Meliese dialoog

Melos, aangedui in blou, in die Kyklade, Egeïese See

Die Meliese dialoog is 'n dramatiese debatopstel wat Thukydides voeg by sy Geskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog, sy verslag van die rampsalige, 27-jaarlange (431–404 v.C.) stryd tussen die magtige Griekse stadstate Athene en Sparta. Dit is een van die beroemde instansies van denkbeeldige toesprake in die boek (die ander synde die apologie vir die Atheense demokrasie in die begrafnisrede van Perikles aan die begin van die werk). Hierdie toesprake is nie noodwendig neergepen soos dit gelewer is nie, maar is vir literêre effek bygevoeg, vir wat volgens Thukydides se oordeel "deur die situasie genoodsaak sou wees".[1]

Omstandighede

Die Meliese dialoog vind plaas vyftien jaar na die aanvang van die Peloponnesiese oorlog, tydens die konfrontasie van 416 tot 415 v.C. tussen die Atheners en die inwoners van Melos, 'n klein eiland geleë in die suidelike Egeïese See, 'n afstand oos van Sparta. Die Atheners het geëis dat die Meliërs hulle stad oorlewer en skatting betaal of die uitwissing van hul stad in die gesig staar. Die Meliërs het volstaan by hulle reg om neutraal te bly, en hulle beroep op die Atheners se sin vir betaamlikheid en mededoë jeens 'n klein, vreedsame en weerlose stad. Die Atheners het onverbiddelik geantwoord dat kwessies van geregtigheid nie ter sprake was tussen ongelyke magte nie en het begin om beleg te lê op Melos soos hulle gedreig het om te doen. Hulle het begin om die bevolking uit te honger tot oorgawe, die mans van dienspligtige ouderdom om die lewe te bring, en die vroue en kinders in slawerny te plaas. Hierdie daad het "berug geword as die ergste gruweldaad gepleeg deur 'n andersins welvoeglike gemeenskap, en trouens as een van die mees berugde stellings in die geskiedenis rakende die regte van ongebreidelde mag," volgens die historikus Alan Ryan, wat skryf, "Die Atheners se aandrang dat 'regspleging dit is wat besluit word wanneer gelyke magte mekaar opponeer, terwyl die opsies is wat die meerderes oplê en waarby die swakkes berus' is sedertdien deurdringend deur praktiese waarnemers en filosowe bespreek, en nie almal het die Atheense saak verwerp nie.".[2] Ryan wys ook uit dat alhoewel Thukydides die Meliërs uitbeeld as deurgaans streng neutraal en oortuigd om so te bly, dit in werklikheid nie die geval was nie. Melos was 'n Spartaanse kolonie, en het Sparta aan die begin van die oorlog bygestaan.[3] In die algemeen, egter, is "die Dialoog nie formeel omtrent die moraliteit van die uiteindelike voltrekking nie, maar omtrent die Meliërs se weerwoord op die Atheners se eerste eis, dat Melos moet toegee."[4]

Argumente

Die Atheners, op 'n vrymoedige en saaklike wyse, bied die Meliërs 'n ultimatum aan: gee oor en betaal skatting aan Athene, of word vernietig.

Die Meliërs argumenteer dat hulle stad neutraal staan en nie 'n vyand is nie, sodat Athene geen rede het om hulle uit te wis nie. Die Atheners se repliek is dat hulle soos swakkelinge sal lyk as hulle die Meliërs hul neutraliteit en onafhanklikheid sou gun: ander sal dink dat hulle Melos gespaar het, bloot omdat hulle nie sterk genoeg was om dit in te neem nie.

Die Meliërs argumenteer dat 'n inval die ander neutrale Griekse state sal veronrus, wat dan Atheense vyande sal word weens die vrees dat hulle self binnegeval sal word. Die Atheners weerlê dit deur te sê dat die Griekse stadstate van die vasteland na alle waarskynlikheid nie so sal optree nie. Dit is die meer volatiele eilandnasies en hul reeds oorwonne onderdane wat eerder die wapen teen die Atheners sal opneem.

