Die Kungwini Plaaslike Munisipaliteit was een van die plaaslike munisipaliteite in die Metsweding-distriksmunisipaliteit in Gauteng, Suid-Afrika. Na afloop van die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 is die Metsweding-distriksmunisipaliteit en die plaaslike munisipaliteite daaronder ontbind en by Stad Tshwane ingelyf.