Koronavirus

Koronavirus (Orthocoronavirinae)
Klassifikasie en eksterne bronne
Voorstelling van COVID-19 virioon
Voorstelling van COVID-19 virioon
ICD-10 U07.1
eMedicine viral/
Mediese waarskuwing

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Koronavirusse is 'n groep virusse wat siektes by soogdiere en voëls veroorsaak. By mense veroorsaak die virusse respiratoriese infeksies – insluitend gewone verkoue – wat gewoonlik lig is. Vorme van mediese belang is die Ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS), Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MORS) en nuwe koronavirus wat die dodelike Koronavirussiekte-2019 veroorsaak en die Wuhan-koronavirus-uitbraak van 2019 tot 2022 meegebring het. By beeste en varke veroorsaak koronavirusse diarree. By hoenders veroorsaak dit 'n boonste respiratoriese siekte. Daar is geen entstowwe of antivirale middels wat goedgekeur is vir voorkoming of behandeling nie.

Koronavirusse is virusse in die subfamilie Orthocoronavirinae in die familie Coronaviridae, in die orde Nidovirales.[1][2]

Koronavirusse word beskryf as omhulde virusse met 'n positiewe sin, enkelstring, RNS-genoom en met 'n nukleokapsied van heliese simmetrie.

  • Positiewe sin beteken dat 'n spesifieke virale RNS-volgorde direk vertaal kan word in die gewenste virale proteïene. Daarom kan die virale RNS-genoom onmiddellik deur die gasheersel vertaal word.
  • Enkelstring beteken net die een helfte van die bekende dubbele heliksstruktuur van DNS.
  • nukleokapsied is die proteïenbedekking van 'n virus se kern.

Die genomiese grootte (die totale hoeveelheid DNS wat in een eksemplaar van 'n volledige genoom bestaan) van die koronavirus wissel van ongeveer 26 tot 32 kilobase, die grootste vir 'n RNS-virus.

Die term "koronavirus" is afgelei van die Latynse corona, wat "kroon" beteken en verwys na die kenmerkende voorkoms van die virusdeeltjies (virione): hulle het 'n rand wat aan 'n koninklike kroon of die son se korona herinner.

Oordrag

Die oordrag van koronavirusse van mens tot mens vind vermoedelik hoofsaaklik plaas in situasies van noue kontak, deur asemhalingsdruppels wat gegenereer word tydens nies of hoes.[3]

Menslike koronavirus

Daar word geglo dat koronavirusse 'n beduidende persentasie van alle verkoues by volwassenes en kinders veroorsaak. Koronavirusse veroorsaak verkoue met erge simptome, bv. koors, geswelde adenoïede in die keel, veral by mense in die winter- en vroeë lente-seisoene.[4] Koronavirusse kan longontsteking veroorsaak, hetsy direkte virale longontsteking of 'n sekondêre bakteriële longontsteking, en dit kan ook brongitis veroorsaak, hetsy direkte virale brongitis of 'n sekondêre bakteriële brongitis.[5] Die bekendste menslike koronavirus wat in 2003 ontdek is, EARS-CoV, wat ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS) veroorsaak, het 'n unieke patogenese omdat dit infeksies in die boonste en onderste lugweë veroorsaak.[5]

Daar is sewe stamme van menslike koronavirus bekend:

  1. Menslike koronavirus 229E (HCoV-229E)
  2. Menslike koronavirus OC43 (HCoV-OC43)
  3. Ernstige akute respiratoriese sindroomverwante koronavirus (EARS-CoV)
  4. Menslike koronavirus NL63 (HCoV-NL63, New Haven koronavirus)
  5. Menslike koronavirus HKU1
  6. Midde-Oosterse respiratoriese sindroomverwante koronavirus (MORS-CoV) (voorheen bekend as die nuwe Koronavirus 2012 en HCoV-EMC)
  7. Nuwe koronavirus (EARS-KoV-2),[6][7] aanvanklik bekend as Wuhan-koronavirus.[8] Die siekte wat die koronavirus EARS-KoV-2 veroorsaak word COVID-19 genoem.

