Koopmansfontein is 'n spoorweghalte en klein nedersetting op die R31-provinsiale pad in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is moontlik vernoem na 'n Griekwa met die naam van Koopman. Die nedersetting is sowat 20 km noordwes van Ulco.