Die Maskareense eilande (Engels: Mascarene Islands, Frans: Mascareignes; ook bekend as Maskarene, die Maskarene-bekken of Maskarene-kom) is 'n eilandgroep wat deur die PortugeesPedro Mascarenhas (1484-1555) ontdek is. Volgens sommige bronne het hy dit in 1512 ontdek, terwyl ander bronne die datum as 1505 of 1510 aangee.
Die eilande is ongeveer 850 km ten ooste van Madagaskar in die Indiese Oseaan geleë en bestaan uit die FranseRéunion, Mauritius, Rodrigues en 'n vyftal ringeilande (atolle) en versonke eilande. Die eilande is van vulkaniese oorsprong. Dit het 'n unieke fauna en flora en vorm daarmee 'n aparte ekologiese streek.
Die eilande het tussen 35 miljoen en 7 miljoen jaar gelede ontstaan. Die noordelikste eiland is die oudste en is tot 'n ondersese berg geërodeer. Die jongste is die mees suidelike eiland, Mauritius.