Die koronavirusse HCoV-229E, -NL63, -OC43 en -HKU1 sirkuleer voortdurend in die menslike bevolking en veroorsaak respiratoriese infeksies by volwassenes en kinders wêreldwyd.[9]

Ontdekking

Koronavirusse is in die 1960's ontdek.[10] Die vroegste wat ontdek is, was 'n aansteeklike brongitisvirus by hoenders en twee virusse uit die neusholtes van menslike pasiënte met die gewone verkoue wat later die menslike koronavirus 229E en die menslike koronavirus OC43 genoem is.[11] Ander lede van hierdie familie is sedertdien geïdentifiseer, waaronder EARS (SARS-CoV) in 2003, HCoV NL63 in 2004, HKU1 in 2005, Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MERS-CoV) in 2012, en EARS-KoV-2 in 2019; die meeste hiervan was betrokke by ernstige lugweginfeksies.

Naam en morfologie

Die naam "koronavirus" is afgelei van die Latynse "corona" en die Griekse κορώνη (korṓnē, "krans"), wat kroon beteken. Dit verwys na die kenmerkende voorkoms van virione (die infektiewe vorm van die virus) gesien onder elektronmikroskopie, wat 'n rand van groot, bolvormige oppervlakprojeksies het, wat 'n beeld skep wat herinner aan 'n koning se kroon of die son se korona. Hierdie morfologie word geskep deur die virale "pieke" (S) peplomere, wat proteïene is wat die oppervlak van die virus bevolk en gasheer-tropisme bepaal. (Gasheer-tropisme verduidelik waarom die meeste patogene slegs 'n beperkte reeks gasheerorganismes kan besmet.)

Proteïene wat bydra tot die algehele struktuur van alle koronavirusse is die "pieke" (S), omhulsel (E), membraan (M) en nukleokapsied (N). In die spesifieke geval van die EARS-koronavirus, bemiddel 'n gedefinieerde reseptor-bindende domein op S die binding van die virus aan sy sellulêre reseptor, angiotensienomskakelende ensiem 2 (ACE2).[12] (ACE2 kataliseer die omskakeling van angiotensien, het 'n direkte uitwerking op die hartfunksie en word hoofsaaklik uitgedruk in vaskulêre endoteliale selle van die hart en die niere.) Sommige koronavirusse (spesifiek die lede van Betakoronavirus subgroep A, een van die vier genera van koronavirus) het ook 'n korter aarvormige proteïen genaamd hemaglutinienesterase (HE), wat gebruik word as 'n indringingsmeganisme.[1]

