Fundamentele wisselwerking

Bosone dra die vier fundamentele kragte oor.
Die deeltjies van die Standaardmodel.

In fisika is daar vier fundamentele wisselwerkings, ook bekend as basiese natuurkragte. Alle kragte volg uit dié vier basiese wisselwerkings. Hulle is die swaartekrag- en die elektromagnetiese wisselwerking, wat aansienlike kragte oor ’n lang afstand produseer waarvan die uitwerking in die alledaagse lewe gesien kan word, en die sterk en die swak wisselwerking, wat kragte op subatomiese afstande produseer.

Sommige wetenskaplikes[1][2][3] glo daar bestaan dalk ’n vyfde krag, maar dit word nie algemeen aanvaar nie en is nog nie bewys nie.

Werking

Elk van die bekende fundamentele wisselwerkings kan wiskundig as ’n veld beskryf word. Swaartekrag word toegeskryf aan die kromming van ruimtetyd, wat deur Einstein se algemene relatiwiteitsteorie beskryf word. Die ander drie is diskrete kwantumvelde en hul wisselwerkings word bemiddel deur elementêre deeltjies wat in die Standaardmodel[4] van deeltjiefisika beskryf word.

Binne die Standaardmodel word die sterk wisselwerking oorgedra deur ’n deeltjie met die naam gluon en is dit verantwoordelik vir die binding van kwarke om hadrone soos protone en neutrone te vorm. As ’n nawerking skep dit die kernkrag wat laasgenoemde deeltjies bind om atoomkerns te vorm. Die swak wisselwerking word oorgedra deur deeltjies bekend as W- en Z-bosone. Dit werk ook in op die kerns van atome en bemiddel radioaktiewe verval. Die elektromagnetiese krag, wat deur fotone oorgedra word, skep elektriese en magneetvelde wat verantwoordelik is vir die aantrekking tussen wentelende elektrone en atoomkerns, en dit hou atome bymekaar. Dit is ook verantwoordelik vir chemiese binding en elektromagnetiese golwe, insluitende sigbare lig, en vorm die grondslag vir elektriese tegnologie. Hoewel die elektromagnetiese krag baie sterker as swaartekrag is, is dit geneig om homself in groot voorwerpe uit te kanselleer. Oor die grootste afstande (op die skaal van planete en sterrestelsels) is swaartekrag dus geneig om die oorheersende krag te wees.

Al vier fundamentele kragte is vermoedelik verwant en by hoë energieë op ’n minuskule lengte, die Plancklengte,[5] in ’n enkele krag verenig. Deeltjieversnellers kan egter nie die enorme energieë opwek wat nodig is om dit eksperimenteel te ondersoek nie. Pogings om ’n algemene teoretiese raamwerk op te stel wat die verhouding tussen die kragte sal verduidelik, is vandag moontlik die grootste mikpunt van teoretiese fisici. Die swak en die elektromagnetiese krag is reeds verenig met die elektroswak teorie van Sheldon Glashow[6], Abdus Salam[7] en Steven Weinberg,[8] en daarvoor het hulle in 1979 die Nobelprys vir fisika gewen. Die kombinasie van die sterk krag met dié twee kragte (die "teorie van die groot vereniging") is goed onderweg, hoewel daar nog geen eksperimentele bewys voor is nie. Die kombinasie van swaartekrag en die ander wisselwerkings (die teorie van alles), is egter nog steeds problematies omdat swaartekrag deur die algemene relatiwiteitsteorie beskryf word en die ander kragte deur die kwantumteorie, en hulle is moeilik verenigbaar.

Die vier fundamentele wisselwerkings van die natuur[9]
Eienskap/wisselwerking Swaartekrag Swak Elektromagneties Sterk
(Elektroswak) Fundamenteel Residueel
Werk in op: Massa/energie Geur Elektriese lading Kleurlading
Gebonde toestande gevorm: Planete, sterre, sonnestelsel, sterrestelsels n.b. Atome, molekules Hadrone Atoomkern
Deeltjies wat ondervind: Alle deeltjies Linkerhandse fermione Met elektriese lading Kwarke, gluone Hadrone
Deeltjies wat bemiddel: Nog nie waargeneem
(hipoteties swaartekrag)
W+, W en Z0 γ (foton) Gluone π-, ρ- en ω-mesone
Sterkte op die skaal van kwarke: 10−41(voorspel) 10−4 1 60 Nie betrekking
op kwarke
Sterkte op die skaal van
protone/neutrone:
10−36(voorspel) 10−7 1 Nie betrekking
op hadrone
20

Oorsig van die fundamentele wisselwerkings

In die begripsmodel van fundamentele wisselwerkings bestaan materie uit fermione, wat eienskappe het soos ladings en spin ±12. Hulle trek mekaar aan of stoot mekaar af deur bosone uit te ruil.

