Gamma Corvi (afgekort as γ Crv) is ’n dubbelster en die helderste ligpunt in die sterrebeeldKraai (Corvus), met ’n skynbare magnitude van 2,59.[8] Die stelsel se twee komponente word Gamma Corvi A (amptelik Gienah, wat tradisioneel die naam van die stelsel was)[9][9][10]) en Gamma Corvi B genoem. Hulle is sowat 154 ligjare van die Son af.[2]
Name
"Gamma Corvi" is die stelsel se Bayer-naam. Die tradisionele naam, "Gienah", is afgelei van die Arabiese, الجناح الغراب اليمن al-janāħ al-ghirāb al-yaman, "die regtervlerk van die kraai", hoewel dit op moderne kaarte as die linkervlerk aangedui word.[11] Die ster Epsilon Cygni het ook dié tradisionele naam gehad en Gamma Corvi is "Gienah Corvi" of "Gienah Ghurab" genoem om dit van die ster in die Swaan te onderskei.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[12] besluit om eiename aan individuele sterre te gee eerder as aan stelsels.[13] Die WGSN het op 6 November 2016 die naam "Gienah" toegeken aan die komponent Gamma Corvi A en op 30 Junie 2017 die naam "Aljanah" aan Epsilon Cygni Aa omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Eienskappe
Gamma Corvi A is ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van B8 III.[1][3] Sy massa is sowat 4,2 keer dié van die Son.[5] Dit het ’n blouwit kleur.[14] Sy spektrum toon ’n hoër as normale hoeveelheid kwik en mangaan, wat dit ’n kwik-mangaanster maak.[15] Ook van ander elemente is daar ’n hoër of laer hoeveelheid as normaalweg teenwoordig.[16] Dié chemiese afwyking in ’n andersins stabiele steratmosfeer kan moontlik toegeskryf word aan die skeiding van die elemente deur verstrooiing en swaartekragbesinking.[15]
γ Crv A het ’n bevestigde metgesel met ’n massa van sowat 0,8 keer dié van die Son wat met ’n periode van 158 jaar sowat 50 AE van hom af wentel.[5] Dié ster se sterreklassifikasie is in die omgewing van K5-M5 V.[6]
Verwysings
↑ 1,01,1Houk, Nancy (1978), "Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars", Michigan Catalogue of Two-dimensional Spectral Types for the HD Stars. Volume 4 (Ann Arbor: Dept. of Astronomy, University of Michigan) 4, Bibcode: 1988mcts.book.....H
↑ 3,03,13,23,3Cousins, A. W. J. (1984), "Standardization of Broadband Photometry of Equatorial Standards", South African Astronomical Observatory Circulars8: 59, Bibcode: 1984SAAOC...8...59C
↑ 5,05,15,25,3Janson, Markus et al. (Augustus 2011), "High-contrast Imaging Search for Planets and Brown Dwarfs around the Most Massive Stars in the Solar Neighborhood", The Astrophysical Journal736 (2): 89, doi:10.1088/0004-637X/736/2/89, Bibcode: 2011ApJ...736...89J
↑ 6,06,1Roberts, Lewis C., Jr.; Turner, Nils H.; ten Brummelaar, Theo A. (Februarie 2007), "Adaptive Optics Photometry and Astrometry of Binary Stars. II. A Multiplicity Survey of B Stars", The Astronomical Journal133 (2): 545–552, doi:10.1086/510335, Bibcode: 2007AJ....133..545R
↑Abt, Helmut A.; Levato, Hugo; Grosso, Monica (Julie 2002), "Rotational Velocities of B Stars", The Astrophysical Journal573 (1): 359–365, doi:10.1086/340590, Bibcode: 2002ApJ...573..359A
↑ 9,09,1Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hersiene uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN978-1-931559-44-7.
↑"Naming Stars" (in Engels). IAU.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 16 Desember 2017.
↑ 15,015,1Adelman, S. J. et al. (Februarie 2006), "Elemental abundance analyses with DAO spectrograms. XXIX. The mercury-manganese stars 53 Tau, β Tau, γ Crv, and υ Her", Astronomy and Astrophysics447 (2): 685–690, doi:10.1051/0004-6361:20053581, Bibcode: 2006A&A...447..685A
↑Fremat, Y.; Houziaux, L. (April 1997), "Elemental abundances in the Hg-Mn star γ Corvi", Astronomy and Astrophysics320: 580–585, Bibcode: 1997A&A...320..580F