sy of haar eie stoel saambring. Die hoeksteen van die teenwoordige klipkerk is op 11 Julie 1879 deur ds. Morgan gelê. Die teksvers op die steen is Jesaja 28:16: "So sê die Here my God: Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie" (1983-vertaling).[1] Nog in daardie jaar is ds. Morgan na Bloemfontein beroep en twee jaar sou die gemeente vakant bly tot die 28-jarige ds. Andries L. Albertyn, van die NG gemeente Steynsburg in die Noordoos-Kaap, die dertiende beroep aanvaar wat die kerkraad uitgebring het. Hy het die gemeente 23 jaar lank tot aan sy dood op 6 Mei 1906 getrou bedien. In 1893 is die gemeente Zastron onder ds. Albertyn se leiding afgestig. Dit was ook in 'n ander opsig vir Rouxville 'n belangrike jaar, want nadat die dorp 20 jaar lank dorpsbestuur gehad het, het hy in 1893 'n munisipaliteit gekry het met J.C. Chase as burgemeester.

Tydens die donker dae van die Anglo-Boereoorlog toe al die bewoners van Rouxville deur lord Roberts in Aliwal-Noord se konsentrasiekamp geplaas en die dorp 'n spookdorp geword het, het ds. Albertyn die kommando as veldprediker na die slagveld gevolg nadat die burgers met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 onder genl. J.H. Olivier opgeroep is om op kommando te gaan. Ná die oorlog is op Rouxville onder sy leiding 'n Christelike Nasionale skool as protes teen die onderdrukking van die inwoners se taal en volksbestaan opgerig. Dit het die fondament van die onderwys in die Vrystaat geword wat aan die eise van die volk en Kerk beantwoord het.

Agt maande ná ds. Albertyn se heengaan is ds. H.S.M. Botha bevestig en hy het die gemeente meer as 36 jaar deur die mees kritieke tyd in die Vrystaat se geskiedenis gestuur. Hy aanvaar sy emeritaat op 31 Augustus 1943, waarna ds. C.J. Perold, van Rossville, die beroep hierheen aanvaar. Hy word op 3 Februarie 1950 opgevolg deur ds. G.N.P. Cloete van die NG gemeente Keetmanshoop in Suidwes-Afrika.

Enkele leraars

  • Charles Morgan, 1873 - 1882
  • Andries Adrian Louw Albertyn, 1884 - 3 Mei 1906 (oorlede in die amp)
  • Harold Sydney Muskett Botha, 1907 - 1943 (emeriteer)
  • Cornelis Johannes Perold, 1944 – 1948
  • Gert Nicolaas Petrus Cloete, 1950 - 1952
  • Pierre Rossouw, 1952 - 1958
  • Heinrich Franz Heyman, 1958 - 1961
  • Hendrik Jonathan van Niekerk, 1965 – 1970
  • Barend Jacobus Cronjé, 1976 - 29 Augustus 1982 (emeriteer)

Lidmaattal

Jaartal Dooplidmate Belydende lidmate
1916 1539 1405
1933 1076 1421
1952 576 955
1973 253 577
1985 253 484
1994 226 399
2013 87 343
2013 112 244

Die Gereformeerde Kerk het nooit 'n gemeente op Rouxville gehad nie, maar wel in 1863 een op Bethulie gestig en in 1916 een op Zastron. Laasgenoemde het in 1998 net 12 belydende en vyf dooplidmate oorgehad en in 2002 onderskeidelik 16 en vyf, maar nietemin is die gemeente in 2004 ontbind. Sedertdien ressorteer Rouxville se Gereformeerdes saam met dié van Zastron onder die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord aan die oorkant van die Oranjerivier in die Oos-Kaap.

Bronne

  • Albertyn, W. (red.). 1978. Amptelike Suid-Afrikaanse munisipale jaarboek. Pretoria: S.A. Vereniging van Munisipale Werknemers (nie-Politiek).
  • Brown, dr. E. 1973. Gemeentelike geskiedskrywing van die Afrikaanse kerke van gereformeerde belydenis - 'n kompilasie en kerk-historiese oorsig. Durban: Drakensbergpers.
  • Dreyer, eerw. Andries. 1927. Kerksouwenier van Middelburg, K.P. Kaapstad: Die Standard Press, Beperk.
  • Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
  • Nienaber, P.J. 1963. Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek, deel 1. Kaapstad, Johannesburg: Suid-Afrikaanse Boeksentrum.
  • Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).