’n Oorsig van die verskeie families van elementêre en saamgestelde deeltjies en die teorieë wat hul wisselwerking beskryf.

Die model vir die wisselwerking van enige paar fermione lyk dan so:

Twee fermione gaan in → wisselwerking deur bosonuitruiling → twee veranderde fermione kom uit.

Die uitruiling van bosone dra altyd energie en momentum oor tussen die fermione, en verander so hul snelheid en rigting. Die uitruiling kan ook ’n lading tussen die fermione vervoer en die ladings van die fermione in die proses verander (dus een soort fermion in ’n ander verander). Omdat bosone een eenheid hoekmomentum het, sal die fermion se spinrigting verander van +12 in −12 (of omgekeerd).

Omdat ’n wisselwerking daartoe lei dat fermione mekaar aantrek en afstoot, is "krag" ’n ouer term vir wisselwerking.

Die magnitude en gedrag van die vier fundamentele kragte verskil grootliks, soos in die tabel onder gesien kan word. Moderne fisici probeer elke waargenome fisiese verskynsel aan die hand van hierdie fundamentele wisselwerkings verduidelik. Dit blyk ook wenslik te wees om die getal verskillende soorte wisselwerkings te verminder. Twee voorbeelde hiervan is die kombinasie van:

  • die elektriese en die magnetiese krag in die elektromagnetiese krag;
  • die elektromagnetiese en die swak krag in die elektroswak krag.

Beide magnitude ("relatiewe sterkte") en "reikwydte", soos in die tabel aangedui, is net betekenisvol binne ’n taamlik ingewikkelde teoretiese raamwerk. Kennis moet ook geneem word dat die tabel eienskappe van ’n begripskema lys wat nog ondersoek word.

Wisselwerking Huidige teorie Bemiddelaars Relatiewe sterkte Langafstandgedrag Reikwydte (m)
Swak Elektroswak teorie (EWT) W- en Z-bosone 1025 10−18
Sterk Kwantumchromodinamika
(QCD)
Gluone 1038
(kleurinperking
10−15
Elektromagneties Kwantumelektrodinamika
(QED)
Fotone 1036
Swaartekrag Algemene relatiwiteit
(GR)
Gravitone (hipoteties) 1

Die moderne kwantummeganiese siening van die fundamentele kragte buiten swaartekrag is dat materiedeeltjies (fermione) nie regstreeks in ’n wisselwerking betrokke is nie, maar ’n lading het en virtuele deeltjies (ykbosone) uitruil wat die kragdraers of -bemiddelaars is. Fotone bemiddel byvoorbeeld die wisselwerking van elektriese ladings, en gluone bemiddel die wisselwerking van kleurladings.

Verwysings

  1. Fackler, Orrin; Tran, J. Thanh Van (1988). 5th Force Neutrino Physics. Atlantica Séguier Frontières. ISBN 2863320548.
  2. Weisstein, Eric W. (2007). "Fifth Force". World of Science (in Engels). Wolfram Research. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2019. Besoek op 14 September 2017.
  3. Franklin, Allan; Fischbach, Ephraim (2016). The Rise and Fall of the Fifth Force: Discovery, Pursuit, and Justification in Modern Physics, 2nd Ed. Springer. ISBN 3319284126.
  4. "The Standard Model of Particle Physics | symmetry magazine". www.symmetrymagazine.org. Besoek op 30 Oktober 2018.
  5. "The Planck scale". symmetry magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 30 Oktober 2018.
  6. "The Nobel Prize in Physics 1979". NobelPrize.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2018. Besoek op 30 Oktober 2018.
  7. "The Nobel Prize in Physics 1979". NobelPrize.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 30 Oktober 2018.
  8. "The Nobel Prize in Physics 1979". NobelPrize.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2018. Besoek op 30 Oktober 2018.
  9. "Standard Model of Particles and Interactions". jhu.edu (in Engels). Johns Hopkins University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2016. Besoek op 18 Augustus 2016. .gif

Eksterne skakels

Read other articles:

British game show Dara Ó Briain: School of Hard SumsGenreComedyWritten bySarah MorganGed ParsonsGeorge SawyerColin SwashDirected byMike BradleySamuel WilkinsonRichard ValentinePresented byDara Ó BriainStarringMarcus du SautoyTheme music composerMarc SylvanCountry of originUnited KingdomOriginal languageEnglishNo. of series3No. of episodes24 (list of episodes)ProductionExecutive producersRichard WatshamKatherine ParsonsPhil MorrowProducersMike BradleySamuel WilkinsonHelen YoungerProduction l...

