Gert Potgieter

Gert Potgieter
GeboortenaamGerhardus Petrus Potgieter
Gebore14 November 1929
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterf2 Julie 1977 (op 47)
Krugersdorp, Suid-Afrika
Beroep(e)Operasanger, akteur
Jare aktief1960 - 1977
EtiketteGallo

Gerhardus Petrus (Gert) Potgieter (14 November 19292 Julie 1977) was 'n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur wat 'n groot invloed op die Afrikaanse kultuur gehad het.

Vroeë lewe

Hy is in Aasvoëlkop, 'n voorstad van Johannesburg, op 14 November 1929 gebore. Hy was een van vyf kinders van Hermanus Potgieter, 'n drukker, en sy vrou Maria Naudé.[1]

Hy was 'n leerling by die Laerskool Louw Geldenhuys en het by die Hoërskool Helpmekaar in Johannesburg gematrikuleer.[1]

Na matriek het hy by Voortrekkerpers, 'n drukkersfirma in Johannesburg, gaan gewerk tot hy in 1960 as 'n drukker gekwalifiseer het.[1]

Gesinslewe

In 1952 is hy met Mona Dreyer van Boshof, Vrystaat getroud.[1]

Dood

Op 2 Julie 1977 is hy in 'n motorbotsing by Tarlton, naby Krugersdorp in die ou Transvaal, oorlede.[1]

Diskografie

  • Die Klassieke, 2002 GALLO
  • The Heart & Soul of Gert Potgieter, 1999 CRESCENDO
  • Baba Boogie/Moeder 7", 1975 BRIGADIERS/EMI
  • Serenade, LP, 1967 WORLD RECORD CO.
  • Serenade, LP, 1970 WORLD RECORD CO.
  • Yellow Bird, LP
  • One Day of You Life
  • The Song of My Life
  • Hoor My Lied
  • Jy Is My Liefling, LP, 1968 BRIGADIERS/KAVALIER FILMS
  • You've Got Me on a Merry-Go-Round / Sweet Maria, 7", 1971 WORLD RECORD CO.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Potgieter, Gerhardus Petrus (Gert)". Dictionary of South African Biography V. (1981). Human Sciences Research Council. 605–6. ISBN 0-409-09183-9. URL besoek op 10 Augustus 2009. 

Sien ook

Eksterne skakels