Die Kleinsterretjie (Sternula albifrons) is 'n algemene somertrekvoël na vlak kuswaters en riviermondings. Die streekbevolking is sowat 15 000 voëls. Die voël is 22 – 24 cm lank, 40 - 60 g groot met 'n vlerkspan van 48 – 55 cm. In Engels staan die voël bekend as die Little tern.