Maria van der Walt (noemnaam Rika, gebore Kruger, Middelburg, Transvaal, 15 Desember1922 – onbekend) was ’n sakevrou, staatsamptenaar en predikantsvrou.
Maria Kruger het haar opleiding aan die Potchefstroom Gimnasium ontvang. Ná skool het sy toegetree tot die staatsdiens, maar in 1953, toe sy nagenoeg 31 jaar oud was, ’n vennoot in Babs Kruger Modelrokfabriek geword. Daarna was sy besturende direkteur en eienaar van Babs Krugermodes, Pretoria. Intussen was sy ook voorsitster van die Gereformeerde Sustersorganisasie.