Die Meliërs voer aan dat dit oneerbaar en lafhartig van hulle sal wees om toe te gee sonder 'n geveg. Volgens Thukydides se verslag, "Indien sodanige risiko's deur julle geneem word om julle ryk te behou, en deur julle onderhoriges om daarvan te ontsnap, sal ons wat nog vry is, ons as groot lafaards en swakkelinge uitmaak as ons sou versuim om alles wat gebeur die hoof te bied, eerder as om aan slawerny onderwerp te word."[5] Die Atheners antwoord dat die debat nie gaan oor eer nie, maar oor selfbehoud.

Die Meliërs beweer dat alhoewel die Atheners baie sterker is, daar nogtans 'n kans bestaan dat hulle kan wen. Die Atheners antwoord dat slegs die sterkes 'n reg het om hul kanse op hoop te vestig; die swak Meliërs daarenteen het 'n hopelose gebrek aan getalle.

Die Meliërs sê verder dat hulle ook weier omdat hulle kan vertrou op die bystand van die gode. Thukydides deel ons mee, "Ons vertrou dat die gode ons guns sal skenk gelyk aan jul eie, omdat ons staan vir wat reg is, teenoor dit wat verkeerd is."[6] Die Atheners antwoord dat gode en manne insgelyk krag respekteer bo morele argumente, en som dit in die beroemde dictum op, "die sterkes doen wat hulle kan en die swakkes berus waarby hulle moet."

Die Meliërs hou vol dat hulle Spartaanse volksgenote tot hulle hulp sal kom. Die Atheners voer egter aan dat die Spartane niks daarby sal baat nie, en tewens baie het om in te boet as hulle tot die stap sou oorgaan om die Meliërs te hulp te kom – blote verwantskap sal nie voldoende motivering wees nie.

Die Atheners sluit dan die argument af deur te sê dat daar geen skande daarin is om aan 'n sterker vyand toe te gee nie. Die Meliërs verander egter nie van mening nie en die afgesante word beleefd verdaag.

Verwysings

  1. Thukydides, Geskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog, 2.34-2.46. Grieks teks en Engelse vertaling daarvan aanlyn beskikbaar by die Perseus Project.
  2. Alan Ryan, On Politics A History of Political Thought from Herodotus to the Present, Band 1 (New York en London: Liveright Publishing Corporation, 2012), p. 23: Ryan, 'n kenner van die negentiende eeuse utilitariste, was Warden van New College en Professor in Politiek aan die Universiteit van Oxford.
  3. Alan Ryan, On Politics Band 1, p. 23.
  4. D.M., Lewis. The Cambridge Ancient History Deel V. (Cambridge: Cambridge University Press, 1992), p. 444.
  5. Thukydides, Peloponnesiese oorlog, p. 403 (5.100)
  6. Thukydides, Peloponnesiese oorlog, 404(5.104)

Eksterne skakels

Read other articles:

Winnares van de meeste enkelspeltitels, waaronder een golden grand slam: Steffi Graf De WTA organiseerde in het seizoen 1988 onderstaande tennistoernooien. Dit was het eerste WTA-seizoen waarin de toernooien waren onderverdeeld in categorieën: Tier I (de hoogste) tot en met Tier V (de laagste categorie). Deze opzet bleef geldig tot en met 2008. Winnaressen enkelspel met meer dan twee titels speelster aantal titels Vlag van Bondsrepubliek Duitsland Steffi Graf 1 11 Vlag van Verenigde Staten M...

Рее Rehe —  громада  — Вид Рее Герб Координати: 50°38′07″ пн. ш. 8°07′09″ сх. д. / 50.63528° пн. ш. 8.11917° сх. д. / 50.63528; 8.11917 Країна  Німеччина Земля Рейнланд-Пфальц Район Вестервальд Об'єднання громад Реннерод Площа  - Повна 7,41 к�...

British television crime drama series (1975–1978) This article is about the 1970s television series. For other uses of the name Sweeney, see Sweeney (disambiguation). For the 2012 film inspired by the television series, see The Sweeney (2012 film). The SweeneyThe Sweeney opening titles (series 1–3).Created byIan Kennedy MartinStarringJohn ThawDennis WatermanGarfield MorganTheme music composerHarry SouthCountry of originUnited KingdomOriginal languageEnglishNo. of series4No. of episodes53P...

