Jopie Fourie

Jopie Fourie
Jopie Fourie is in 1914 deur ’n vuurpeloton gefusilleer.
Gebore
Josef Johannes Fourie

27 Augustus 1878
Sterf20 Desember 1914 (op 36)
BeroepBoerekryger

Jopie Fourie (27 Augustus 187820 Desember 1914) was ’n Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n offisier in die Suid-Afrikaanse Burgermag. Sonder om te bedank, het hy by die rebellie aangesluit. Hy is gevang, verhoor, ter dood veroordeel en gefusileer.[1]

Vooraf

Jopie Fourie as jong man.
Genl. Piet Cronjé nuttig ontbyt op Newcastle tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Jopie Fourie is die man met 'n kaal kop wat vyfde van links staan.

Josef Johannes Fourie is op 27 Augustus 1878 in die Distrik Pretoria gebore, en sterf in 1914 voor ’n vuurpeloton. Hy word deur baie as ’n held gesien wat tot die einde gestaan het vir dit waarin hy glo.[2]

Tydens die Jameson-inval het die sewentienjarige Jopie, saam met sy oom Japie, onder kommandant Piet Roos gedien. Hulle was dan ook betrokke by die laaste harde skermutseling wat gelei het tot die opsteek van die wit vlag (na bewering ’n voorskoot) deur dr. Jameson se manne. Jopie word toe deur kmdt. Roos versoek om ’n brief op te stel en sommer ook gelas om die brief aan die dokter te gaan oorhandig. Kort daarna het dokter Jameson oorgegee.

Jopie was ’n verkenner en rapportryer tydens die Tweede Vryheidsoorlog en is gewond tydens ’n skermutseling noord van Pretoria. Hy is nie gevang nie, maar het by die Engelse gaan aanklop vir mediese hulp. Ná behandeling is hy as krygsgevangene aangehou.[3]:p. 34 Hy sou nie losgelaat gewees het nie sonder om die eed van getrouheid teenoor die Britse Kroon af te lê.

Die Rebellie

Jopie Fourie omstreeks die tyd van die Maritz-Rebellie.

Na 1912 het Fourie as kaptein by die Unie van Suid-Afrika se Aktiewe Burgermag aangesluit. Hy sou weereens ’n eed van getrouheid moes aflê.[3]:p. 51.

Op 14 September 1914 het die parlement die regering se besluit om Duits-Suidwes-Afrika binne te val, goedgekeur.[4] Op 12 Oktober 1914 het die regering krygswet afgekondig. Teen daardie tyd het Maritz en Beyers reeds gerebelleer.[5] Op 24 Oktober het Fourie vir generaal Louis Botha in Pretoria ontmoet waar hy Fourie versoek het om uit te vind hoeveel steun Beyers onder die mense het. Toe Fourie by die huis kom, besluit hy egter om eerder by die volk te staan. Hy moes uitgaan na sy mense vir volk en vaderland.[3]:p. 80. Hy het ’n klomp mans byeengeroep en hulle het hom as hul kommandant verkies.[3]:p. 81. Fourie en sy kommando is toe die veld in. Fourie het sy burgermaguniform gedra. Toe iemand hom vra of hy as offisier bedank het, het hy geantwoord dat dit onnodig was, want "die Regering sal met ons onderhandel".[3]:p. 88. Op 30 Oktober kom hy agter dat die regering nie wou onderhandel nie. "Nou eers besef elke burger dat dit voortaan oorlog gaan wees", deel hy sy burgers mee.[3]:p. 89.

Fourie en sy kommandotjie was by 12 gevegte met Unietroepe betrokke.[3]:p. 90. In een van die gevegte, naamlik die een by Sandfontein, is 12 Unietroepe doodgeskiet.[3]:p. 91. In die geveg by Nooitgedacht op 16 Desember 1914 het Fourie en sy trawante oorgegee. By daardie geveg het 10 Unietroepe hul lewens verloor en 21 was gewond.[3]:p. 96.

