General Motors

General Motorsmaatskappy
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig General Motors Korporasie
16 September 1908
General Motorsmaatskappy
10 Julie 2009
Hoofkantoor Detroit, MichiganVerenigde State
Liggings396 fasiliteite op 6 kontinente[1]
SleutelpersoneMary Barra (Voorsitter en HUB)
Mark Reuss (President)
Paul A. Jacobson (HFO)
Gebied bedienWêreldwyd (uitsluitend Noord-Korea, Kuba, Iran, Soedan en Sirië)
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotors, motoronderdele, kommersiële voertuie
DiensteVoertuigfinansiering
Inkomste$127,004 miljard (2021)[2]
Bedryfsinkomste$9,324 miljard (2021)[2]
Netto inkomste$3,949 miljard (2021)[2]
Werknemers157 000 (2021)[1]
DivisiesBuick, Chevrolet, Cadillac, GMC
Webwerfgm.com

General Motorsmaatskappy, algemeen bekend as GM, is 'n Amerikaanse multinasionale korporasie met sy hoofkwartier in Detroit, Michigan. Dit ontwerp, vervaardig, bemark en versprei voertuie en voertuigonderdele en finansiële dienste wêreldwyd.

General Motors produseer voertuie in 37 lande onder dertien handelsmerke: Alpheon, Chevrolet, Buick, GMC, Cadillac, Holden, HSV, Opel, Vauxhall, Wuling, Baojun, Jie Fang, en UzDaewoo.[1] General Motors het 'n 20% belang in IMM, en 'n 77% -belang in GM Korea. Dit het ook 'n aantal gesamentlike ondernemings, insluitend Sjanghai GM, SAIC-GM-Wuling en FAW-GM in China, GM-AvtoVAZ in Rusland, Ghandhara Industries in Pakistan, GM Oesbekistan, General Motors Indië, General Motors Egipte en voorheen in Isuzu Trucks South Africa.

General Motors het 212 000 persone in diens en doen sake in meer as 120 lande. General Motors is verdeel in vyf sakesegmente: GM Noord-Amerika (GMNA), Opel Groep, GM internasionale bedrywighede (GMIO), GM Suid-Amerika (GMSA), en GM Finansieël.

General Motors het vir 77 jaar agtereenvolgens wêreldwye motorverkope gelei – vanaf 1931 tot die middel 2007 – meer as enige ander vervaardiger, en is steeds een van die wêreld se grootste motorvervaardigers gereken per voertuigeenhede verkoop.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 "Our Company" (in Engels). General Motors. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2016. Besoek op 4 Maart 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 "2013 Form 10-K, General Motors Company" (in Engels). Google Finance. 27 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2017.