Klaviersonate No. 16 in A mineur, D 845 (Schubert)

Die Klaviersonate No. 16 in A mineur, D. 845 (Opus 42) deur Franz Schubert is 'n sonate vir klavier. Dit is gekomponeer in Mei 1825, en getiteld Premiere Grande Sonata. Dit is die eerste van drie sonates wat tydens die komponis se leeftyd gepubliseer is. Die ander twee is die Klaviersonate in D majeur, D 850 ("Gasteiner") en die Klaviersonate in G majeur, D 894. Hierdie werke, wat as 'n stel bedoel is, is gekomponeer gedurende 'n tydperk van relatief goeie fisiese- en geestelike gesondheid. Die eerste sonate van die stel is 'n betekenisvolle stap in die rigting van die komponis se volwasse klaviersonatestyl; die formaat en verskeie kenmerkende stylelemente word deurlopend aangetref in sy verdere klaviersonates.

Bewegings

I. Moderato

Beweging I, eerste maatstrepe

A mineur; Alla breve

Die eerste beweging is gekomponeer in 'n atipiese sonatevorm.[1][2] 'n Klaende, ietwat onheilspellende pianissimo unison oktaaffrase versier met 'n mordent open die werk. Die ritmies-soortgelyke eerste en tweede onderwerpe van die eksposisie (uiteensetting) is nie duidelik struktureel geskei nie, 'n kenmerk wat later in die dubbelsinnige segment in die herhaling voortgesit word. Die atmosferiese en uitgestrekte ontwikkeling, ongewoon vir sy tyd, word gekenmerk deur 'n gevoel van tydsverruiming, en is 'n vroeë voorbeeld van hierdie bepalende kenmerk van Schubert se volwasse werke. Die relatiewe C majeur, sowel as die submediant F majeur, speel belangrike strukturele en dramatiese rolle in hierdie en latere bewegings. Die beweging is oor die algemeen stil en gespanne, gekenmerk deur dramatiese klimakse en 'n stentoriese coda.

II. Andante poco mosso

Beweging II, Tema

C majeur; Tema en Variasies - Andante poco mosso

Die tweede beweging bestaan uit 5 variasies op 'n eenvoudige 32-maat, twee-afdeling tema met elemente van kontrapunt en chromatiek. Die variasies ondergaan oor die algemeen progressiewe ritmiese onderverdeling, met 'n parallelle klein variasie gevolg deur 'n toonsoortverandering wat 'n terugkeer na die tonika vir die finale variasie voorberei. Hierdie formaat, wat tonale eentonigheid vermy en 'n gevoel van vertrek en terugkeer voortbring, is identies aan dié van Schubert se Impromptu No. 3 in B♭, D 935 (selfs wat die verwantskappe tussen die sleutels betref), en is tipies van laat-klassieke werke in die algemeen. Die eerste variasie stel 'n ontsaglike chromatiese figurasie bekend wat die andersins grootliks onveranderde tema vergesel. Die tweede variasie is 'n energieke versierde scherzando met deurlopende chromatiese en mineur afwerkings. Die droefgeestige, dramatiese derde variasie is in die parallelle mineur, met die merkwaardige gebruik van dissonansie en 'n fokus op die mineur tweede D♭. Hierdie noot berei die weg voor vir die toonsoortverandering na die submediant, A♭ majeur, in variasie vier; 'n reeks vinnige 32ste note wat sterk gebruik maak van chromatiek en idiomatiese pianistiese figurasies. Die finale variasie, terug in C majeur, is relatief eenvoudig en van 'n pastorale aard. Dit behou die fokus op D♭ van die vorige variasie, sowel as klein afdelings in mineursleutels, wat die beweging saambind. Die stuk eindig met 'n kort coda en 'n plagale kadens.

In die meeste gedrukte weergawes is die eerste variasie nie dieselfde nie: 4 mate (wat ooreenstem met m. 20-23 van die tema) ontbreek na maat 43. Hierdie teenstrydigheid is die eerste keer deur Paul Badura-Skoda uitgewys. (Neue Zeitschrift für Musik 119, 1958 p. 635-43). Die Wiener Urtext-uitgawe verskaf 'n aanvulling met die aantekening: "Passasie in kleiner druk - redakteur se voorgestelde invoeging - ontbreek heeltemal in [Eerste Uitgawe], waarskynlik as gevolg van 'n fout deur die graveur toe hy na 'n nuwe bladsy oorgeslaan het. Ondenkbaar dat Schubert doelbewus vier mate hier sou weglaat aangesien daar volledige ooreenstemming in die ander variasies is." (Schubert: Sämtliche Klaviersonaten Band 2 (Tirimo), p. 241.) Die Eerste Uitgawe is die primêre bron aangesien die oorspronklike handgeskrewe partituur verlore is.

