Geraniaceae
Geraniaceae, of die geraniumfamilie,[3] is ’n familie blomplante van die orde Geraniales. Die naam is afgelei van die genus Geranium. Dit sluit beide dié genus in en die tuinplante bekend as geraniums, of malvas, wat in die genus Pelargonium val, asook vyf tot agt ander genera. Daar is sowat 800 spesies in die familie. Die meeste spesies word in gematigde of warm klimaatstreke aangetref, hoewel sommige tropies is. Pelargonium word veral in die streke van die voormalige Kaapprovinsie in Suid-Afrika aangetref, waar daar ’n groot verskeidenheid is. EienskappeGeraniaceae bestaan uit kruidplante en substruike. Die genus Sarcocaulon is vetplante, maar die meeste ander lede van die familie is nie. Die plante se blare is skildvormig, teenoorstaande of afwisselend, en het gewoonlik steunblare. Die blomme is gewoonlik simmetries. Hulle is tweeslagtig, aktinomorf (radiaal simmetries, soos in Geranium) of effens sigomorf (met ’n bilaterale simmetrie, soos in Pelargonium). Die blomkelk en -kroon is albei vyflobbig. Die meeldraadkrans bestaan uit twee groepe van vyf meeldrade elk, waarvan sommige steriel kan wees. Die vrugbeginsel is bostandig. Blomme is gewoonlik gegroepeer in byskerms (bv. in Geranium), bloeiskerms (bv. in Pelargonium) of soms, maar selde, blomare. Die familie word gewoonlik deur insekte bestuif, maar selfbestuiwing is nie ongewoon nie. Die vrug is ’n unieke splitvrug wat uit vyf (of drie) dopvrugte bestaan. Die onderste dele van die dopvrugte is in die blomkelk, terwyl die boonste deel die blomstyl is. Wanneer die vrugte ryp is, breek die blomstyl in vyf (of drie) borsels wat gereed is om water te absorbeer. Die borsels krul en die dopvrugte word vrygestel.
Sien ookVerwysings
Eksterne skakels
Information related to Geraniaceae |