NG gemeente Bellville

Ds. P.W. de Lange was van 1935 tot 1938 Bellville se eerste leraar.
Ds. A.F. Malan het die hoeksteen van die NG kerk Bellville op 12 Augustus 1939 gelê. Dis een van die argitek J. Anthonie Smith se vroegste ontwerpe.
Ds. A.F. Malan en sy gesin op Beaufort-Wes, sy gemeente ná Bellville.

Die NG gemeente Bellville is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Bellville, Kaapstad. Uit dié gemeente is drie dogtergemeentes afgestig, naamlik Bellville-Wes, Bellville-Oos (as Bellville-Suid) en Bellville-Noord. Uit dié drie is afgestig: Vredelust, Boston (ingelyf by Vredelust), Bellville-Vallei, Bellville-Strandweg (ingelyf by Bellville-Oos), Bellville-Riebeeck, Welgemoed, Bellville-Uitsig, La Rochelle en Kenridge.

Agtergrond

Die eerste gemeentegrense aan die Kaap is in 1745 vasgestel toe die getal gemeentes op vyf gestaan het: Kaapstad (1665), Stellenbosch (1686), Drakenstein (Paarl, 1691), Tulbagh (1743) en Swartland (1745). Ingevolge dié verdeling het die Tygerberg en Tygervallei onder die gemeente Kaapstad geval. Ná die stigting van die gemeente Durbanville in 1826 is Tygerberg en Tygervallei in 1832 aan dié nuwe gemeente toegesê.

So het Bellville 'n wyk van die gemeente Durbanville geword. Dié gebied was destyds nog yl bevolk; daarom het die gemeente nie afsonderlik voorsiening vir die bewoners se geestelike bediening gemaak nie. Eers sowat sewe dekades later, in April 1900, het ds. August Daniël Lückhoff met maandelikse dienste in 'n skoolgebou in Durbanweg, Bellville, begin. Die bywoning was uitstekend en in 1918 is ook met 'n Sondagskool begin. Nader aan Kaapstad is die gemeente Parow reeds in 1917 gestig en in 1926 sou ook die gemeente Goodwood aan die beurt kom, hoewel Bellville deurentyd onder Durbanville bly ressorteer het. Die opkoms na die eredienste en die getal lidmate het so gegroei dat die dienste van 1920 af elke Sondag gehou moes word.

Beter akkommodasie het toe noodsaaklik geword sodat geld ywerig ingesamel is vir 'n kerksaal, wat op 16 September 1922 ingewy kon word. Dit het 300 sitplekke gebied. Steeds het die getalle aanhou groei en het dit algaande duidelik geword dat Durbanville se leraar nie meer die Bellville-wyk na wens kon bearbei nie. Die kerkraad het daarom besluit om 'n hulpleraar met werkkring Bellville te beroep. Onder eerw. John le Roux het Bellville 'n vroeë bloeitydperk in sy kerklike ontwikkeling beleef.

Afstigting

Vanweë die groei in dié deel was dit te verstane dat Bellville se bewoners hulle sou beywer vir die afstigting van 'n afsonderlike gemeente. Op 12 Desember 1934 het die Ring van Kaapstad (onder wie Bellville sou val tot die stigting van die Ring van Parow) vergader en besluit die wyk Bellville moes tot 'n afsonderlike gemeente afgestig word. Dié opdrag is op 18 Desember 1934 uitgevoer, die stigtingsdatum van die NG gemeente Bellville.

Die kerksaal met sy 300 sitplekke het gou te klein geword vir die groeiende gemeente se behoeftes. Die gemeente het hard gewerk om die geld vir 'n kerkgebou bymekaar te kry en kon 'n tender vir R12 764 van ene M. van Zyl vir die bou daarvan in Mei 1939 aanvaar word. Die argitek was J. Anthonie Smith, wat in dié geweste later ook verantwoordelik sou wees vir die NG kerke Bellville-Noord (1960), Bellville-Strandweg (1969, omstreeks 1996 gesloop), Bellville-Vallei (1964), Bellville-Uitsig (1980) De Tyger (1974). Bellville se moederkerk was waarskynlik sy eerste kerkgebou en Bellville-Uitsig sy laaste. Ds. A.F. Malan het die hoeksteen van die Bellville-kerk met sy 850 sitplekke op 12 Augustus 1939 gelê en reeds op 17 Februarie 1940 kon dit ingewy word.