Let Wel

In die Ensiklopedie van die Wêreld, Kritzinger e.a. se Verklarende Afrikaanse Woordeboek en Pharos se Groot Woordeboek word die woord korona met 'n c gespel, dus corona.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 de Groot RJ, Baker SC, Baric R, Enjuanes L, Gorbalenya AE, Holmes KV, Perlman S, Poon L, Rottier PJ, Talbot PJ, Woo PC, Ziebuhr J (2011). "Family Coronaviridae". In AMQ King, E Lefkowitz, MJ Adams, EB Carstens (reds.). Negende verslag van die Internasionale Komitee vir Taksonomie van Virusse (in Engels). Elsevier, Oxford. pp. 806–828. ISBN 978-0-12-384684-6.
  2. ICTV Meesterlys van Spesies 2009 – v10 (Engels) (xls). Internasionale Komitee vir Taksonomie van Virusse (24 Augustus 2010).
  3. Die oordrag van die nuwe Koronavirus(2019-nCoV) | CDC (Engels). www.cdc.gov (31 Januarie 2020). URL besoek op 3 Februarie 2020.
  4. Liu, P; Shi, L; Zhang, W; He, J; Liu, C; Zhao, C; Kong, SK; Loo, JF; Gu, D; Hu, L (November 2017). "Voorkoms en genetiese diversiteitsanalise van menslike koronavirusse onder kinders wat grense oorsteek het". Virology Journal (in Engels). 14 (1): 230. doi:10.1186/s12985-017-0896-0. PMC 5700739. PMID 29166910.
  5. 5,0 5,1 Forgie, S; Marrie, TJ (Februarie 2009). "Atipiese longontsteking wat met gesondheidsorg geassosieer word". Seminars in Respiratory and Critical Care Medicine (in Engels). 30 (1): 67–85. doi:10.1055/s-0028-1119811. PMID 19199189.
  6. "Laboratoriumtoetse van gevalle van nuwe koronavirus (nCoV)-infeksie deur mense vermoed. Tussentydse leiding, 10 Januarie 2020" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 3 Februarie 2020.
  7. "Nuwe Koronavirus 2019, Wuhan, China | CDC". www.cdc.gov (in Engels). 23 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 3 Februarie 2020.
  8. "Longontsteking van onbekende oorsaak - China" (in Engels). World Health Organization. 5 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 3 Februarie 2020.
  9. Corman, VM; Muth, D; Niemeyer, D; Drosten, C (2018). "Gasheer en bronne van endemiese menslike Koronavirusse". Advances in Virus Research (in Engels). 100: 163–188. doi:10.1016/bs.aivir.2018.01.001. ISBN 978-0-12-815201-0. PMID 29551135.
  10. Koronavirus: Algemene simptome, voorkomende maatreëls en hoe om dit te diagnoseer (Engels). Caringly Yours (28 Januarie 2020). URL besoek op 3 Februarie 2020.
  11. Geller, C; Varbanov, M; Duval, RE (November 2012). "Menslike koronavirusse: insigte in weerstand in verband met die omgewing en die invloed daarvan op die ontwikkeling van nuwe antiseptiese strategieë". Viruses (in Engels). 4 (11): 3044–3068. doi:10.3390/v4113044. PMC 3509683. PMID 23202515.
  12. Li, F; Li, W; Farzan, M; Harrison, SC (September 2005). "Struktuur van die SARS-koronavirus-reseptor-bindende domein, kompleks met die reseptor". Science (in Engels). 309 (5742): 1864–1868. Bibcode:2005Sci...309.1864L. doi:10.1126/science.1116480. PMID 16166518.

Eksterne skakels

Read other articles:

Frankenstein vs. BaragonPoster rilis teatrikalNama lainNama JepangKanji フランケンシュタイン対地底怪獣バラゴン TranskripsiRevised HepburnFurankenshutain tai Chitei Kaijū Baragon SutradaraIshirō HondaProduser Tomoyuki Tanaka SkenarioTakeshi KimuraCeritaReuben Bercovitch[1]Jerry Sohl[1]Pemeran Nick Adams Kumi Mizuno Tadao Takashima Penata musikAkira IfukubeSinematograferHajime KoizumiSadamasa ArikawaPenyuntingRyohei FujiiPerusahaanproduksiToho Co...

 

 

Phrase used by Neville Chamberlain For other uses, see Peace in Our Time. Neville Chamberlain showing the Anglo-German Declaration (the resolution) to commit to peaceful methods signed by both Hitler and himself, at Heston Aerodrome, on his return from Munich on 30 September 1938 Chamberlain's return to the UK after Munich Neville Chamberlain speaks to the crowd upon arrival at Heston Aerodrome, 30 September 1938. Problems playing this file? See media help. Peace for our time was a declaratio...

 

 

هذه المقالة بحاجة لصندوق معلومات. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة صندوق معلومات مخصص إليها. خريطة تبين دول حوض النيل مبادرة حوض النيل، هي اتفاقية تضم مصر، السودان، أوغندا، إثيوبيا، الكونغو الديمقراطية، بوروندي، تنزانيا، رواندا، كنيا، اريتريا.[1] وفي فبراير 1999 ت...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (مارس 2019) سفارة السويد في الولايات المتحدة السويد الولايات المتحدة   الإحداثيات 38°54′05″N 77°03′32″W / 38.901469°N 77.058856°W / 38.901469; -77.058856  البلد الولايات المتحد...