Krygshof

Fourie het voor ’n krygshof verskyn op 18 en 19 Desember. Hy het sy eie prokureur aangestel en tydens die verhoor is hy bygestaan deur sy advokate A.S. van Hees en H. Gey van Pittius. Hy en sy broer is aangekla van hoogverraad. In die klagstaat is beweer dat hulle, synde offisiere van die Unie Verdedigingsmag, skuldig was aan hoogverraad deurdat hulle in die Transvaal in die maande November en Desember 1914, Sy Majesteit se gewapende magte trotseer het en gevang was met andere in gewapende rebellie op 16 Desember 1914. Toe hy moes pleit het hy die volgende te sê gehad: "Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie. Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan ... en wanneer ek dink aan die 30 000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie. Ek weet dat die regering my as ’n rebel beskou en teleurgesteld in my is. Ook is ek teleurgestel in die regering wat ek op die been help bring het en waarvoor ek my bloed opgeoffer het...wat ek gedoen het, het ek met oop oë en uit eie vrye oortuiging gedoen. Selfs al is ek tot vandag toe nog oortuig dat God die onreg nie sal gedoë nie...kan ek nie vals wees nie! Nooit in my lewe het ek dit kon wees nie! En mag God my bewaar om nooit ’n valsaard te word nie! My dade het altyd my hart geopenbaar. Ek is nie van plan om die hof om genade te vra nie. Die genade van my Skepper wat my gelei het, is vir my genoeg...Genade? Is dit nie opmerklik dat ek die seun moes wees wat met die witvlag na Jameson ingery het met sy oorgawe? Hy is gevang en vrygelaat, en daarna word hy sir Starr Jameson; maar ek moet sterwe, daartoe veroordeel deur my eie mense wat twaalf jaar gelede saam met my gestry het vir ons land en volk se vryheid. O, ek hoop tog hulle sal my nie in my gesig skiet nie," en terwyl hy sy hand op sy bors lê, laat hy hoor: "Hier is ’n groot Afrikanerhart, groot genoeg om al hul koeëls te ontvang....so seker as ek u hier voor my sien, is ek oortuig dat die Here met Sy dierbare bloed vir my sonde versoening gedoen het; en dat Hy nou kom om my by die hand te neem en deur die dal der skaduwee des doods weg te lei. Hy is mos hier by ons, ons kan Hom voel..."[3]:p. 115.

Na aanhoor van getuienis en betoë is beide skuldig bevind en ter dood veroordeel. Die regering het die skuldigbevindindings bekragtig en, in die geval van Jopie Fourie, ook sy vonnis.[3]:p. 132.

Jopie Fourie is gefusileer op 20 Desember 1914. Met vaste stem begin Josef Gesang 20:8 sing: "Als wy de doodsvallei betreën, laat ons elke aardse vriend alleen..." Aan die einde van die tweede versreël klink die bevel – die skote val en kaptein Jopie Fourie stort neer.[6] Vier skote het sy bors getref en 'n vyfde een was deur sy kuiltjie en het sy nekwerwels vergruis.[3]:p. 176.

Die graf van Jopie Fourie

Meermaal ter aarde bestel

Fourie is aanvanklik in 'n tydelike graf van omtrent drie voet diep begrawe. Daar was water onder in die gat, wat die owerhede laat besluit het om "Little’s Dip" daarin te gooi. Twee dae later is hy stilletjies opgegrawe en in die geheim na die Nuwe Kerkhof van Pretoria vervoer, waar hy in die geheim herbegrawe is.[6]:Hoofstuk VIII

Gerugte het die ronde gedoen dat sy lyk met ongebluste kalk vernietig is. Sy familie het die owerhede versoek om sy graf uit te wys en 'n lykskouing toe te staan. Ná korrespondensie en die aanvanklike weiering is toestemming 10 maande later verleen om die lyk op 27 Oktober 1915 vir 'n tweede keer op te gegrawe.[6]:Hoofstuk VIII