Verwysings

Eksterne skakels

Read other articles:

Chris HarrisHarris at the 2012 Pameran Mobil Los AngelesLahirChristopher James Harris20 Januari 1975 (umur 49)Beaconsfield, Buckinghamshire, InggrisAlmamaterClifton CollegePekerjaanJurnalis, Pembalap, PresenterTahun aktif2002Suami/istriMarriedAnak3 Christopher James Harris lahir pada tanggal 20 Januari 1975 merupakan seorang jurnalis Inggris, otomotif, pembalap dan presenter televisi.[1] Harris telah bekerja sebagai reviewer, penulis dan editor untuk banyak majalah otomotif...

 

Supreme Court of the United States38°53′26″N 77°00′16″W / 38.89056°N 77.00444°W / 38.89056; -77.00444EstablishedMarch 4, 1789; 235 years ago (1789-03-04)LocationWashington, D.C.Coordinates38°53′26″N 77°00′16″W / 38.89056°N 77.00444°W / 38.89056; -77.00444Composition methodPresidential nomination with Senate confirmationAuthorized byConstitution of the United States, Art. III, § 1Judge term lengthl...

 

American Hockey League team in Rockford, Illinois This article is about the current AHL franchise. For the previous United Hockey League franchise, see Rockford IceHogs (UHL). Rockford IceHogsCityRockford, IllinoisLeagueAmerican Hockey LeagueConferenceWesternDivisionCentralFounded1995Operated2007–presentHome arenaBMO Harris Bank CenterColorsRed, black, white     Owner(s)Wirtz Corporation[1]General managerMark Bernard (de facto)Head coachAnders SorensenCaptainVaca...

Catholic cardinal For other people named José Martins, see José Martins (disambiguation). His EminenceJosé Saraiva MartinsC.M.F.Prefect Emeritus of the Congregation for the Causes of SaintsCardinal Saraiva Martins in January 2016ChurchRoman Catholic ChurchAppointed30 May 1998Term ended9 July 2008PredecessorAlberto BovoneSuccessorAngelo AmatoOther post(s)Cardinal-Bishop of PalestrinaOrdersOrdination16 March 1957by Ettore CunialConsecration2 July 1988by Agostino CasaroliCreated car...

 

Rayo VallecanoNama lengkapRayo Vallecano de Madrid, S.A.D.JulukanRayoBerdiri1924; 100 tahun lalu (1924)StadionCampo de Fútbol de Vallecas(Kapasitas: 14,708)Ketua Raúl Martín PresaManajer FranciscoLigaLa Liga2022–2023La Liga, ke-11 dari 20Situs webSitus web resmi klub Kostum kandang Kostum tandang Kostum ketiga Musim ini Rayo Vallecano de Madrid, S.A.D. (pengucapan bahasa Spanyol: [ˈraʝo βaʎeˈkano ðe maˈðɾið]), biasa disingkat dengan sebutan Rayo, merupakan sebuah...

 

Azerbaijani TV presenter and producer Husniyya MaharramovaHüsniyyə MəhərrəmovaBorn (1981-09-30) September 30, 1981 (age 42)Baku, Azerbaijan SSR, USSREducationAzerbaijan State University of Culture and ArtsBaku Music AcademyOccupation(s)Television host, producerYears active2005–present Husniyya Ikram gizi Maharramova (Azerbaijani: Hüsniyyə İkram qızı Məhərrəmova, born September 30, 1981) is an Azerbaijani TV presenter, commentator, producer and former head of the Azerb...

Bahasa KumzarKumzar dalam Abjad Arab-Persia gaya Nastaliq (atas) dan Naskh (bawah) Dituturkan diOmanWilayahKumzarEtnisKumzar, Syihuh[1]Penutur(2.300 jiwa per 1993–2011)[2] Rumpun bahasaIndo-Eropa Indo-IranIranIran BaratIran Barat DayaKumzar Sistem penulisanAbjad Arab-PersiaKode bahasaISO 639-3zumGlottologkumz1235[3]QIDQ36158 Status konservasi Punah EXSingkatan dari Extinct (Punah)Terancam CRSingkatan dari Critically endangered (Terancam Kritis) SESingkatan dari ...

 

This article is about the town. For the state constituency, see Kuala Ketil (state constituency). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Kuala Ketil – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2024) (Learn how and when to remove this message) Kuala Ketil Town in Baling District Kuala Ket...

 

Антиреализм — эпистемологическая позиция в аналитической философии, которую впервые выдвинул британский философ Майкл Даммит. Данный термин был задуман как аргумент против вида реализма, который Даммит называл «бесцветным редукционизмом».[1] Антиреализм отвергае...