Scherzo

III. Scherzo: Allegro vivace - Trio: Un poco più lento

A mineur/majeur, Trio in F majeur; Allegro vivace

In saamgestelde ternêre vorm speel die skaduagtige, lewendige scherzo af teen elemente van die eerste beweging (veral die V-I-V-I akkoordvolgorde van die tweede tema). Vreemde fraselengtes, subito-effekte en onvoorbereide verre modulasies verleen aan die scherzo 'n eiesinnige karakter. Die pastorale F-majeur-trio, 'n saggies wiegende tussenspel met sagte dinamika, staan in skrille kontras hiermee.

Finale

IV. Rondo: Allegro vivace

A mineur; Rondo - Allegro vivace

Hierdie beweging is in sonate rondo-vorm met 'n verkorte rekapitulasie (samevatting). Die toccata-agtige rondo-tema, soos die allegro- en scherzo-temas, begin in A mineur en moduleer gou na C majeur. Die V-I-V-I akkoordvolgorde wat in die eerste en derde bewegings verskyn, kom weer prominent na vore in die tussenliggende episodes. Die beweging is ekonomies, veral vir 'n Schubert-finale, en eindig vinnig met 'n accelerando-afsluiting.

Verwysings

  1. Tania Halban (2 September 2013). "Schubert's Sonata Form: analysis of Schubert's A minor Piano Sonata D.845". Besoek op 2 September 2013.
  2. Coren, Daniel (1974). "Ambiguity in Schubert's Recapitulations". The Musical Quarterly. LX (4): 568–582. doi:10.1093/mq/LX.4.568.

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Edgar dari Inggris – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR EdgarRaja InggrisBerkuasa1 Oktober 959 – 8 Juli 975PendahuluEadwigPenerusEdwardInformasi pribadiKelahiran(943-08-07)7 Agustus 943W...

 

نيو بالتز     الإحداثيات 41°44′53″N 74°05′06″W / 41.7481°N 74.085°W / 41.7481; -74.085   [1] تاريخ التأسيس 1678  تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2][3]  التقسيم الأعلى مقاطعة أولستر  خصائص جغرافية  المساحة 34.31 ميل مربع  ارتفاع 73 متر  عدد السكان  ...

 

50 Ways to Say GoodbyeSingel oleh Traindari album California 37Sisi-BBrand New BookDirilis11 Juni 2012 (2012-06-11)Genre Pop rock folk rock indie pop Durasi4:08Label Columbia Sony Pencipta Patrick Monahan Espen Lind Amund Bjørklund Produser Espionage Butch Walker Kronologi singel Train Drive By (2012) 50 Ways to Say Goodbye (2012) Bruises (2012) Video musik50 Ways to Say Goodbye di YouTube 50 Ways to Say Goodbye adalah lagu dari band pop rock asal Amerika Serikat Train. Lagu ini adalah ...

1924 silent film by Frank Lloyd The Silent WatcherTheatrical release posterDirected byFrank LloydWritten byJ. G. HawksBased onThe Altar on the Hill (story)by Mary Roberts RinehartStarring Glenn Hunter Bessie Love CinematographyNorbert Brodine[1]Edited byEdward M. RoskamProductioncompanies Frank Lloyd Productions[2] First National[3] Distributed byFirst National PicturesRelease date October 5, 1924 (1924-10-05) (U.S.) Running time8 reels[1]Cou...

 

Pinacoteca di BreraCortile della Pinacoteca di Brera UbicazioneStato Italia LocalitàPalazzo di Brera Indirizzovia Brera, 28 - Milano e Via Brera 28, 20121 Milano Coordinate45°28′18.99″N 9°11′15.66″E / 45.471943°N 9.187683°E45.471943; 9.187683Coordinate: 45°28′18.99″N 9°11′15.66″E / 45.471943°N 9.187683°E45.471943; 9.187683 CaratteristicheTipopinacoteca Intitolato aPalazzo di Brera Istituzione1776 FondatoriMaria Teresa d'Austria Ape...