Toe sy familie en vriende by die begraafplaas aangekom, was die graf reeds oop en die kis se deksel verwyder. Toe die twee kakiekomberse (waarin hy begrawe was) oopgesny is, het dit gelyk of hy net die vorige dag begrawe is. Met die wegtrek van die komberse het 'n stukkie van sy regterkantse kenbaard losgetrek, maar verder was sy liggaam ongeskonde. Sy hemp, waarop die kryt-sirkel oor sy hart nog sigbaar was, is oopgeknoop om die wonde te sien. Nie een van die koeëls was egter deur of naby sy hart gewees nie.[6]:Hoofstuk VIII

Sien ook

Nog leesstof

Verwysings

  1. Trewhella Cameron (redakteur), An Illustrated History of South Africa, Jonathan Ball Publishers, Johannesburg,1986, p. 238.
  2. Jopie (Josef Johannes) Fourie, sahistory.org.za. URL besoek op 24 September 2016
  3. 3,00 3,01 3,02 3,03 3,04 3,05 3,06 3,07 3,08 3,09 3,10 3,11 De Wet, Jacobus Marthinus, Jopie Fourie, tweede bygewerkte uitgawe, Pretoria, Voortrekkerpers, 1967.
  4. Van der Waag, Ian, The battle of Sandfontein, 26 September 1914, First World War Series, Volume 4, No. 2, p. 143.
  5. Union of South Africa (1915), Report on the Outbreak of the Rebellion and the Policy of the Government with regard to its Suppression, Cape Town: SA Government, pp. 26.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 De Wet, Jacobus Marthinus; Lewenskets van Jopie Fourie; Voortrekkerpers, 1940. OCLC 122687610

Read other articles:

Āli MusliyārĀli Musliyār pada tahun 1922, di penjara pusat CoimbatoreLahirErikkunnan Pālattu Mūlayil Āli1861Nellikuth desom, Eranād Taluk, Malabar, British IndiaMeninggal17 Februari 1922Penjara pusat Coimbatore, Kepresidenan Madras, British India(sekarang di Tamil Nadu, India)Sebab meninggalDitangkap dan dieksekusi dengan cara digantung oleh Resimen Thiyyar dari Tentara British IndiaKebangsaanBritish IndiaGerakan politikGerakan Khilafah[1] Āli Musliyār (lahir sebagai E...

 

  Grand Prix Austria 2018Detail lombaLomba ke 11 dari 19Grand Prix Sepeda Motor musim 2018Tanggal12 Agustus 2018Nama resmiEyetime Motorrad Grand Prix von Österreich[1]LokasiRed Bull Ring, Spielberg, Styria, AustriaSirkuitFasilitas balapan permanen4.318 km (2.683 mi)MotoGPPole positionPembalap Marc Márquez HondaCatatan waktu 1:23.241 Putaran tercepatPembalap Andrea Dovizioso DucatiCatatan waktu 1:24.277 di lap 8 PodiumPertama Jorge Lorenzo DucatiKedua Marc Márque...

 

Biografi ini tidak memiliki sumber tepercaya sehingga isinya tidak dapat dipastikan. Bantu memperbaiki artikel ini dengan menambahkan sumber tepercaya. Materi kontroversial atau trivial yang sumbernya tidak memadai atau tidak bisa dipercaya harus segera dihapus.Cari sumber: Hisamuddin Alam Shah dari Selangor – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) Biografi ini memerlukan le...

FIAT 6616. Fiat Type 6614 adalah kendaraan pengangkut personel lapis baja 4x4 roda yang dikembangkan perusahaan patungan antara Fiat dan Oto Melara Italia. Lambungnya terbuat dari baja yang dilas, dan kendaraannya amfibi. Prototipe pertama dibangun pada tahun 1972.[1][2] Lambung 6614 terbuat dari baja yang dilas dengan ketebalan seragam 8 mm; kursi pengemudi ada di bagian depan kendaraan di sebelah kiri dan dilengkapi dengan episkop yang memungkinkan pengamatan kendaraan di d...