American football player (1933–2015) American football player Ron DrzewieckiNo. 21, 22Position:HalfbackPersonal informationBorn:(1933-01-25)January 25, 1933Milwaukee, Wisconsin, U.S.Died:November 4, 2015(2015-11-04) (aged 82)Milwaukee, Wisconsin, U.S.Height:5 ft 11 in (1.80 m)Weight:185 lb (84 kg)Career informationHigh school:Boys' Tech (WI)College:MarquetteNFL Draft:1955 / Round: 1 / Pick: 11Career history Chicago Bears (1955, 1957) Career ...

Jackson Brownie Jackson Browne (lahir 9 Oktober 1948) merupakan seorang penyanyi berkebangsaan Amerika Serikat. Dia menyanyikan beberapa lagu utamanya seperti These Days, The Pretender, Running On Empty, Lawyers in Love, Doctor My Eyes, Take It Easy, For a Rocker, dan Somebody's Baby. Dia dilahirkan di Heidelberg. Berkarier di dunia musik sejak tahun 1966. Diskografi Tahun Album Posisi chart [1][2][3][4] Sertifikasi U.S. UK US[5] 1972 Jackson Browne (a....

Croatian football coach (born 1952) This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Zlatko Ivanković – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2011) (Learn how and when to remove ...

Byzantine and mediaeval European legal decrees Not to be confused with Golden calf. Imperial chrysobull of Alexios III of Trebizond, 1374 The Golden Bull of 1356 issued by Holy Roman Emperor Charles IV The Golden Bull of 1242 by Béla IV to inhabitants of Zagreb in Croatia A golden bull or chrysobull was a decree issued by Byzantine emperors and monarchs in Europe during the Middle Ages and Renaissance. Description A golden bull was a decree issued by Byzantine Emperors. It was later used by ...

2022 cartoon film Tom and Jerry: Snowman's LandDVD coverDirected byDarrell Van CittersScreenplay byJase RicciStory byWill FinnJase RicciBased onTom and Jerryby William Hanna andJoseph BarberaProduced byAshley PostelwaiteKimberly S. MoreauDarrell Van CittersStarringKath SoucieKevin Michael RichardsonWilliam HannaLaraine NewmanStephen StantonRick ZieffCarlos AlazraquiKimberly BrooksJoey D'AuriaRegi DavisEdited byMichael D'AmbrosioMusic byVivek MaddalaAnimation byRenegade AnimationSlap Happy Car...

Xiaomi Mi Pad 4Xiaomi Mi Pad 4 PlusБренд XiaomiВиробник XiaomiСерія Mi PadСумісні мережі Mi Pad 4 LTE/Plus: 4G (LTE)Дата представлення Mi Pad 4: 25 червня, 2018; 5 років тому (2018-06-25)Mi Pad 4 Plus: 14 серпня, 2018; 5 років тому (2018-08-14)Доступний у країнах  КНРПопередник Xiaomi Mi Pad 3Наступник Xiaomi Pad 5Тип План...

Negrito ethnic group in the Philippines Not to be confused with Batak of Indonesia. BatakBatak people in Palawan (c. 1913)Total population1,531 (2020 census)[1]Regions with significant populations Philippines PalawanLanguagesPalawan Batak, Filipino, EnglishReligionChristianity, Anito, folk religionsRelated ethnic groupsAeta, other Negrito peoples Demographics ofthe Philippines Philippine Statistics Authority Census Religions Languages Ethnic groups Country of citizenship Filipino...

This articles concerns the educational institutions of Penang. There are 271 primary schools and 125 secondary schools in Penang. English Schools Penang Free School, the first English-medium school in Southeast Asia Penang boasts of a good system of education stretching back to the early days of the British administration. Many of the public schools in Penang are among the oldest in the country and even in the region as a whole. Most notable of these are: Penang Free School, the oldest Englis...

