Die Gould-gordel is ’n gedeeltelike ring sterre in die Melkweg, sowat 3 000 ligjare breed, wat sowat 16 tot 20 grade skuins lê met die galaktiese vlak. Dit bevat baie klas O- en B-sterre, en kan die plaaslike spiraalarm verteenwoordig waarvan die Son deel is – die Son is sowat 325 ligjare van die arm se middel geleë. Die gordel is vermoedelik tussen 30 en 50 miljoen jaar oud en van ’n onbekende oorsprong. Dit is genoem na die Amerikaanse sterrekundige Benjamin Gould, wat dit in 1879 geïdentifiseer het.[1][2]
Volgens ’n teorie wat omstreeks 2009 voorgestel is, het die Gould-gordel sowat 30 miljoen jaar gelede gevorm toe ’n stuk donker materie met die molekulêre wolk in ons streek gebots het. Daar is ook bewyse van soortgelyke Gould-gordels in ander sterrestelsels.[3][4]
Verwysings
↑Sir Patrick Moore, red. (2002) [1987]. Astronomy Encyclopædia (Revised uitg.). Great Britain: Philip's. p. 164.
↑"The Gould Belt"(HTML). The GAIA Study Report (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2011. Besoek op 18 Julie 2006.