Hauptfleisch Huis

Hauptfleisch Huis

Hauptfleisch-huis, Dorpstraat 153 op Stellenbosch, dra by tot ‘n tradisionele historiese straatbeeld uniek in Suid-Afrika. Die huis, die eiendom van Historiese Huise van Suid-Afrika, is in 1979 tot kultuurmonument verklaar.

In 1704 was Jacobus van der Berg die eienaar. Waarskynlik bou Fred. Jac. Hauptfleisch die huis in 1812. Na hom het dit aan verskeie ander bekende families van die dorp behoort.

Die rietdak is in 1860 met sinkplaat vervang en die dakrande is verhoog. Van die Kaaps-Hollandse holbol-gewel en die soldervenster het weinig oorgebly. Historiese Huise van Suid-Afrika het die huis in 1997 gedeeltelik gerestoureer.

Bibliografie