Hugh Baiocchi |
---|
Persoonlike inligting |
---|
Volle naam | Hugh John Baiocchi |
---|
Gebore | 17 Augustus 1946 (1946-08-17) (78 jaar oud) Johannesburg, Suid-Afrika |
---|
Hoogte | 1,83 m |
---|
Gewig | 77 kg |
---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|
Woning | Palm Springs, Kalifornië |
---|
Eggennoot | Patricia Joan (get. 1971) |
---|
Kinders | Lauren, Justin |
---|
Loopbaan |
---|
Kollege | Universiteit van Witwaterstrand |
---|
Professioneel geword | 1971 |
---|
Vorige toernooie | Suidelike Afrika Toer Europese Toer Kampioenetoer |
---|
Professionele oorwinnings | 22 |
---|
Hoogste rang | 54 (14 Junie 1987)[1] |
---|
Aantal oorwinnings volgens toernooi |
---|
Europese toernooi | 7 |
---|
Sonskyntoernooi | 11 |
---|
PGA-toernooikampioene | 3 |
---|
Ander | 1 |
---|
Beste uitslae in groot kampioenskappe
|
---|
Meesterstoernooi | T22: 1975 |
---|
PGA-kampioenskap | Nie gespeel nie |
---|
V.S. Ope | WD: 1979 |
---|
Britse Ope | T9: 1984 |
---|
Prestasies en toekennings |
---|
Meriete-ordewenner | 1973/74, 1978/79 |
---|
|
Hugh John Baiocchi (gebore 17 Augustus 1946, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler wat meer as 20 professionele toernooie dwarsoor die wêreld gewen het.
Baiocchi word professioneel in 1971 en speel sy gereelde loopbaan hoofsaaklik in Europa. Hy was 'n lid van die Europese Toer van sy eerste seisoen in 1972 tot 1993 en haal die top-eenhonderd op die Orde van Meriete vir die Toer se eerste negentien seisoene, insluitend drie top tien plasings: 1973 (3); 1975 (6de) en 1977 (2de). Hy wen ses amptelike geldbeursies op die toer. Hy het ook gereeld deelgeneem aan die Suider-Afrika Toer gedurende die Noordelike Halfrond se winter, en wen verskeie toernooie en die Orde van Meriete in 1973/74 en 1978/79.
As 'n senior (oor 50) gholfspeler, het Baiocchi hoofsaaklik op die VSA-gebaseerde Kampioenetoer gespeel, waar hy drie oorwinnings behaal het. Hy is getroud met Joan en het twee kinders (Lauren en Justin), hulle woon in Palm Springs, Kalifornië. Sy dogter, Lauren, is getroud met die bekende afgetrede bofbalspeler Johnny Bank.
Hy het reeds baie gholfbane ontwerp, soos die Legende Baan by die Constance Belle Mare Plage Oord in Mauritius, waar die 2011 MCB Toerkampioenskap plaasgevind het.
- ↑ "Week 24 1987 Ending 14 Jun 1987" (pdf). OWGR. Besoek op 22 Oktober 2019.