 

 

Buku Harian Seorang IstriGenre Drama Roman SkenarioSerena LunaCeritaSerena LunaSutradaraMaruli AraPemeran Zoe Jackson Cinta Brian Antonio Blanco Jr. Rangga Azof Hana Saraswati Penggubah lagu tema Agnez Mo Sandy Canester Lagu pembukaCoz I Love You oleh Agnez MoLagu penutupCoz I Love You oleh Agnez MoPenata musikLaurensius StevenNegara asalIndonesiaBahasa asliBahasa IndonesiaJmlh. musim1Jmlh. episode800ProduksiProduserDavid S. SuwartoSinematografiBob Emilio PareraPenyunting Danny A.W. Al...

 

 

This article is about the capital city of Morelos. For the municipality with the same name, see Cuernavaca Municipality. City and municipality in Morelos, MexicoCuernavaca CuauhnāhuacCity and municipalityFrom top, left to right: Train bridge in the Chapultepec Ecological Park, Kiosk in Jardín Juárez, Chapel of Our Lady of Mount Carmel, Inner courtyard of the Robert Brady Museum, Restaurant Alondra (Historic Center), El Castillito, Side facade of the entrance to Villa Cuauhnáhuac, Chapite...

Practice of having casual sex frequently with different partners Promiscuous redirects here. For other uses, see Promiscuous (disambiguation). Promiscuity is the practice of engaging in sexual activity frequently with different partners or being indiscriminate in the choice of sexual partners.[1] The term can carry a moral judgment. A common example of behavior viewed as promiscuous by many cultures is the one-night stand, and its frequency is used by researchers as a marker for promi...

 

 

American singer-songwriter For the American actor, see Tony Moran (actor). This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especia...

 

 

dr. H.La Ode Muhammad BaharuddinM.Kes. Bupati Muna ke-11Masa jabatan15 September 2010 – 15 September 2015WakilMalik Ditu PendahuluRidwan BaePenggantiMohammad Zayat Kaimoeddin (pj.) Informasi pribadiLahir(1957-07-10)10 Juli 1957 Raha, Sulawesi TenggaraMeninggal13 Mei 2021(2021-05-13) (umur 63)Makassar, Sulawesi SelatanKebangsaanIndonesiaSunting kotak info • L • B dr. H. La Ode Muhammad Baharuddin, M.Kes. (10 Juli 1957 – 13 Mei 2021) adalah Bupa...

Contracting formerly internal tasks to an external organization Not to be confused with Offshoring. Outsourcing is the act of a company relying on an external provider for a business process that otherwise would be internal. Generally, it involves an agreement in which one company hires another company to be responsible for a planned or existing activity which otherwise would be carried out internally,[1][2] a.k.a. in-house,[3] Outsourcing sometimes involves transferri...

 

 

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: コルク – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年4月) コルクを打ち抜いて作った瓶の栓 コルク(木栓、�...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Prophète (homonymie). Prophète, au féminin prophétesse, est un mot provenant du latin et emprunté au grec ancien προφήτης / prophḗtēs, « interprète de la parole divine »[1]. Au côté de ce sens littéral toujours actuel[2], le mot peut de nos jours aussi désigner « celui ou celle qui prédit l’avenir, prétend révéler des vérités cachées au nom d’un dieu dont il se dit inspiré »[3]. Le sens du mot dan...

Grotte di Beatrice CenciAccesso alle grotteStato Italia Regione Abruzzo Province L'Aquila ComuniCappadocia Profondità96 m Lunghezza200 m Coordinate42°01′15.96″N 13°15′45.72″E / 42.0211°N 13.2627°E42.0211; 13.2627Coordinate: 42°01′15.96″N 13°15′45.72″E / 42.0211°N 13.2627°E42.0211; 13.2627 Grotte di Beatrice Cenci Modifica dati su Wikidata · Manuale Le grotte di Beatrice Cenci sono un complesso di grotte ca...