Die pers was gaande oor die nuwe kerk. Opskrifte het onder meer gelui: "Van die sierlikste in die land," "Bellville gaan moderne kerk laat bou" en "Suiwer klank en onbelemmerde gesig binne". In 'n onbekende koerant is berig: "Dit sal een van die modernste kerke in Suid-Afrika wees." Groot gewag is gemaak van die gebou se twee belangrikste eienskappe: die suiwer klank van sowel die stem van die prediker as die musiek van die orrel sowel as die onbelemmerde gesig van die preekstoel af oor die hele binneruim. Ook is die waaiervormige plasing van die sitplekke beklemtoon as 'n eerste van sy soort. Die kerk se galery is besonder groot. Die vierkantige kerktoring, waarin 'n horlosie aangebring is, is 16,5 m hoog. 'n Onbekende koerant het berig: "Die kerkgebou sal in 'n groot behoefte voorsien en vir die jong gemeente besonder baie beteken. Bellville is een van die voorstede waar groot getalle Afrikaanssprekendes hulle gedurig kom vestig en wat nog steeds baie vinnig vooruitgaan."

Vyftigjarige bestaan

In 1984, met viering van die gemeente se vyftigjarige bestaan, het die Feesblad berig: "Die klein gemeente wat op 18 Desember 1934 met 'n skamele nagenoeg 300 lidmate begin het, sien ná 50 jaar so daaruit: Die gemeente self het nog 203 dooplidmate en 1 150 belydende lidmate en word deur twee leraars bedien. Die dogtergemeentes wat uit die moeder ontstaan het, is soos volg Bellville-Wes, Bellville-Oos en Bellville-Noord. Van hulle is afgestig: Vredelust, Boston (ingelyf by Vredelust), Bellville-Vallei, Bellville-Strandweg (ingelyf by Bellville-Oos), Bellville-Riebeeck, Welgemoed, Bellville-Uitsig, La Rochelle en Kenridge."

In 1984 was die leraars di. H. Serfontein en G.J. Langeveld. Dié twee het die langste van enige predikant in die gemeente gestaan: Serfontein byna 26 jaar en Langeveld byna 24 jaar.

Kort ná die halfeeufees het 'n baie moeilike tyd vir die gemeente aangebreek, wat geruime tyd voortgeduur het, en waartydens sy voortbestaan bedreig is. Toe ds. Serfontein sy emeritaat in Augustus 1996 aanvaar kon die gemeente nie meer 'n tweede leraarsamp in stand hou nie; daarom is niemand in sy plek beroep nie. Die kerkraad het die diens van ds. Venter van Oktober 1996 tot Desember 1999 as pastorale hulp bekom. Ná hom was ds. Nienaber die pastorale hulp. In Oktober 2004 moes die gemeente ds. Langeveld 'n skeidingspakket aanbied omdat hulle nie meer 'n voltydse leraar kon bekostig nie nadat die belydende lidmate van 1 105 in 1984 tot 580 in 2004 afgeneem het.

Hede

In Maart 2005 is ds. Pieter Simpson en dr. Wimpie Bergh as kontrakleraars aangestel. Ds. Simpson het in Augustus 2009 uitgetree waarna ds. Chris van Lill in sy plek aangestel is. Met die viering van sy 75-jarige bestaan in 2009 het Bellville-gemeente uit sowat 550 lidmate bestaan van wie 300 in die aftree-oorde Huis Van der Walt, Bella Vista en Ons Tuiste gewoon het, en 250 in die woongebiede. Drie eredienste is elke Sondag gehou en maandeliks was daar dienste op sewe verskillende plekke. Gedurende die vyf jaar sedert die driekwarteeufees het die belydende lidmate verder tot 417 afgeneem. Die dooplimate het in 2014 net vier getel. Nadat ds. Van Lill die gemeente verlaat het, het ds. Bergh alleen as emeritus-leraar agtergebly.