 

The Tarix JabrixSutradaraIqbal RaisProduserChand Parwez ServiaSkenarioHilman MutasiReza KelingSofyan JambulPemeranThe ChangcutersCarissa PutriFrancine RoosendaArio BayuSellen FernandezAndrew Ralph RoxburghSam BimboSamsudin HardjakusumahIga MawardiInggrid WidjanarkoJoe Project PAlblen Filindo FabeFerina WidodoEdi BrokoliDhawiya ZaidaCecep RezaBudiman SudjatmikoTyas MirasihCandilHanung BramantyoPenata musikCandilSinematograferDicky R. MalandPenyuntingCesa David LuckmansyahPerusahaanproduk...

 

A modern coffee vending machine in Leuven, Belgium The coffee vending machine is a vending machine that dispenses hot coffee and other coffee beverages. Older models used instant coffee or concentrated liquid coffee and hot or boiling water, and provided condiments such as cream and sugar. Some modern machines prepare various coffee styles such as mochas and lattes and use ground drip coffee, and some fresh-grind the coffee to order using a grinder in the machine. The machine was invented in ...

American politician and judge (1810-1883) George SharswoodMember of the Pennsylvania House of RepresentativesIn office1837-1838In office1842-1843Select council for PhiladelphiaIn office1839-1840Pennsylvania district judgeIn office1845-1867Associate justice of the Supreme Court of PennsylvaniaIn office1868-1879Chief justice of the Supreme Court of PennsylvaniaIn office1879-1882Preceded byDaniel AgnewSucceeded byUlysses Mercur Personal detailsBorn(1810-07-07)July 7, 1810Philadelphia, Pennsylvan...

 

Kalender tradisional Korea adalah kalender lunisolar yang digunakan di Korea, dan secara langsung mengikuti kalender Tionghoa karena hingga akhir abad ke-19, Korea masih berupa kerajaan pembayar upeti ke Tiongkok. Sebagai penghormatan terhadap Kekaisaran Tiongkok, setiap tahunnya penguasa Korea akan menerima secara hormat kalender Tionghoa yang baru dari Kaisar Tiongkok. Walaupun demikian, Korea memiliki perayaan tradisional tersendiri yang tanggal perayaannya dihitung berdasarkan garis linta...

 

Ne doit pas être confondu avec la commune de Västerås. Västerås Administration Pays Suède Province historique Västmanland Comté Västmanland Commune Västerås Statut de ville 990 Démographie Population 110 877 hab. (2010) Densité 2 094 hab./km2 Géographie Coordonnées 59° 37′ 00″ nord, 16° 32′ 00″ est Superficie 5 294 ha = 52,94 km2 Localisation Géolocalisation sur la carte : Suède Väster...

普密蓬·阿杜德ภูมิพลอดุลยเดช泰国先王普密蓬·阿杜德(官方肖像) 泰國國王統治1946年6月9日-2016年10月13日(70年126天)加冕1950年5月5日前任阿南塔玛希敦繼任玛哈·哇集拉隆功总理见列表出生(1927-12-05)1927年12月5日 美國马萨诸塞州剑桥奥本山醫院(英语:Mount Auburn Hospital)逝世2016年10月13日(2016歲—10—13)(88歲) 泰國曼谷西里拉醫院安葬曼谷僧...

 

ماري منيب معلومات شخصية اسم الولادة ماري سليم حبيب نصر الله الميلاد 11 فبراير 1905(1905-02-11)دمشق، ولاية سوريا، الدولة العثمانية الوفاة 21 يناير 1969 (63 سنة)القاهرة، مصر الجنسية  مصر الديانة مارونية مسيحية ثم أشهرت إسلامها عام 1937 الزوج فهمي عبد السلام الأولاد فؤاد منيببديع منيب أ...

 

Professional body of lawyers This article is about the professional body of lawyers. For other uses, see Bar (disambiguation). For the broader meaning of bar in legal contexts, see Bar (law). For the Star Trek: Deep Space Nine episode, see Bar Association (Star Trek: Deep Space Nine). This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (July 2015) (Learn how and w...

Ethnic group Chinese Jews中国犹太人 / 中國猶太人יהודים סיניים‎Total population3,000 (2021)[1]Regions with significant populationsKaifeng, Shanghai, Beijing, Harbin, TianjinLanguagesHebrew (liturgical), English, Mandarin, Cantonese (formerly), Judeo-Persian (historic)ReligionJudaismRelated ethnic groupsHui peopleBukharan Jews • Ashkenazi Jews • Sephardi Jews • Mizrahi JewsOther Jewish ethnic divisions Part of a s...