 

Woody GuthrieGuthrie dengan gitar berlabel Mesin ini membunuh fasis pada Maret 1943Informasi latar belakangNama lahirWoodrow Wilson GuthrieLahir(1912-07-14)14 Juli 1912Okemah, Oklahoma, Amerika SerikatMeninggal3 Oktober 1967(1967-10-03) (umur 55)New York City, Amerika SerikatGenreMusik foklor Amerika[1]musik protes[2]country[3]talking blues[4]PekerjaanPenyanyiPenulis lagumusisiInstrumenVokalgitarharmonikamandolinfiddleTahun aktif1930–1956Artis terkaitAlm...

 

Voce principale: Coppa Italia Serie C. L'Alessandria vittorioso nella prima edizione della Coppa Italia Semiprofessionisti 1972-1973 La Coppa Italia Serie C, già Coppa Italia Semiprofessionisti e Coppa Italia Lega Pro, organizzata dalla Lega Pro sotto l'egida della FIGC, venne assegnata per la prima volta nel 1973. A causa della pandemia di COVID-19 l'edizione del 2020-2021 è stata cancellata e non assegnata. Indice 1 Albo d'oro 2 Statistiche 2.1 Edizioni vinte e perse per squadra 2.2 Vitt...

Bulgarian premier Bogdan Filov with Italian leader Benito Mussolini in Rome, 1941 Part of a series onFascism Principles Actual idealism Aestheticization of politics Anti-communism Anti-intellectualism Anti-materialism Anti-pacifism Authoritarianism Chauvinism Class collaboration Conspiracism Corporatism Cult of personality Dictatorship Direct action Dirigisme Eugenics Heroic capitalism Heroic realism Heroism Imperialism Indoctrination Interventionism Economic Social Irrationalism Machismo Ma...

 

Untuk novel, lihat The Garden of the Finzi-Continis. The Garden of the Finzi-ContinisPoster rilis teatrikalSutradaraVittorio de SicaProduserArthur CohnGianni Hecht LucariArtur BraunerDitulis olehVittorio BonicelliPemeranLino CapolicchioDominique SandaHelmut BergerFabio TestiRomolo ValliPenata musikManuel De SicaSinematograferEnnio GuarnieriPenyuntingAdriana NovelliTanggal rilis 4 Desember 1970 (1970-12-04) Durasi94 menitNegaraItaliaBahasaItalia The Garden of the Finzi-Continis (bah...

 

American politician (1866–1924) For other people named Henry Wallace, see Henry Wallace (disambiguation). Harry Wallace7th United States Secretary of AgricultureIn officeMarch 5, 1921 – October 25, 1924PresidentWarren G. HardingCalvin CoolidgePreceded byEdwin T. MeredithSucceeded byHoward Gore Personal detailsBornHenry Cantwell Wallace(1866-05-11)May 11, 1866Rock Island, Illinois, U.S.DiedOctober 25, 1924(1924-10-25) (aged 58)Washington, D.C., U.S.Political partyRepublicanSp...

Political party in Bosnia and Herzegovina Civic Democratic Party Građanska demokratska strankaLeaderIbrahim SpahićFounded1990HeadquartersMaršala Tita 9a, 71000 SarajevoIdeologySocial liberalismColoursBlue, YellowEthnic groupmulti-ethnicWebsitewww.gds.baPolitics of Bosnia and HerzegovinaPolitical partiesElections The Civic Democratic Party (Bosnian: Građanska demokratska stranka, GDS) is a political party in Bosnia and Herzegovina. History The party was founded in 1990 as the Democrati...

 

Military museum in London, England The Guards MuseumA Ferret armoured car on display outside the Guards Museum (January 2006)Shown in WestminsterEstablished1988LocationWellington BarracksCoordinates51°29′59″N 0°8′16″W / 51.49972°N 0.13778°W / 51.49972; -0.13778TypeMilitaryWebsitewww.theguardsmuseum.com The Guards Museum is a military museum in Central London, England. It is in Wellington Barracks on Birdcage Walk near Buckingham Palace, which is the home of...

