Harshavarman I (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី១; oorl. 923) was van 910-923 n.C. koning van die Khmer-ryk. Hy word onder andere genoem deur David P. Chandler, een van die voorste kenners van Kambodja se moderne geskiedenis.[1][2]
Lewe
Harshavarman was die seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.[3] Hy het ’n jonger broer, Ishanavarman II, gehad. Sy vrou se naam was Kambujarajalakshmi.
Die bewind van Harshavarman en sy jonger broer was ’n tydperk van onstabiliteit vir die Khmer-ryk. Albei was betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV – dié konflik het deur Harshavarman se hele bewind voortgeduur. Jayavarman is eindelik uit Angkor verdryf en het sy eie hoofstad 100 km van daar gestig.[4]
Niks anders is bekend van Harshavarman nie, buiten dat hy ’n klein tempelberg, Baksei Chamkrong, laat bou het wat hy aan sy ouers opgedra het.[5][6]:359,362[7]:114
Hy is in 923 dood en is deur Ishanavarman II opgevolg.[8]
↑Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
↑Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. trans.Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN978-0-8248-0368-1.
↑The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.