Kaapse Afrikaans, ook bekend as Kaaps of Afrikaaps, is 'n Wes-GermaanseAfrikataal wat in die Wes-Kaapse provinsie van Suid-Afrika ontwikkel het.[1] Die status daarvan as sustertaal of dialek van Afrikaans is onduidelik. Sedert die vroeë 2020's was daar 'n beduidende toename in die aantal literatuurwerke wat in Kaaps gepubliseer word. Die meeste werke in Kaaps kom van skrywers in die Kaapse Vlakte-gebied van Kaapstad, waar dit meestal gepraat word.
Alhoewel Kaaps as 'n groeiende verskynsel beskou word, is dit meer spesifiek 'n omgangstaal van Afrikaans. Alle ander onderskeie omgangstale van Afrikaans, insluitend Kaaps, is organies aan Standaard Afrikaans gekoppel as 'n wyd gesproke eenheidsvariëteit en is daarmee in wisselwerking.[2][3][4][5][6][7]
Die term Kaapse Afrikaans verwys soms verkeerdelik na die hele Wes-Kaapse dialek van Afrikaans; dit word algemeen vir 'n spesifieke sosiolek gebruik wat in die Kaapse Skiereiland van Suid-Afrika gebesig word. Kaapse Afrikaans is eens deur alle bevolkingsgroepe gepraat, maar later was dit toenemend beperk op die Kaapse Maleiers van Kaapstad en omliggende gebiede. Kaapse Afrikaans word steeds deur die groot meerderheid inheemse Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika verstaan.
Die dialek is meer deur Maleis beïnvloed as Standaardafrikaans en word veral aan die kus en in Kaapstad gebesig. Die dialek, as dit in 'n netjiese vorm gepraat word, is vir Nederlandstaliges goed verstaanbaar. 'n Belangrike rede is die lange blootstelling van Kaapse Afrikaans aan Nederlands. Nederlands en Kaapse Afrikaans het tussen 1652 en 1930 'n daaglikse diglossieverhouding gehad, aangesien Nederlands destyds die standaardtaal van die Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap was.
Die diglossie-verhouding tussen Kaapse Afrikaans en Nederlands was heelwat langer as met ander dialekte van Afrikaans, omdat hierdie dialekte eers baie later na vore gekom het (vroeg in die negentiende of selfs vroeë twintigste eeu). Die Bruin mense is die belangrikste groep wat Kaapse Afrikaans besig. In sommige buurte is die dialek sterk deur Engels beïnvloed.
Kaapse Afrikaans het sommige kenmerke behou wat meer soortgelyk aan Nederlands is as aan Afrikaans.[9]
Kaapse Afrikaans het 'n paar ander kenmerke wat nie tipies in Afrikaans voorkom nie.
Die uitspraak van j, gewoonlik [j] soos in Nederlands is meestal 'n [dz]. Dit is die belangrikste kenmerk van Kaapse Afrikaans.
Die invoeg van [j] na [s], [t] en [k], wanneer dit op [e] volg, b.v. kjen pleks van die Afrikaanse ken.
Kaapse Afrikaans word ook meer deur taalwisseling tussen Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans gekenmerk, veral in die middestad en laer sosio-ekonomiese gebiede van Kaapstad.
'n Voorbeeld van tipiese Kaapse Afrikaans:
Nederlands: En ik zeg (tegen) jullie: wat zoeken jullie hier bij mij? Ik zoek jullie niet! Nee, ga nu weg!
Kaapse Afrikaans: En ik seg ve' djille, wat soek djille hie' by my? Ik soek'ie ve' djille nie! Nei, gaat nou weg!
Gewone Afrikaans: En ek sê vir julle, wat soek julle hier by my? Ek soek julle nie! Nee, gaan nou weg!
↑(af) Blant annet: Van Rensburg, M.C.J. 1984. Die Afrikaans van Griekwas in die tagtigerjare. Pretoria: RGN-rapport.
↑(af) "Lekker Stories". Kaapse Son – Die eerste Afrikaanse Poniekoerant. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2008. Besoek op 21 Desember 2017.