 

Artikel ini bukan mengenai Zhou Xun. Zhou XuanNama Tionghoa周璇PinyinZhōu Xuán (Mandarin)Nama LahirSu Pu (蘇璞)Lahir(1918-08-01)1 Agustus 1918Changzhou, Jiangsu, ChinaWafat22 September 1957(1957-09-22) (umur 39)ShanghaiPekerjaanPenyanyi, aktrisGenreShidaiquTahun aktif1935-57 Ini adalah nama Tionghoa; marganya adalah Zhou. Zhou Xuan (1 Agustus 1918 – 22 September 1957), juga diromanisasikan sebagai Chow Hsuan, adalah seorang aktris film dan penyanyi Tiongkok ikonik. ...

Chronologies Données clés 1868 1869 1870  1871  1872 1873 1874Décennies :1840 1850 1860  1870  1880 1890 1900Siècles :XVIIe XVIIIe  XIXe  XXe XXIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroun, Cap-Vert, République centrafricaine, Comores, République du Congo, République démocratique du Congo, Côte d'Ivoire, Djibouti, Égyp...

 

2042MileniumMilenium ke-3AbadAbad ke-20Abad ke-21 Abad ke-22Dasawarsa 2020-an2030-an2040-an2050-an2060-anTahun2039204020412042204320442045 2042 (MMXLII) akan menjadi tahun biasa yang diawali hari Rabu dalam kalender Gregorian, tahun ke-2042 dalam sebutan Masehi (CE) dan Anno Domini (AD), tahun ke-42 pada Milenium ke-3, tahun ke-42 pada Abad ke-21, dan tahun ke- 3 pada dekade 2040-an. Denominasi 2042 untuk tahun ini telah digunakan sejak periode Abad Pertengahan awal, ketika Era kalender ...

 

Suriah padaOlimpiadeKode IOCSYRKONKomite Olimpiade SuriahSitus webwww.syriaolymp.org (dalam bahasa Arab)Medali 1 1 1 Total 3 Penampilan Musim Panas19481952–196419681972197619801984198819921996200020042008201220162020 Berikut ini adalah daftar pembawa bendera yang mewakili Suriah pada Olimpiade.[1] Para pembawa bendera membawa bendera nasional negara mereka pada acara pembukaan Permainan Olimpiade. # Tahun acara Musim Pembawa bendera Olahraga 10 (bersama) 2020 Musim pa...

Volodymyr Veremeyev Volodymyr Veremeyev in 1975Personal informationFull name Volodymyr Hryhorovych VeremeyevDate of birth (1948-11-08) 8 November 1948 (age 75)Place of birth Spassk-Dalny, Russian SFSR, USSRHeight 1.78 m (5 ft 10 in)[1]Position(s) MidfielderSenior career*Years Team Apps (Gls)1966–1967 FC Zirka Kirovohrad 24 (5)1968–1982 FC Dynamo Kyiv 310 (33)Total 334 (38)International career1973–1979 USSR 26 (2)Managerial career1985–1991 FC Dynamo Kyiv (d...

 

This article is about Psalm 123 in Hebrew (Masoretic) numbering. For Psalm 123 in Greek Septuagint or Latin Vulgate numbering, see Psalm 124. Psalm 123Unto thee lift I up mine eyesSong of AscentsMiniature psaume 123, The Redeemer of Israel in the Très Riches Heures du Duc de Berry, David praying before an altar surrounded by four figures symbolising people in dangerOther name Psalm 122 (Vulgate) Ad te levavi oculos meos LanguageHebrew (original) Psalm 123← Psalm 122Psalm 124 →B...

 

Tuhan dalam Kekristenan beralih ke halaman ini. Untuk kegunaan lain, lihat Tuhan. Untuk penggunaan istilah Allah secara umum, lihat Allah. Untuk penggunaan dalam sudut pandang Islam, lihat Allah (Islam). Artikel ini meruoakan bagian dari seriTeisme Keyakinan Agnostisme Apateisme Ateisme Deisme Henoteisme Ietsisme Ignostisisme Monoteisme Monisme Dualisme Monolatri Kathenoteisme Omnisme Pandeisme Panenteisme Panteisme Politeisme Transteisme Konsepsi spesifik Pencipta Pencipta dunia Deus Bapa Be...

