Marthinus Philippus Prinsloo (22 Oktober1905 - 5 November1991) ook bekend as Mnr. Jukskei en Oom Prinsie Prinsloo was 'n senator, LV van Innesdal in Pretoria, lid van die Broederbond en 'n stigterslid en later voorsitter van die Suid-Afrikaanse Jukskeiraad.
Lewe
Prinsloo is gebore naby Barkly-Oos, Kaapprovinsie (tans die Oos-Kaap), as een van vier kinders van Jacobus en Elsie Prinsloo. Hy is op die ouderdom van vyf opgeneem in die Abraham Kriel-Kinderhuis in Langlaagte, Johannesburg.[2] Hy was 'n lidmaat en ouderling van NG Kerk Rietfontein-Noord. Hy is op 12 Augustus 1933 met Magdalena Catharina getroud en hulle het vyf kinders gehad.[3]
Hy was 'n magistraat in Johannesburg en het sy laerweteksamen in 1938 geslaag.[4]
Op 25 Oktober 1940 is die Jukskeiraad gestig, Prinsloo was 'n stigterslid en kry die bynaam "Mnr. Jukskei". Hy word later voorsitter van die raad en hy word vir meer as 13 agtereenvolgende jare verkies.
Prinsloo het in 18 Februarie 1970 begin staan as Nasionale Party-kandidaat vir die kiesafdeling Innesdal. Sy opponent was Jaap Marais,[5] en hy het ook as voorsitter van die Oos-Kaapse groepsgebiederaad in Port Elizabeth gedien. In 1975 word hy verkies in die parlement as 'n senator en het onder 3 presidente gedien, hy was in dié pos tot die ontbinding van die senaat in 1980 en het daarna onder John Vorster en President P.W. Botha in verskeie hoedanighede gedien, insluitend die klassifikasieraad.[2][6]
Sterfte
Op 20 Oktober 1991 het Prinsloo 'n ligte beroerte gehad, waarna hy saam sy vrou, in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria opgeneem is. Hy is op 5 November in die Renaissance-tehuis vir verswakte bejaardes aan nierversaking oorlede, en is uit die NG kerk Skuilkrans in Pretoria begrawe, hy is oorleef deur 5 kinders.[2]
Moderne tyd
Op 4 Januarie 2024 het RSG 'n dokumentêr vrygestel om 290 jaar van jukskei te vier, in die uitsending kan M.P. Prinsloo gehoor word.[7]
Foto's
Foto's van Marthinus Philippus Prinsloo
M.P. Prinsloo as jong man.
M.P. Prinsloo (voorste ry, middellinks) met die Noord-Transvaalse Jukskeibond.
Spotprent gemaak van M.P. Prinsloo deur Rapport 1972.