Die Gestreepte pylstormvoël (Calonectris leucomelas) is 'n stormvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 45 – 48 cm groot en weeg 450 - 580 g met 'n vlerkspan van 108 - 124 sentimeter. In Engels staan die voël bekend as Streaked shearwater. Die voël broei op eilande in die noordwestelike Stille Oseaan.