Die Langstertroofmeeu (Stercorarius longicaudus) is 'n voël wat 'n somer besoeker is aan die Suid-Afrikaanse kus. Die voël is skaars naby land en staan in Engels bekend as die Long-tailed jaeger.
Voorkoms
Die voël het 'n vlerkspan van 1 - 1.1 m, word tot 38 cm lank en weeg 250 - 400 gram.