'n Laer is 'n toestel wat beperkte beweging tussen twee dele moontlik maak, tipies draai- en lineêre beweging. Laers kan breedweg geklassifiseer word volgens die bewegings wat hulle toelaat, volgens hul beginsel van werking asook volgens die rigting waarop die las op die laers uitgeoefen word.
Wrywing
Laers met 'n lae wrywing is dikwels baie belangrik vir doeltreffendheid, om verwering te verminder en om hoë snelhede moontlik te maak. In wese kan 'n laer wrywing verminder deur sy vorm, die materiaal waaruit dit vervaardig is of deur 'n vloeier tussen twee oppervlaktes in te voer en daar te hou.
Deur vorm, voordeel word verkry deur gebruik te maak van sfere of rollers.
Deur materiaal, buit die spesifieke eienskappe van 'n materiaal uit ('n voorbeeld hiervan sal die gebruik van teflon in laers wees).
Deur vloeier, benut die lae viskositeit van 'n vloeierlaag soos 'n smeerolie of saamgeperste gas om die bewegende dele uitmekaar te hou.
Deur velde, maak gebruik van elektromagnetiese velde, soos magnetiese velde om die onderdele uitmekaar te hou.
Kombinasies hiervan kan selfs ingespan word in 'n enkele laer. 'n Voorbeeld hiervan is waar 'n koeëllaar vervaardig word uit 'n spesiale polimeer soos teflon wat dan die materiaal en vorm gelyktydig benut.
Beginsel van werking
'n Paar algemene beginsel van werking is:
Glylaers
Rol-elementlaers soos koeëllaers
Vloeierlaers waar die lading deur 'n gas of vloeistof gedra word
Magnetiese laers waar die lading deur 'n magnetiese veld gedra word
Ladings
Laers wissel baie ten opsigte van die kragte en snelhede wat hulle kan verduur.
Die kragte kan aksiaal of loodreg op die as voorkom.
Snelhede
Laers wat die relatiewe beweging van twee oppervlakke behels het gewoonlik 'n beperking op hoe vinnig hulle kan beweeg.
Vir rollaers word die vermoë gewoonlik uitgedruk in terme van die produk se 'DN' waar D die deursnee is (dikwels in mm) en N die draaisnelheid is in omwentelinge per minuut.
Daar bestaan gewoonlik 'n oorvleueling ten opsigte van laers se vermoëns waar gewone glylaers die laagste snelhede kan hanteer, rollaers kan vinniger bewegings hanteer, gevolg deur vloeierlaers met magnetiese laer wat uiters hoë snelhede kan hanteer.
Lewensduur
Vloeier- en magnetiese laers kan potensieel 'n onbeperkte lewensduur hê. Rollaers se lewensduurte word bepaal deur die lading, temperatuur, onderhoud, vibrasie, smering en ander faktore. Gewone laers se lewensduurte hang dikwels af van die materiaal waarvan hulle vervaardig is.
Onderhoud
Baie laers vereis periodieke onderhoud om voortydige faling te verhoed. Sommige vloeier- en magnetiese laers vereis egter baie min onderhoud. Baie laers wat voortdurend in gebruik is vereis gereelde smering en skoonmaak en mag ook verstellings vereis om die verwering te verminder.