Ds Bergh het in 2014 die gemeente verlaat en ds Herman Burger is aangestel as voltydse leraar in 'n "tent-makerspos" soos dit genoem is. Hy is tans steeds die leraar.[1]

Sedert 2018 het die onderste 6 gemeentes in Bellville begin om saam te gesels oor die pad vorentoe agv die veranderende demografie in Bellville. Verskeie van die gemeentes het begin saamwerk en selfs eenwordings het begin gebeur. Die Covid-19 epidemie en geweldige invloei van immigrante uit buurlande het Bellvilke middestad totaal verander.

In Maart 2023 word Bellville Moeder, Bellville Noord en La Belle gemeente een nuwe gemeente. Al drie leraars het deeltydse poste. Ds Johan Vollgraaff van La Belle, Kobus van Rooyen van Bellville Noord en Herman Burger van Bellville gemeente.

Dienste word Sondae in Noord se gebou, Eureka, La Belle oord, Bella Vista en Ons Tuiste gehou. Huis Boland word ook bedien vanuit die nuwe gemeente.

La Belle gemeente ontbind. Bellville Moeder is nog gemeente op sy eie aangesien die geboue nie vervreem is nie.

Gesprekke om die geboue in diens te stel van MES vir hulle hoofkantoor vanaf 2025 is op gevorderde stadium.

Enkele leraars

Verwysings

  1. HB

Bronne

Sien ook

Read other articles:

Xiongnu Chanyu (Hanzi: 單于; Hanzi: 单于; Pinyin: Chányú; singkatan dari Chengli Gutu Chanyu (Hanzi: 撐犁孤塗單于; Pinyin: Chēnglí Gūtu Chányú)) adalah gelar yang dipakai oleh penguasa konfederasi suku nomaden Xiongnu, khususnya oleh klan Luandi pada masa Dinasti Qin (221-206 SM) dan Han (206 SM–220 M). Daftar Chanyu Xiongnu Nama Tionghoa Pinyin / Wade-Giles Guangyun Nama pribadi Berkuasa Catatan Touman (頭曼單于/头曼单于) Tóumàn / t'ou-man 240...

 

 

Julian HuxleyNama dalam bahasa asli(en) Julian Huxley BiografiKelahiran22 Juni 1887 London Kematian14 Februari 1975 (87 tahun)London Tempat pemakamanGolders Green Crematorium (en)   Director-General of UNESCO (en)  Data pribadiAgamaAteisme PendidikanBalliol College, Oxford Eton College KegiatanSpesialisasiBiologi, Transhumanisme, Biologi evolusioner, Embriologi dan filsafat PekerjaanEvolutionary biologist (en), etolog, penulis, profesor, filsuf, physiologist (en), ahli biologi ...

 

 

Allied Telesis Holdings K.K.JenisPublikIndustriNetworkingDidirikan1987KantorpusatBothell (Washington, Seattle  Amerika Serikat), Tokyo,  Jepang[1]TokohkunciTakayoshi Oshima, CEOProdukSwitch, Router, FirewallSitus webwww.alliedtelesis.com Allied Telesis adalah perusahaan telekomunikasi yang dulu dikenal dengan nama Allied Telesyn. Perusahaan ini berkantor pusat di Jepang dan memiliki kantor besar di Bothell, Washington, Seattle, Amerika Serikat, didirikan pada tahun 1987 seba...

