Meng Wanzhou (Chinees: 孟晚舟; gebore 13 Februarie1972), ook bekend as Cathy Meng,[1] is 'n Chinese sakeleier. Sy is ondervoorsitter van die raad van direkteure en hoof- finansiële beampte van China se grootste privaatmaatskappy, die telekommunikasiereus Huawei wat deur haar vader, Ren Zhengfei, gestig is.
Meng word op 1 Desember 2019 by Vancouver Internasionale Lughawe deur die Koninklike Kanadese Berede Polisie op versoek van die Verenigde State gearresteer vir beweerde bedrog teen verskeie finansiële instellings in 'n poging om sanksies teen Iran wat deur die Verenigde State ingestel is, te omseil.[2] Op 28 Januarie 2019 onthul die Amerikaanse Departement van Justisie aanklagte van finansiële bedrog teen Meng.[3]