Lewermos

Lewermosse
Fossil range: Bo-Devoons tot onlangs
"Hepaticae" uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904
"Hepaticae" uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904
Wetenskaplike klassifikasie
Ryk:Plantae
Afdeling:Marchantiophyta
Stotler & Stotl.-Crand., 1977 emend. 2000
Klasse and Ordes
HaplomitriopsidaJungermanniopsidaStotler & Stotl.-Crand., 1977MarchantiopsidaStotler & Stotl.-Crand., 1977

Die Marchantiophyta is 'n divisie van briofiete plante wat algemeen bekend staan as Hepaticae of lewermosse. Soos ander briofiete het hulle 'n gametofiet-dominante lewensiklus waarin selle van die plant 'n enkele stel genetiese inligting oordra.

Na raming is daar sowat 6 000 tot 8 000 lewermossoorte. Sommige van die meer bekende soorte groei as afgeplatte blaarlose tallusse, maar meeste soorte is blaarryk met 'n vorm wat baie aan 'n afgeplatte mos herinner. Blaarryke soorte kan betroubaar van oënskynlik soortgelyke mosse onderskei word deur hulle enkelsellige risoïedes. Ander verskille geld nie universeel vir alle mosse en lewermosse nie, maar die voorkoms van blare wat in drie range gerangskik is, die teenwoordigheid van diep lobbe of gesegmenteerde blare, of enige gebrek aan 'n duidelik gedifferensieerde stam en blare dui almal daarop dat die plant 'n lewermos is.

Die lewermosse (klas Hepaticae) vorm saam met die egte of blaarmosse (klas Musci) die afdeling Bryophyta (mosse). Die meeste lewermosse het 'n beperkte verspreiding, en hulle kom normaalweg in vogtige omgewings voor omdat hulle vir voortplanting van water afhanklik is. Lewermosse (klas Hepaticae) is klein, eenvoudig geboude mosplantjies. Daar word tussen tallusvormige en blaarvormige lewermosse onderskei.

Die tallusvormige plante is opgebou uit weefsel wat nie gedifferensieer is in stingel, wortels en blare nie, maar wat as ʼn veel lobbige tallus op die substraat lê. Die blaarvormige lewermosse het 'n duidelike stingel met blaaragtige aanhangsels. Laasgenoemde is ovaalvormig, is meestal net een sellaag dik en sonder die middelnerf soos wat dit by die blaarmosse aangetref word. Dit is daarom nie egte blare nie, en tegnies gesproke is die plantvorm ook 'n tallus.

Die "blaartjies" ontwikkel uit 'n enkele sel wat voortdurend in dieselfde rigting deel. Die wortelagtige aanhangsels (risoïede) wat die plante aan die substraat vasheg, is eensellig. Om uitdroging te voorkom, word slym veral aan die groeipunte afgeskei. Dikwels word daar in sekere selle olieliggame, met ander woorde konsentrasies eteriese olie, aangetref.

Voortplanting

Net soos by wiere (alge) en varings word 'n proses bekend as generasiewisseling by mosse aangetref. Die ongeslagtelike of sporofietgenerasie vorm spore wat ontkiem en aan 'n baie eenvoudige voorkiem of protonema (in teenstelling met die goed ontwikkelde protonema van die egte mosse) oorsprong gee. Die protonema ontwikkel normaalweg in ʼn enkele plantjie (dikwels meer as een by die egte mosse), wat dan as die geslagtelike of gametofietgenerasie bekend is.

Op die plantjie kom geslagsorgane in die vorm van anteridia (manlik) en argegonia (vroulik) voor. Dikwels word die anteridia en argegonia op aparte plante gedra. By tallusvormige lewermosse is die geslagsorgane ingesink en deur 'n tallusplooi (periant) omring, terwyl die blaarvormige lewermosse gesteelde voortplantingsorgane ontwikkel wat deur 'n periant van gekrulde blaartjies omring is. In die anteridia word spermselle of spermatosoïede, elk met twee flagellums (sweephare) gevorm.

Met die flagellums swem die sperm selle deur 'n laag water na die argegonia, waar chemiese stowwe afgeskei word wat die spermselle aantrek. Water is dus noodsaaklik vir voortplanting. In die argegonia vind bevrugting plaas en die sigoot, wat gevorm word deur die samesmelting van ʼn eier- en 'n spermsel, is die begin van die sporofietgenerasie. Dit ontwikkel in 'n embrio, wat weer aan 'n sporogonium (spoorkapsel) oorsprong gee.