Ò

Latin letter O with grave accent Latin letter O with grave Ò, ò (o-grave) is a letter of the Latin script. It is used in Catalan, Emilian, Lombard, Papiamento, Occitan, Kashubian, Romagnol, Sardinian, Scottish Gaelic, Taos, Vietnamese, Haitian Creole, Norwegian, Welsh and Italian. Usage in various languages Chinese In Chinese pinyin, ò is the yángqù tone (阳去, falling tone) of o. Emilian Ò is used to represent Emilian pronunciation: [ɔː], e.g. òs Emilian pronunciation: ...

 

 

سفارة أوزبكستان في أذربيجان أوزبكستان أذربيجان البلد أذربيجان  المكان باكو  العنوان مدينة باكو، بادامدار، صفيف واحد، حارة 9، منزل 437 السفير أشرف خانوف باخروم بوخوديروفيتش الاختصاص أذربيجان  القنصل العام فاخدوف عبد العزيز خورشيدوفيتش[1] الموقع الالكتروني المو...

 

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Iran–Iraq relations – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2022) (Learn how and when to remove this message)Bilateral relationsIran–Iraq relations Iran Iraq Iran–Iraq relations (Persian: روابط ایران و عراق Ravâbete Irân va Ar...

Quasi famosiPatrick Fugit e Kate Hudson in una scena del filmTitolo originaleAlmost Famous Paese di produzioneStati Uniti d'America Anno2000 Durata122 min (versione originale)161 min (versione Untitled) Generecommedia, drammatico, musicale RegiaCameron Crowe SceneggiaturaCameron Crowe ProduttoreCameron Crowe, Ian Bryce Casa di produzioneColumbia Pictures, DreamWorks Pictures, Vynil Films FotografiaJohn Toll MontaggioJoe Hutshing, Saar Klein Effetti specialiJohn Frazier, Ed Jones Music...

 

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要补充更多来源。 (2017年12月19日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:若望保祿二世 — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题的更多可靠来源(判定指引)。 �...

 

 

Public school in Wylie, Texas, United StatesWylie High SchoolAddress2550 West FM 544Wylie, Texas 75098-0490United StatesCoordinates33°00′29″N 96°34′17″W / 33.008073°N 96.571449°W / 33.008073; -96.571449InformationSchool typePublic high schoolEstablished1905School districtWylie Independent School DistrictPrincipalBrian Alexander [1]Teaching staff155.99 (FTE)[2]Grades9–12Enrollment2,872 (2020–21)[2]Student to teacher ratio17.74[...

塞拉杜萨利特里Serra do Salitre市镇塞拉杜萨利特里在巴西的位置坐标:19°06′39″S 46°41′24″W / 19.1108°S 46.69°W / -19.1108; -46.69国家巴西州米纳斯吉拉斯州面积 • 总计1,297.748 平方公里(501.063 平方英里)海拔1.2 公尺(3.9 英尺)人口 • 總計10,224人 • 密度7.88人/平方公里(20.4人/平方英里) 塞拉杜萨利特里(葡萄牙语:Serr...

 

 

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (أكتوبر 2019) هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة...

 

 

هانس يورغن فون أرنيم (بالألمانية: Hans-Jürgen von Arnim)‏  معلومات شخصية الميلاد 4 أبريل 1889(1889-04-04)جرجونغوف  [لغات أخرى]‏  الوفاة 1 سبتمبر 1962 (73 سنة)باد ويلدونغن مواطنة ألمانيا  الحياة العملية المهنة عسكري،  وقائد عسكري  اللغات الألمانية  مجال العمل شؤون عسكرية&#...

2008年夏季奥林匹克运动会圣文森特和格林纳丁斯代表團圣文森特和格林纳丁斯国旗IOC編碼VINNOC圣文森特和格林纳丁斯奥林匹克委员会網站svgnoc.org(英文)2008年夏季奥林匹克运动会(北京)2008年8月8日至8月24日運動員2參賽項目1个大项旗手Kineke Alexander历届奥林匹克运动会参赛记录(总结)夏季奥林匹克运动会1988199219962000200420082012201620202024 2008年夏季奥林匹克运动会圣文森特�...