Region of Arizona, United States This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Southern Arizona – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (May 2011) (Learn how and when to remove this message) Southern Arizona is the area of Arizona south of the Gila River, roughly corresponding to the area from the 18...

 

Region in CanadaInuvialuit Settlement Region Inuvialuit Nunangit SannaiqtuaqRegionInuvik, the largest community in the regionISR in Yukon and NWTCountryCanadaTerritoriesNorthwest TerritoriesYukonInuvialuit Final Agreement1984Subregions List Beaufort SeaMackenzie River deltaYukon coastNorthwest portion of Northwest TerritoriesWestern Arctic Archipelago Government • TypeBoard of Directors • Chair & CEODuane Ningaqsiq Smith[1]Area • Total435,000&#...

 

Cup Winners' Cup redirects here. For other uses, see Cup Winners' Cup (disambiguation). Football tournamentUEFA Cup Winners' CupOrganising bodyUEFAFounded1960 (rebranded in 1994)Abolished1999RegionEuropeNumber of teams32 (first round)Related competitionsEuropean Cup (1st tier)UEFA Cup (3rd tier; merged with)Last champions Lazio(1st title)Most successful club(s) Barcelona(4 titles) WinnersUEFA Cup Winners' Cup Season Winning club 1960–61 Fiorentina 1961–62 Atlético Madrid 1962–63 To...

Politics of Palestine Officeholders whose status is disputed are shown in italics Member state of the Arab League Government State of Palestine government (Ramallah) President: Mahmoud Abbasa Prime Minister: Mohammad Shtayyeh Hamas government (Gaza) National symbols Flag National anthem Coat of arms Legislative Council Palestinian National Council Palestinian Legislative Council Current members Speaker Aziz Dweik Elections Elections Electoral regions Political parties PLO political parties N...

 

Voce principale: Promozione 1981-1982. Promozione Piemonte-Valle d'Aosta 1981-1982 Competizione Promozione Sport Calcio Edizione Organizzatore FIGC - LNDComitato Regionale Piemonte-Valle d'Aosta Luogo  Italia Cronologia della competizione 1980-1981 1982-1983 Manuale Nella stagione 1981-1982 la Promozione era il sesto livello del calcio italiano (il massimo livello regionale). Qui vi sono le statistiche relative al campionato in Piemonte e in Valle d'Aosta gestito dal Comitato Regionale ...

 

معالي الشريف  بوريس جونسون (بالإنجليزية: Boris Johnson)‏    معلومات شخصية اسم الولادة (بالإنجليزية: Alexander Boris de Pfeffel Johnson)‏  الميلاد 19 يونيو 1964 (60 سنة)[1][2][3][4][5]  نيويورك[6]  الإقامة كينسينغتون الغربية  [لغات أخرى]‏إيزلينغتون  [لغات...

German footballer (born 1989) For other people named Thomas Müller, see Thomas Müller (disambiguation). Thomas Müller Müller with Bayern Munich in 2022Personal informationFull name Thomas Müller[1]Date of birth (1989-09-13) 13 September 1989 (age 34)[2]Place of birth Weilheim in Oberbayern, West GermanyHeight 1.85 m (6 ft 1 in)[3]Position(s) Forwardattacking midfielderTeam informationCurrent team Bayern MunichNumber 25Youth career1993–2000 TS...

 

Square in the Royal Borough of Kensington and Chelsea View of Ladbroke Square gardens. Ladbroke Square is a garden square in Notting Hill, west London, England.[1][2] Location Ladbroke Square and its gardens lie north of Holland Park Avenue and Notting Hill Gate (part of the A40 road). To the west is Ladbroke Grove (part of the B450 road), to the north is Kensington Park Gardens (with houses on the south side backing onto the gardens), and to the northeast is Kensington Park R...

 

Central German dialect This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (December 2020) (Learn how and when to remove this message) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key ...

This article is about the 1744 raid. For the 1776 raid, see Raid on Canso (1776). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Raid on Canso – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (January 2013) (Learn how and when to remove this message) Raid on CansoPart of King George's WarFort William Augustus,...

 

Town in Masovian Voivodeship, PolandSolec nad WisłąTownArcade House, 18th-century Coat of armsSolec nad WisłąCoordinates: 51°8′2″N 21°45′47″E / 51.13389°N 21.76306°E / 51.13389; 21.76306Country PolandVoivodeshipMasovianCountyLipskoGminaSolec nad WisłąFirst mentioned1138Town rights1374Population1,650Time zoneUTC+1 (CET) • Summer (DST)UTC+2 (CEST)Vehicle registrationWLI Solec nad Wisłą [ˈsɔlɛt͡s ˌnad ˈviswɔ̃] is a to...