Die sporogonium, met ander woorde die hele sporofietgenerasie, bly in die argegonium totdat die spore ryp is, waarna dit deur die wand van die argegonium breek en oopbars en die spore vrygelaat word (by die egte mosse het die sporogonium 'n dekseltjie waardeur die spore ontsnap). Die verspreiding van die spore word aangehelp deur elaters (dun selle met spiraalvormige selwandverdikkings). Wanneer die elaters uitdroog, trek hulle skielik oneweredig saam en skiet so die spore uit.

Van bevrugting af het alle selle ʼn diploïede getal chromosome, met ander woorde twee keer soveel as die selle van die gametofietgenerasie, en die sigoot en wat daarop volg, staan daarom bekend as die sporofietgenerasie. By die vorming van sperm- en eierselle in die anteridia en argegonia vind meiose (seldeling) plaas, waar die chromosoomgetal gehalveer word. Dit is die begin van die gametofietgenerasie. Die helfte van die diploïede getal chromosome is bekend as die haploïede getal. Ongeslagtelike voortplanting kan ook voorkom deurdat broeiknoppe op die tallus vorm. In 'n stadium breek hierdie knoppe af, wat dan in nuwe plante van die gametofietgenerasie kan ontwikkel.

Klassifikasie

Die lewermosse word meestal in 5 ordes ingedeel. Die tallusvormige Spaerocarpales is hoofsaaklik klein, plat plantjies. Die vroulike plante kan tot 10 keer so groot as die manlike plantjies wees en die voortplantingsorgane is deur groot, flesvormige organe (involucra) omring. Een van die families van hierdie orde is die Riellaceae, waterplante wat op die bodems van damme leef.

Die tallus van die Marchantiales is vurksgewys vertak, en aan die onderkant daarvan kom meestal ʼn groot aantal skubbe en risoïede voor. By baie spesies van die Marehantiaceae het die voortplantingsorgane redelike lang stele. In die geval van Marchantia polymorpha is die argegonia aan die onderkant van sambreelvormige strukture ingesink. Verskeie Riccia-spesies behoort ook tot die orde, wat meestal naby water of selfs in water groei.

Riccia fluitans is byvoorbeeld 'n soort wat dikwels in akwariums geplant word. Die orde Metzgeriales word hoofsaaklik op grond van die bou van die sporogonium en die wyse waarop dit oopspring van die vorige orde onderskei. Verreweg die meeste soorte lewermosse (ongeveer 8 000 uit ʼn totaal van 8500) behoort tot die orde Jungermanniales. Die groep is blaarvormige lewermosse met vertakte stingels wat in vogtige omgewings op die grond of teen boomstamme groei. Die orde Anthocerotales word as die hoogste ontwikkelde groep lewermosse beskou.

Een van die redes is dat die sporofiet chlorofil bevat en self sy voedingstowwe kan bekom. Dit parasiteer dus nie op die gametofiet soos die ander lewermosse nie. Verder kom daar, soos by die groenalge, styselliggaampies (pirenoïede) in die selle van hierdie plante voor. In die rosetvormige tallus van die meeste spesies is talryke lugkamers wat met slym gevul is en waarin blougroenalge van die genus Nostoc voorkom. Die alge gee die plante 'n donkergroen, glansende voorkoms.

Die kiemplantjies van verskeie Anthocerotales lyk baie soos klein grasplantjies. Lewermosse het oor die algemeen geen direkte ekonomiese nut vir die mens nie, maar het, soos alle organismes, hulle ekologiese rol in die natuur. Baie dien as voedselbron vir diere, terwyl sommige 'n belangrike rol speel in die verrottingsproses.

Kyk ook

Bronne

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409583 band
  • Crandall-Stotler, Barbara. & Stotler, Raymond E. "Morphology and classification of the Marchantiophyta". page 63 in A. Jonathan Shaw & Bernard Goffinet (Eds.), Bryophyte Biology. (Cambridge: Cambridge University Press:2000). ISBN 0-521-66097-1.
  • Forrest, Laura L., Davis, E. Christine, Long, David, G., Crandall-Stotler, Barbara J., Clark, Alexandra & Hollingsworth, Michelle L. 2006. "Unraveling the evolutionary history of the liverworts (Marchantiophyta): multiple taxa, genomes and analyses." The Bryologist 109(3): 303-334.