The Soul HerderIklan surat kabarSutradaraJohn FordDitulis olehGeorge HivelyPemeranHarry CareySinematograferBen F. ReynoldsPerusahaanproduksiNew York Motion Picture CompanyDistributorUniversal Film Manufacturing Co.Tanggal rilis 03 Agustus 1917 (1917-08-03) Durasi30 menitNegaraAmerika SerikatBahasaAntarjudul Inggris The Soul Herder adalah sebuah film koboi bisu Amerika Serikat tahun 1917 garapan John Ford, dan menampilkan Harry Carey. Film tersebut dianggap menjadi film hilang.[1]...

 

American opera singer Reed MillerBornJames Reed Miller(1880-02-29)February 29, 1880South Carolina, U.S.DiedDecember 29, 1923(1923-12-29) (aged 43)New York, U.S.Other namesJames ReedOccupationSingerSpouseNevada Van der VeerChildren1 Miller singing The Lost Chord by Arthur Sullivan (1913) James Reed Miller (February 29, 1880 – December 29, 1923), who recorded as Reed Miller and as James Reed, was an American tenor who had an active career as a concert and oratorio singer during ...

 

Main Soviet secret police agency from 1946 to 1953 Chronology of Sovietsecurity agencies 1917–22 Cheka of the Sovnarkom of the RSFSR(All-Russian Extraordinary Commission) 1922–23 GPU of the NKVD of the RSFSR(State Political Directorate) 1923–34 OGPU of the Sovnarkom of the USSR(Joint State Political Directorate) 1934–411941–43 NKVD of the USSR(People's Commissariat for Internal Affairs) GUGB of the NKVD of the USSR(Main Directorate of State Security) 19411943–46 NKGB of the USSR(P...

600-річчя Грюнвальдської битви УкраїнаНомінал 20 гривеньМаса 62,2 / 67,25[1] гДіаметр 50 ммГурт гладкий із заглибленим написомМетал срібло 925 пробиРоки карбування 2010Аверс Реверс «600-рі́ччя Грю́нвальдської би́тви» — срібна ювілейна монета номіналом 20 гривень, вип�...

 

Lista delle statue e sculture di Milano, suddivise in ordine alfabetico. Indice 1 All'aperto 2 Cortile d'onore del palazzo di Brera 3 Giardini pubblici Indro Montanelli 4 Note All'aperto Nome Autore Anno Ubicazione Immagine Note Ago, filo e nodo Claes Oldenburg 2000 Piazzale Luigi Cadorna45°28′5″N 9°10′36″E Monumento a Emilio Alessandrini Andrea Cascella 1982 Parco Emilio Alessandrini Monumento agli Alpini d'Italia Emilio Bisi 1914 Piazza Giovanni XXIII45°28′30″N 9°9′51″E ...

 

Family of flowering plants Ebenaceae Diospyros sandwicensis Scientific classification Kingdom: Plantae Clade: Tracheophytes Clade: Angiosperms Clade: Eudicots Clade: Asterids Order: Ericales Family: EbenaceaeGürke[1] Genera See text The Ebenaceae are a family of flowering plants belonging to order Ericales. The family includes ebony and persimmon among about 768[2] species of trees and shrubs. It is distributed across the tropical and warmer temperate regions of the world. ...

Questa voce o sezione sull'argomento società calcistiche svizzere non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. BSC Young BoysCalcio Campione di Svizzera in carica YB Segni distintiviUniformi di gara Casa Trasferta Colori sociali Giallo, nero SimboliOrso InnoBoys Boys Boys (Lady GaGa) e Shunder Vu Unh Dati societariCittàBerna Nazione Svizzera Co...

 

Village in Southern Transdanubia, HungarySzőkedencsVillageIts 700 years old linden tree in the cemetery is a symbol of the village Coat of armsLocation of Somogy county in HungarySzőkedencsLocation of SzőkedencsCoordinates: 46°33′28″N 17°14′58″E / 46.557869°N 17.24935°E / 46.557869; 17.24935Country HungaryRegionSouthern TransdanubiaCountySomogyDistrictMarcaliRC DioceseKaposvárArea • Total18.69 km2 (7.22 sq mi)Population&#...