Category 4 Pacific hurricane in 2009 For other storms of the same name, see List of storms named Felicia. Hurricane Felicia Felicia shortly after peak intensity on August 6Meteorological historyFormedAugust 3, 2009DissipatedAugust 11, 2009Category 4 hurricane1-minute sustained (SSHWS/NWS)Highest winds145 mph (230 km/h)Lowest pressure935 mbar (hPa); 27.61 inHgOverall effectsFatalitiesNoneDamageMinimalAreas affectedHawaiiIBTrACSPart of the 2009 Pacific hurricane season ...

American actress and performance artist Candis CayneCayne in 2010Born (1971-08-29) August 29, 1971 (age 52)Maui, Hawaii, U.S.[1]Occupation(s)Actress, performance artistYears active1995–presentPartnerMarco McDermott (2002–2010)Websitewww.candiscayne.com Candis Cayne[2] (born August 29, 1971) is an American actress and performance artist. Cayne performed in New York City nightclubs in drag since the 1990s,[3] and came out as transgender in 1996; Cayne c...

Australian equestrian Sharon Jarvis2016 Australian Paralympic team portraitPersonal informationBorn (1978-10-31) 31 October 1978 (age 45)SportCountryAustraliaSportPara-equestrian Medal record Equestrian World Equestrian Games 2010 Kentucky Individual Test Grade III 2010 Kentucky Freestyle Test Grade III Sharon Jarvis (born 31 October 1978) is an Australian para-equestrian. She represented Australia at the three Summer Paralympics - 2008 Beijing, 2016 Rio and 2020 Tokyo .[1] Perso...

This article's factual accuracy may be compromised due to out-of-date information. The reason given is: As of 2022 the company seems to be defunct. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (May 2022) Real Time RaceType(Limited company)IndustryComputer GraphicsFounded2003Key peopleChristopher Leigh, Chief ExecutiveDr Roderick Kennedy, Technology OfficerProductsiFlex and vFitNumber of employees10 ...

You can help expand this article with text translated from the corresponding article in Spanish. (January 2022) Click [show] for important translation instructions. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather than simply copy-pasting machine-translated text into the English Wikipedia. Consider adding a topic to this template: there are...

Menteri Badan Usaha Milik Negara IndonesiaLogo Kementerian Badan Usaha Milik Negara IndonesiaBendera Kementerian Badan Usaha Milik Negara IndonesiaPetahanaErick Thohirsejak 23 Oktober 2019Kementerian Badan Usaha Milik Negara IndonesiaDitunjuk olehPresiden IndonesiaPejabat perdanaTanri AbengDibentuk16 Maret 1998; 25 tahun lalu (1998-03-16)Situs webbumn.go.id Menteri Badan Usaha Milik Negara Indonesia, umumnya disingkat Menteri BUMN adalah kepala Kementerian Badan Usaha Milik Negara I...

У этого термина существуют и другие значения, см. Ноттингем (значения). Город и унитарная единицаНоттингемангл. Nottingham Герб 52°57′ с. ш. 1°09′ з. д.HGЯO Страна  Великобритания Графство Ноттингемшир Унитарная единица Сити-оф-Ноттингем История и география Основан...

College of the University of Oxford St Hilda's CollegeOxfordSouth BuildingArms: Azure, on a fess or three estoiles gules in chief two unicorns' heads couped, in base a coiled serpent argent.                 LocationCowley PlaceCoordinates51°44′57″N 1°14′43″W / 51.749162°N 1.245334°W / 51.749162; -1.245334Latin nameCollegium Sanctae HildaeMottonon frustra vixi (I lived not in vain)Established1893Named for...

Alexander Oroz Datos personalesNombre completo Alexander Antonio Oroz HuertaApodo(s) El Flecha[1]​Nacimiento San Bernardo, Chile15 de diciembre de 2002 (21 años)Nacionalidad(es) ChilenaAltura 1,71 m (5′ 7″)Peso 64 kg (141 lb)Carrera deportivaDeporte FútbolClub profesionalDebut deportivo 4 de abril de 2021(Deportes Iquique)Club Colo-ColoLiga Primera División ChilenaPosición DelanteroDorsal(es) 20Goles en clubes 9 (32 PJ)Entrenador Gustavo QuinterosTrayectoria ...