 

هنودمعلومات عامةنسبة التسمية الهند التعداد الكليالتعداد قرابة 1.21 مليار[1][2]تعداد الهند عام 2011ق. 1.32 مليار[3]تقديرات عام 2017ق. 30.8 مليون[4]مناطق الوجود المميزةبلد الأصل الهند البلد الهند  الهند نيبال 4,000,000[5] الولايات المتحدة 3,982,398[6] الإمار...

Siege of QueliPart of Sajid invasion of GeorgiaA painting of St. Mikel-Gobron by Mikhail Sabinin.DateSeptember 20 - October 17, 914LocationQueli, present-day TurkeyResult Sajid victory [note 1]Territorialchanges The Sajids briefly gain Samtskhe only to lose it in the same year to the Georgians.Belligerents Kingdom of the Iberians Sajid dynastyCommanders and leaders Gobron   Yusuf ibn Abi'l-SajStrength 200[1] 20,000[1]Casualties and losses 133[1] Heavy The ...

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) حلب (بيريا) كما تظهر على إحدى الخرائط القديمة تحتوي هذه الصفحة على أمراء مدينة حلب وحكامها ونوابها عبر تا�...

 

2012 science-fantasy webcomic Ava's DemonLogo used for the Kickstarter campaignAuthor(s)Michelle Czajkowski FusWebsitewww.avasdemon.comCurrent status/scheduleSporadic[1]Launch date2012Genre(s)Sci-fi, Fantasy Ava's Demon is a science fantasy webcomic written and drawn by Michelle Czajkowski Fus and colored by a number of colorists. The comic, which has been ongoing since 2012, is known for its painted art style and animations. The first physical publication of Ava's Demon was released ...

此條目應避免有陳列雜項、瑣碎資料的部分。 (2024年4月15日)請協助將有關資料重新編排成連貫性的文章,安置於適當章節或條目內。 此條目或其章節极大或完全地依赖于某个单一的来源。 (2024年4月15日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:毛泽东 — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题�...

 

Bangladeshi cricket team Chittagong Division Cricket TeamPersonnelCaptain Irfan SukkurTeam informationHome groundZohur Ahmed Chowdhury Stadium, ChittagongCapacity22,000HistoryFirst-class debutin 1999-2000National Cricket League wins1National Cricket League One-Day wins1 Chottogram Division cricket team represents the Chittagong Division, one of the seven administrative regions in Bangladesh. The team was founded in 1999 to compete in the National Cricket League (NCL) and plays ...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Artikel ini perlu dikembangkan agar dapat memenuhi kriteria sebagai entri Wikipedia.Bantulah untuk mengembangkan artikel ini. Jika tidak dikembangkan, artikel ini akan dihapus. Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya ...

English footballer Harry Bunn Bunn playing for Huddersfield Town in 2015Personal informationFull name Harry Charles Bunn[1]Date of birth (1992-11-21) 21 November 1992 (age 31)[1]Place of birth Oldham, England[1]Height 5 ft 9 in (1.75 m)[2]Position(s) MidfieldTeam informationCurrent team BuxtonYouth career2001–2011 Manchester CitySenior career*Years Team Apps (Gls)2011–2014 Manchester City 0 (0)2011 → Rochdale (loan) 6 (0)2012 → Prest...

 

Japanese newspaper Mainichi ShimbunFront page of Mainichi Shimbun from September 8, 2013TypeDaily newspaperFormatBlanket (54.6 cm x 40.65 cm)Owner(s)The Mainichi Newspapers Co., Ltd.PublisherMasato KitamuraFoundedFebruary 21, 1872; 152 years ago (1872-02-21) (as the Tokyo Nichi Nichi Shimbun)Political alignmentCentre[1] to centre-left[2]Liberalism[3]LanguageJapaneseHeadquartersChiyoda, TokyoOsakaNagoyaKitakyushuCirculationMorning edition: 1,950,000 (2...