Read other articles:

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. Iván Pillud Informasi pribadiNama lengkap Iván Alexis PilludTanggal lahir 24 April 1986 (umur 37)Tempat lahir Capitán Bermúdez, ArgentinaTinggi 178 m (584 ft 0 in)Posisi bermain BekInformasi klubKlub saat ini Racing ClubNomor 2...

 

Ilulissat JakobshavnKota(Dari kiri atas ke kanan bawah)Lingkungan di kawasan Illumiut, kota tua, Ilulissat Icefjord, Museum Knud Rassmussen, Gereja Sion Lambang kebesaranIlulissatLokasi di GreenlandTampilkan peta GreenlandIlulissatIlulissat (Amerika Utara)Tampilkan peta Amerika UtaraKoordinat: 69°13′N 51°06′W / 69.217°N 51.100°W / 69.217; -51.100Koordinat: 69°13′N 51°06′W / 69.217°N 51.100°W / 69.217; -51.100Negara Kerajaan ...

 

Ghanaian university This article is about the university in Ghana. For the university in Virginia, United States, see Radford University. For the school in Australia, see Radford College. Radford University CollegeMottoDetermination,Endurance and AchievementTypePrivateEstablished2009 (2009)FounderNana Worae WireduPresidentDr. Paul Effah Radford University College is a private university in East Legon, Accra, Ghana.[1] It is affiliated with Kwame Nkrumah University of Science and ...

Синелобый амазон Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:ЗавропсидыКласс:Пт�...

 

American nonprofit publishing organization Women's Institute for Freedom of the Press (WIFP)LocationWashington, D.C., United States Women's Institute for Freedom of the Press (WIFP) is an American nonprofit publishing organization that was founded in Washington, D.C. in 1972. The organization works to increase media democracy and strengthen independent media. Basic information WIFP was founded in 1972 by Donna Allen in Washington, DC. She was an economist, historian, and civil rights activist...

 

Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article contient une ou plusieurs listes (avril 2021). Ces listes gagneraient à être rédigées sous la forme de paragraphes synthétiques, plus agréables à la lecture, les listes pouvant être aussi introduites par une partie rédigée et sourcée, de façon à bien resituer les différents items.D'autre part, Wikipédia n'a pas pour rôle de constituer une base de données et privilégie un contenu ency...

ХристианствоБиблия Ветхий Завет Новый Завет Евангелие Десять заповедей Нагорная проповедь Апокрифы Бог, Троица Бог Отец Иисус Христос Святой Дух История христианства Апостолы Хронология христианства Раннее христианство Гностическое христианство Вселенские соборы Н...

 

1991 battle of the Croatian War of Independence Battle of LogorištePart of the Croatian War of IndependenceLogorišteDuga ResaLogorište on the map of Croatia. JNA-held area in late December 1991 is highlighted red.Date4–6 November 1991LocationDuga Resa, CroatiaResult Successful evacuation of the barracks by the YPABelligerents  Croatia Yugoslav People's Army SAO KrajinaCommanders and leaders Izidor Češnjaj Rudolf Brlečić Nedjeljko Katušin Mirko Raković Boro ErcegovacStrength Un...

 

Bandar Sri Permaisuri adalah sebuah kota kecil baru di Cheras, Kuala Lumpur, Malaysia. Kota ini terletak dekat Bandar Tun Razak dan Salak South. Kota ini dibuka untuk perumahan penduduk pada tahun 2000. Bandar Sri Permaisuri terletak dekat Pusat Perubatan Universiti Kebangsaan Malaysia. lbsKuala LumpurDivisi DBKL Damansara Seputeh Segambut Kepong Wangsa Maju Pusat Kota Kuala Lumpur Setiawangsa Bandar Tun Razak Sungai Besi Konstituensi Parlemen Bandar Tun Razak Batu Bukit Bintang Cheras Kepong...

Disambiguazione – Rete Tre rimanda qui. Se stai cercando il programma televisivo di Rai 1 del 1976, vedi Rete tre (programma televisivo). RSI Rete TrePaese Svizzera LinguaItaliano Data di lancio1988 EditoreRSI Sito webwww.rsi.ch/rete-tre/ DiffusioneTerrestreFMSvizzera italiana SRG DABSvizzeraItalia (Lombardia) SatellitareTivùsatEutelsat Hot Bird 13CRete Tre (DVB-S2 · FTA)11526 - H - 29700 - 2/3Canale 1083 Streaming webPlay RSIIn formato RA e WMA Modifica dati su Wikidat...