 

 

Untuk konstituensi persekutuan yang diwakili dalam Dewan Rakyat, lihat Sarikei (federal constituency). Artikel ini memuat Teks Tionghoa. Tanpa bantuan render yang baik, anda mungkin akan melihat tanda tanya, kotak-kotak, atau simbol lainnya bukannya Karakter Tionghoa. Sarikei泗里街Julukan: Kota Nanas/Kota Burung layang-layangNegara MalaysiaNegara bagian SarawakPemerintahan • Kepala DewanCr. Chan Phan Chan • ResidenMichael DawiLuas • To...

 

 

Kabupaten SikkaKabupatenHutan Mata Air di Pegunungan Wairterang LambangJulukan: Kota Tanah SikkaMotto: Dari Tuhan, Kembali ke TuhanPetaKabupaten SikkaPetaTampilkan peta Kepulauan Sunda KecilKabupaten SikkaKabupaten Sikka (Indonesia)Tampilkan peta IndonesiaKoordinat: 8°29′18″S 122°58′26″E / 8.4883°S 122.974°E / -8.4883; 122.974Negara IndonesiaProvinsiNusa Tenggara TimurTanggal berdiri1 Maret 1958Dasar hukumUU nomor 69 tahun 1958Ibu kotaMaumere...

Part of a series on theEastern Orthodox ChurchMosaic of Christ Pantocrator, Hagia Sophia Overview Structure Theology (History of theology) Liturgy Church history Holy Mysteries View of salvation View of Mary View of icons Background Crucifixion / Resurrection / Ascensionof Jesus Christianity Christian Church Apostolic succession Four Marks of the Church Orthodoxy Organization Autonomy Autocephaly Patriarchate Ecumenical Patriarch Episcopal polity Canon law Clergy Bisho...

 

 

Indian film producer This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article contains content that is written like an advertisement. Please help improve it by removing promotional content and inappropriate external links, and by adding encyclopedic content written from a neutral point of view. (May 2013) (Learn how and when to remove this message) This article includes a list of gene...

 

 

R.M.T. Ario Soerjo Tragedi Pembunuhan Suryo adalah tragedi pembunuhan terhadap gubernur pertama Jawa Timur yaitu Raden Mas Tumenggung Ario Soerjo. dan menjabat sebagai gubernur Jawa Timur dari tahun 1945 sampai 1948. Awal Mula Raden Mas Tumenggung Ario Soerjo atau lebih dikenal dengan sebutan Gubernur Suryo merupakan gubernur pertama Provinsi Jawa Timur (1945-1948). Sebelumnya, dia menjabat bupati di Magetan dari tahun 1938 hingga tahun 1943.[1] Pada tanggal 18 September 1948, PKI mel...

IWBF World ChampionshipsChampionnats du monde de basket-ball en fauteuil roulant Généralités Sport Basket-ball en fauteuil roulant Création 19731990 Organisateur(s) International Wheelchair Basketball Federation Catégorie Mondiale Périodicité Tous les 4 ans (depuis 1986) Participants 16 nations (depuis 2014) 12 nations (depuis 2014) Palmarès Tenant du titre Grande-Bretagne Pays-Bas Plus titré(s) États-Unis (6) Canada (5) Pour la dernière compétition voir : Championnat d...

 

 

1960 studio album by The Curtis Fuller SextetteImaginationStudio album by The Curtis Fuller SextetteReleased1960RecordedDecember 17, 1959StudioVan Gelder Studio, Englewood CliffsGenreJazzLength37:27LabelSavoyMG 12144ProducerHerman LubinskyCurtis Fuller chronology The Curtis Fuller Jazztet(1959) Imagination(1960) Images of Curtis Fuller(1960) Imagination is an album by American trombonist Curtis Fuller's Sextette recorded in 1959 and released on the Savoy label.[1][2]&#...