Klep

'n Klep is 'n toestel in 'n pyp wat vloei afsluit. Die bekendste toepassing van 'n klep is die krane in 'n huis.

Verskillende tipe kleppe

Klep Voordele Nadele
Balklep (ball valve)
  • Baie eenvoudige beginsel.
  • Betroubaar. Kan baie gebruik word.
  • Seël dig.
  • Lae druk indien vol oop.
  • Kan hoë afsluitdruk[1] hanteer.
  • Kan redelik suksesvol gebruik word as 'n beheerklep.
  • Hoë koste.
  • Nie die beste klep vir vuil aanwendings nie.
Sluisklep (gate valve)
  • Gehard (robuus).
  • Baie betroubaar. Kan baie keer gebruik word.
  • Lae drukval indien vol oop.
  • Seël dig.
  • Kan hoë druk hanteer.
  • Hoë koste.
  • Maak nie maklik oop met hoë afsluitdruk nie.
Vleuelklep (butterfly valve)
  • Goedkoopste klep.
  • Kan baie keer gebruik word.
  • Nie geskik vir baie hoë afsluitdruk nie.
Koeëlklep (globe valve)
  • Beheer vloei die beste. Word dus gebruik as beheerklep.
  • Baie betroubaar. Kan baie keer gebruik word.
  • Kan baie hoë afsluitdruk hanteer.
  • Duur.
  • Hoë drukval wanneer klep vol oop is.
Mesklep (knife valve)
  • Goedkoop.
  • Lae drukval indien vol oop.
  • Kan nie baie hoë afsluitdrukke hanteer nie.
  • Nie gemaak om baie te bedryf nie (oop en toe te maak).

Prentjies

Voetnotas

  1. Afsluitdruk is die drukverskil tussen die bo-stroom en afstroom van die klep wanneer die klep toe is.