 

この項目には、一部のコンピュータや閲覧ソフトで表示できない文字が含まれています(詳細)。 数字の大字(だいじ)は、漢数字の一種。通常用いる単純な字形の漢数字(小字)の代わりに同じ音の別の漢字を用いるものである。 概要 壱万円日本銀行券(「壱」が大字) 弐千円日本銀行券(「弐」が大字) 漢数字には「一」「二」「三」と続く小字と、「壱」「�...

 

Overview of the history of nanotechnology Part of a series of articles onNanotechnology History Organizations Popular culture Outline Impact and applications Nanomedicine Nanotoxicology Green nanotechnology Hazards Regulation Nanomaterials Fullerenes Carbon nanotubes Nanoparticles Molecular self-assembly Self-assembled monolayer Supramolecular assembly DNA nanotechnology Nanoelectronics Molecular scale electronics Molecular logic gate Nanolithography Moore's law Semiconductor device fabricati...

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

 

Questa voce o sezione sull'argomento calciatori è priva o carente di note e riferimenti bibliografici puntuali. Sebbene vi siano una bibliografia e/o dei collegamenti esterni, manca la contestualizzazione delle fonti con note a piè di pagina o altri riferimenti precisi che indichino puntualmente la provenienza delle informazioni. Puoi migliorare questa voce citando le fonti più precisamente. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Mario Melchiot Melchiot nel 2007 Nazionalit...

 

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

Hunab Ku (Mayan pronunciation: [huˈnaɓ kʼu], standard Yucatec Mayan orthography: Junab K'uj) is a colonial period Yucatec Maya reducido term meaning The One God. It is used in colonial, and more particularly in doctrinal texts, to refer to the Christian God. Since the word is found frequently in the Chilam Balam of Chumayel, a syncretistic document heavily influenced by Christianity, it refers specifically to the Christian God as a translation into Maya of the Christian concept of ...

 

Musée Paul et Alexandra KanellopoulosInformations généralesSite web (el + en) pacf.gr/enLocalisationLocalisation dème des Athéniens GrèceCoordonnées 37° 58′ 22″ N, 23° 43′ 33″ Emodifier - modifier le code - modifier Wikidata Le musée Paul et Alexandra Kanellopoulos (grec moderne : Μουσείο Παύλου και Αλεξάνδρας Κανελλοπούλου) est un musée d'antiquités situé à Athènes, en Grèce....

 

Office skyscraper in Manhattan, New York 250 Vesey StreetGeneral informationTypeOffice (Merrill Lynch)Location250 Vesey StreetNew York City, NY 10281, United StatesCoordinates40°42′51″N 74°00′58″W / 40.71417°N 74.01611°W / 40.71417; -74.01611Construction started1984Completed1986OwnerBrookfield PropertiesHeightRoof500 ft (150 m)Technical detailsFloor count34Floor area1,800,000 sq ft (170,000 m2)Design and constructionArchitect(s)Ces...

Brazilian footballer (1937–1973) In this Portuguese name, the first or maternal family name is Moraes and the second or paternal family name is de Albuquerque. Almir Pernambuquinho Personal informationFull name Almir Moraes de AlbuquerqueDate of birth (1937-10-28)28 October 1937Place of birth Recife, BrazilDate of death 6 February 1973(1973-02-06) (aged 35)Place of death Rio de Janeiro, BrazilPosition(s) ForwardSenior career*Years Team Apps (Gls)1956 Sport Recife 1957–1960 Vasco ...

 

Terra del fiume Seha nell'Anatolia occidentale Terra del fiume Seha fu il nome ittita di un regno del XIV secolo a.C., situato nell'Anatolia occidentale e abitato da una popolazione di stirpe Arzawa. Non essendoci giunto alcun testo redatto dai suoi abitanti, non abbiamo idea di come essi stessi chiamassero il proprio paese. Il fiume che gli Ittiti chiamarono Seha è di incerta identificazione ma, data la posizione di questo territorio, che sappiamo essere stato confinante col regno di Wilusa...