Margaret Roberts

Margaret Roberts
GeboreMargaret Joan Roberts
1937
Pretoria
Sterf4 Maart 2017 (op 80)
BeroepSkrywer, kruiedokter
NasionaliteitSuid-Afrika
Webwerf
margaretroberts.co.za
Die sogenaamde Rosa 'Margaret Roberts'.

Margaret Roberts (* 1937 - † 4 Maart 2017) was 'n Suid-Afrikaanse kruiedokter en skrywer van meer as 30 boeke oor kruie en verwante onderwerpe. Sy het haar landgenote (en mense oor die wêreld) vir bykans 35 jaar geïnspireer om tuine te skep, hul eetgewoontes te verander en natuurlike medisyne en plaagdoders te gebruik.

Die Margaret Roberts-kruiesentrum in De Wildt (naby Hartbeespoort, reg langs die jagluiperd-plaas) is na haar vernoem. Ludwig Taschner het ook een van sy rose na haar genoem. Haar naam is aan talle produkreekse gekoppel, insluitend toiletware, geskenke, kombuisware, skryfbehoeftes en tekstiele.[1] Sy was 'n gekwalifiseerde fisioterapeut en het 'n Laureaat-prys van die Universiteit van Pretoria ontvang.[2][3]

Haar dogter, Sandy Roberts, volg in haar voetspore.

Boeke

Margaret Roberts het meer as 30 boeke oor kruie en verwante onderwerpe geskryf.[2][4][5]

Afrikaanse boeke:

Engelse boeke:

  • A-Z of Herbs
  • The Essential Margaret Roberts: My 100 Favourite Herbs
  • Edible and Medicinal Flowers
  • Pregnancy and Child Care for Healthy Living
  • Healing Foods
  • The Forest Fairies and the Great Battle
  • Herbal Teas for Healthy Living
  • Herbal Beauty for Healthy Living
  • The Lavender Book
  • 100 Edible & Healing Flowers: Cultivating, Cooking, Restoring Health
  • Tissue Salts for Children: Babies, Tots, Teens

Verwysings

  1. Singh, Kavee. "'Doyenne of SA herb industry' Margaret Roberts passes away" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 4 Maart 2017.
  2. 2,0 2,1 "Margeret Roberts". The South African Journal of Natural Medicine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2016. Besoek op 2 September 2016.
  3. "Margaret Roberts" (in Engels). ageless.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 2 September 2016.
  4. "Margaret Roberts Herbal Centre" (in Engels). margaretroberts.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 2 September 2016.
  5. "Books by Margaret Roberts". amazon.com. Besoek op 2 September 2016.