Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November1934) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres, TV-aanbieder en aktrise.
Sy was veral bekend vir die sing van ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook Engelse liedjies en Geestelike musiek. Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het). Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het.
Na 30 jaar uit die kollig het Min in 2015 vir Shaun Mynhardt aangestel as haar bestuurder.
Op 26 Januarie 2020 is Min ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak was.
In Januarie 2022 was Min die mede-aanbieder van 'n splinternuwe 14episode TV-reeks, Die Huis Van Legendes, saam met Shaun Mynhardt.
Op hierdie TV-reeks het sy en Shaun met verskeie groot name in die vermaaklikheidsbedryf gesels.
Die TV-reeks was vanaf 7 Januarie 2024 tot 7 April 2024 uitgesaai op kykNET nou met meer as vier miljoen kykers per week.
Biografie
Shaw het musieklesse op skool aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar geneem, waar sy in st. 7 was toe Mimi Coertse in matriek was, en haar ná skool as onderwyseres bekwaam. Sy het aanvanklik in restaurante in Johannesburg en Benoni gesing, maar haar deurbraak in 1961 gemaak toe sy 'n talentkompetisie van LM Radio gewen het. Die prys was 'n reis na Londen, waar sy ook op televisie verskyn het.
In 1989 trou sy met die liefde van haar lewe – Willie van Blerk. Hy is in September 2016 in die ouderdom van 76 aan kanker oorlede.
2011 neem Min haar nuutste album op en begin weer toer soos in die ou dae.
Sy was in 2012 deel van die boek Gee Haar 'n Roos – die lewensverhaal van Cora Marie. Dit het gelei tot deelname aan die Country Legendes – 'n huldeblyk-konsertreeks regdeur die land.
Op 28 Maart 2015 was Min saam met Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell en Shaun Mynhardt in die Kaap vir 'n huldeblyk aan Cora Marie en Min Shaw het 'n staande ovasie ontvang toe sy op die verhoog verskyn. Niemand wou glo dat sy 80 jaar oud is nie! Haar stemkwaliteit en haar mooi gelaatstrekke is steeds sprankelend en tydloos.
In 2015 het Min vir Shaun Mynhardt aangestel as haar bestuurder. Saam het hulle haar loopbaan na nuwe hoogtes geneem.
Op 7, 8 en 9 November 2016 het Min Shaw haar eerste musiekvideo in 5 jaar opgeneem getiteld Gee haar 'n roos. Die duet saam met Shaun Mynhardt waarin Min die koorgedeelte van die liedjie sing het binne 'n week op 21 radiostasies se speellyse beland en die musiekvideo is in Januarie 2017 aan die media vrygestel. Die video is in Hermanus geskiet, presies 50 jaar na Min die fliek Hoor My Lied in Hermanus saam Ge Korsten geskiet het.
Gee Haar 'n Roos was nommer een op Springbok Radio se Top 20. (April 2017).
'n Dokumentêr Die Legendes Van Afrikaanse Musiek oor Shaw se lewe is op 1 Maart 2017 op kykNET uitgesaai.
29 April 2017 het Shaw 50 jaar in die vermaaklikheids bedryf gevier met 'n reeks konserte getiteld Min Shaw & Vriende-50 Goue Jare. Verskeie mediapublikasies en kykNET het die geleentheid bygewoon asook haar musiekvriende soos Lance James, Manie Jackson, Shaun Mynhardt, Tommy Dell, Jody Wayne, Edmond, Clive Bruce en die Rodeo Girls wat saam met Shaw op die verhoog opgetree het.
In 2018 het Shaw en haar musikale vriend van 21 jaar, Shaun Mynhardt besluit om haar biografie uiteindelik klaar te skryf en uit te gee. Hierdie projek waaraan Shaw en Mynhardt vir drie jaar gewerk het, is goedgekeur en word uitgegee deur een van Suid Afrika se top Afrikaanse uitgewers.
"Sprokie van 'n liefling", 'n plakboek vol herinneringe deur Shaun Andrew Mynhardt word op 15 Februarie 2019 vrygestel en is landswyd beskikbaar by meeste boekwinkels. Hierdie versamelstuk is 'n moet vir elke Min Shaw bewonderaar en bevat haar lewensverhaal, geheime, maar ook 186 pragfotos uit Min se persoonlike foto albums en plakboeke.
Op 26 Januarie 2020 is Min Shaw ingehuldig in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.
In Januarie 2022 was Min die mede-aanbieder van 'n splinternuwe 14 episode TV-reeks, Die Huis Van Legendes, saam met Shaun Mynhardt.
Op hierdie TV-reeks het sy en Shaun met verskeie groot name in die vermaaklikheidsbedryf gesels.
Die TV-reeks was vanaf 7 Januarie 2024 tot 7 April 2024 uitgesaai op kykNET -NOU! met meer as vier miljoen kykers per week.
Eerste opnames
Op aandrang van die bekende orkesleier Dan Hill het sy plaatopnames gemaak. Dit het gelei tot die uitreiking van haar eerste solus-sewe, Kleine nagtegaal, in Junie 1966. Die plaat het goed gevaar en sy het ná ses jaar besluit om die onderwys te laat vaar en sang haar loopbaan te maak. Haar sangloopbaan is verder aangehelp deur 'n rol in die rolprent Hoor My Lied van 1967. Die Heidelied, 'n duet met Gé Korsten, bly een van Shaw se grootste treffers. Sy het ook in die rolprente Jy is my liefling (1968), Die Danie Bosman Storie (1969) en Lied in My Hart (1969) teenoor Gé Korsten en Mitzi Stander gespeel.
In haar loopbaan het sy meer as 70 albums uitgereik en na raming meer as 800 liedjies opgeneem. Saam met Lance James het sy een van die gewildste Afrikaanse sangpare gevorm met trefferplate soos Bymekaar (1968) en Weer bymekaar (1982). Nadat sy in 1975 haar lewe aan die Here toegewy het, het sy hoofsaaklik geestelike plate opgeneem.
In 2011 keer Min Shaw terug met haar eerste album in 15 jaar - God Is My Stem. Die album haal goud nog voor dit op die rakke verskyn het.
Pryse en eerbewyse
Sy het drie Sarie-toekennings ontvang en twee goue plate, 'n platinumplaat en 'n dubbelplatinumplaat (vir die rekordverkope van haar gospel-albums). Sy is in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek. Ingehuldig as lewende legende in die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum in 2020. Mede aanbieder van die TV-reeks Die Huis Van Legendes in 2024 vir Kyknet-NOU! Saam met Shaun Mynhardt.
Diskografie
Sing Aller Beste Kinderliedjies, 2000 GALLO
Gee Haar ‘n Roos met Shaun Mynhardt, 2016
The Heart And Soul Of Min Shaw, 1999 CRESCENDO/GALLO