 

List of events ← 1964 1963 1962 1965 in the United States → 1966 1967 1968 Decades: 1940s 1950s 1960s 1970s 1980s See also: History of the United States (1964–1980) Timeline of United States history (1950–1969) List of years in the United States 1965 in the United States1965 in U.S. states and territories States Alabama Alaska Arizona Arkansas California Colorado Connecticut Delaware Florida Georgia Hawaii Idaho Illinois Indiana Iowa Kansas Kentucky Louisiana Maine Maryland Ma...

 

Front page of The Tasmanian, 1 January 1881 The Tasmanian was a newspaper published in Launceston, Tasmania, Australia between 1871 and 1895.[1] Digitised editions from 1881 to 1895 are available via Trove.[1] See also List of newspapers in Australia References ^ a b The Tasmanian. National Library of Australia. Retrieved 26 August 2016. External links Media related to The Tasmanian at Wikimedia Commons The Tasmanian (Launceston, Tas. : 1871 - 1879) at Trove The ...

هذه المقالة بحاجة لصندوق معلومات. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة صندوق معلومات مخصص إليها. أداء نواب الرايخستاغ (البرلمان) التحية النازية لهتلر في دار أوبرا كرول ببرلين عام 1941. ناس يرددون التحية للنظام النازي عام 1938. التحية النازية، أو تحية هتلر أو هايل هتلر (بالألم�...

 

迪拉區Degmada Borama區坐标:10°11′15″N 43°10′13″E / 10.18763°N 43.17024°E / 10.18763; 43.17024國家 索马里州奧達勒州首府博拉馬时区EAT(UTC+3) 博拉馬區(索馬利亞語:Degmada Borama或Degmada Borame,阿拉伯语:بوراما ضلع‎)是索馬利亞時期的一個區,目前為位於索馬利蘭西方的奧達勒州[1]。首府為博拉馬。 參考資料 ^ Districts of Somalia (页面存档备份...

 

麦夸里岛世界遗产麦夸里岛的衛星雲圖官方名稱Macquarie Island(英文)Île Macquarie(法文)位置 澳大利亞(亚洲和太平洋地区)標準自 (vii) (viii)参考编码629登录年份1997(第21屆會議)面积557,280 公顷網站UNESCO的记录(英文) 正投影圖 麥覺理島(英語:Macquarie Island)是澳洲的一個島,位於太平洋西南邊陲,距塔斯曼尼亞州東南部1,500公里,相當於從澳洲到南極洲的一半路�...

Form of natural gas for easier storage and transport LNG redirects here. For other uses, see LNG (disambiguation). Not to be confused with liquefied petroleum gas, nor with compressed natural gas, nor with natural-gas condensate (natural gas liquids). A liquefied natural gas ship at Świnoujście LNG terminal in Poland Liquefied natural gas (LNG) is natural gas (predominantly methane, CH4, with some mixture of ethane, C2H6) that has been cooled down to liquid form for ease and safety of non-p...

 

Overview of the culture of Assam, India This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Culture of Assam – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2016) (Learn how and when to remove this message) Part of a series on theCulture of Assam HistoryProto-historic Pragjyotisha kingdom Classical Kamarupa ...

 

Un battoir à linge Le battoir à linge (connu sous le nom de thaapi en langues Haryanvi et Hindi), est un outil à main utilisé pour faire la lessive. Il est fait de bois, en forme de pelle à enfourner, mais avec un manche beaucoup plus court utilisé comme poignée. Il était utilisé pour battre les vêtements et les draps mouillés, repoussant la saleté en martelant les objets contre une planche à laver, ou contre les dalles plates établies dans la buanderie.Il a été créé en 1478...

New Zealand discus thrower Beatrice FaumuinaONZMFaumuina in 2013Personal informationFull nameBeatrice Roini Liua FaumuinaBorn (1974-10-23) 23 October 1974 (age 49)Auckland, New ZealandHeight1.80 m (5 ft 11 in)Weight116 kg (256 lb)SportCountryNew ZealandSportAthleticsEventDiscusCoached byLes Mills Medal record Women's athletics Representing  New Zealand World Championships 1997 Athens Discus Commonwealth Games 1998 Kuala Lumpur Discus 2002 Manchester Dis...

 

خان يونس خان يونس    خان يونسشعار بلدية خان يونس تاريخ التأسيس 1388 م 1917 م تأسيس البلدية تقسيم إداري البلد  فلسطين[1] عاصمة لـ محافظة خان يونس  المحافظة محافظة خان يونس المسؤولون رئيس البلدية علاء الدين البطة[2] خصائص جغرافية إحداثيات 31°20′38″N 34°18′09″E / &#...