 

 

Lippo CentreInformasi umumStatusSelesaiJenisPerkantoran komersialLokasiShenton Way, SingapuraRampung1990Biaya$35 jutaTinggiAtap150 m (490 ft)Data teknisJumlah lantai34Lift12Desain dan konstruksiArsitekRaymond Woo and Associates ArchitectsReferensi[1][2][3] Lippo Center adalah pencakar langit setinggi 150 m (490 ft) yang terletak di 78 Shenton Way di Downtown Core, Singapura. Gedung berlantai 34 ini selesai dibangun tahun 1990. Lippo Center dan The G...

 

 

Cette page concerne l'année 1865 (MDCCCLXV en chiffres romains) du calendrier grégorien. Chronologies 31 janvier : adoption du treizième amendement de la Constitution des États-Unis.Données clés 1862 1863 1864  1865  1866 1867 1868Décennies :1830 1840 1850  1860  1870 1880 1890Siècles :XVIIe XVIIIe  XIXe  XXe XXIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, B...

Robert NellerPotret Resmi Jenderal Neller 2015Lahir9 Februari 1953 (umur 71)Camp Polk, Louisiana, U.S.Pengabdian United StatesDinas/cabang Korps Marinir Amerika SerikatLama dinas1975–sekarangPangkatJenderalKomandanKomandan Korps MarinirKomando Pasukan Korps Marinir Amerika SerikatUniversitas Korps MarinirDivisi Marinir ke-3Perang/pertempuranOperasi Restore HopeInvasi Amerika Serikat ke PanamaPerang IrakPenghargaanDefense Distinguished Service MedalLegion of MeritBronze S...

 

 

YakutСахаJumlah populasi480,000–510,000Daerah dengan populasi signifikan Rusia478,085 (2010)[1] Tiongkok2,820 (2010 census)[2] Kazakhstan415 (2009 census)[3][4] Ukraina304 (2001 census)[5]BahasaYakut, RusiaAgamaOrtodoks Rusia, SyamanismeKelompok etnik terkaitTurkic people Orang Yakut sedang menari dengan pakaian tradisional Yakut adalah kelompok orang atau bagian penduduk Turki[6] yang merupakan penduduk utama di Republ...

 

 

La cartina di Israele avvolta dai colori della bandiera arcobaleno. All'interno dello Stato d'Israele i diritti concessi alle persone lesbiche, gay, bisessuali e transgender (LGBT) sono i più ampi e sviluppati di tutta l'Asia[1]. Il diritto comune garantisce oramai alle coppie omosessuali la maggior parte dei diritti matrimoniali ufficialmente riconosciuti alle coppie eterosessuali, anche se la piena ufficialità del matrimonio omosessuale non è ancora stata sancita. Tuttavia, vengo...

Antirrhinum majus Antirrhinum majus 'Rocket Orchid' Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae (tanpa takson): Tracheophyta (tanpa takson): Angiospermae (tanpa takson): Eudikotil (tanpa takson): Asterid Ordo: Lamiales Famili: Plantaginaceae /Veronicaceae[1] Genus: Antirrhinum Spesies: A. majus Nama binomial Antirrhinum majusL. Bunga mulut singa (Antirrhinum majus; bahasa Inggris: Snapdragon) adalah spesies tanaman berbunga yang termasuk dalam genus Antirrhinum. Tanaman itu ditempa...

 

 

Decree of punishment in law Sentencing redirects here. For the episode, see Sentencing (The Wire). This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) The examples and perspective in this article deal primarily with the United Kingdom and do not represent a worldwide view of the subject. You may improve this article, discuss the issue on the talk page, or create a new article, as appropriate....