Joroeba behoort tot die Benue-Kongo-tale en word naas ander tale hoofsaaklik in Suidwes-Nigerië asook in dele van Benin en Togo gepraat. Daar is ook sprekers in Brasilië en Kuba, waar die taal as Nago bekend staan.
Joroeba is 'n analitiese toontaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde.