Die Koninkryk Hawaii (Engels: Kingdom of Hawaiʻi, Hawais: Aupuni Mōʻī o Hawaiʻi) het bestaan van 1795 tot 1893.
Hawaii het tot die eerste besoek van die Europeane 'n sosiale en politieke struktuur geken wat vergelyk kan word met die feodale maatskappy van Europa. In 1810 het koning Kamehameha I die eilande verenig en het die koninkryk Hawaii geregeer tot sy dood in Mei 1819. Hy is deur sy seun Kamehameha II opgevolg, maar dié koning het in Julie 1824 in Londen gesterf. Sy broer het hom opgevolg as koning Kamehameha III en het vir die koninkryk begin om 'n grondwettelike struktuur te gee. In 1839 het 'n Verklaring van Regte verskyn en die volgende jaar het die koning sy absolute mag opgegee. Kamehameha III het vir sy land diplomatiek probeer internasionale erkenning te vind en het gesante na Europa en die Verenigde State gestuur. Dit het in 1842 gelei tot erkenning deur die Amerikaanse president John Tyler en in 1843 deur koningin Victoria se regering. Ander lande soos Nederland, Frankryk, Rusland, Switserland ensomeer het gevolg.
In 1853 is Kamehameha III dood en Alexander Liholiho is aangewys as sy opvolger onder die naam Kamehameha IV. Hy het sonder opvolger gesterf in 1864 en Kapuaiwa is aangewys om hom op te volg. Hy het egter 'n nuwe grondwet geëis. Ook Kamehameha het in 1872 sonder opvolger gesterf en die Wetgewende Vergadering het William Charles Lunalilo verkies om koning te wees. Koning Lunalilo het egter na een jaar ook sonder opvolger gesterf. David Kalakaua is verkies tot koning en het aanvankelik sy jongere broer William P. Leleiohoku aangewys as opvolger.[1]
Verwysings
↑"Political History" (in Engels). Hawaiian Kingdom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 4 Julie 2016.