Four Jacks and a Jill

Four Jacks and a Jill
OorsprongSuid-Afrika
GenresRock
Jare aktief1964 tot nou
Webwerfhttp://www.4jacksandajill.co.za/

Four Jacks and a Jill is 'n Suid-Afrikaanse rockgroep. Die groep sing hoofsaaklik in Engels, maar is ook bekend vir enkele Afrikaanse treffers soos Ramaja en Een, twee, drie.

Die groep is in 1964 gestig, aanvanklik sonder 'n "Jill" en onder 'n ander naam. Later sluit die sangeres Glenys Lynne by hulle aan en die naam word aangepas. Die ander groeplede is Clive Harding (baskitaar), Till Hanamann (kitaar), Bruce Barks (kitaar), en Tony Hughes (dromme).

Hulle eerste groot treffer in Suid-Afrika was "Timothy". In 1968 betree hulle die Amerikaanse treffersparade met hulle liedjie "Master Jack". Die liedjie bereik nommer 18 op die "Billboard Hot 100" en nommer 3 op die "Adult Contemporary chart".[1] Die liedjie bereik ook no. 5 op Cashbox (tydskrif) en word 'n no. 1 treffer in Suid-Afrika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Maleisie, en Rhodesië (nou Zimbabwe). Hulle opvolg enkelspeler, "Mr. Nico", bereik no. 98 in die Verenigde State. Dit was hulle laaste treffer in die VSA, maar die groep het steeds treffers in hulle tuisland, Suid-Afrika opgelewer.[2]

Diskografie

  • Jimmy Come Lately, RCA Victor, 1965
  • The House With The White Washed Gables, RCA Victor, 1967
  • Timothy And Other Hits, RCA Victor, 1967
  • Master Jack, RCA Records, 1968

Geestelike albums:

  • A Time For Giving Volume 1 (Jill Music Publishers, 2004)
  • A Time For Giving Volume 2 (Jill Music Publishers, 2004)
  • A Time Of Faith Volume 1 (Jill Music Publishers)
  • A Time Of Faith Volume 2 (Jill Music Publishers)

Ter bekamping van geweld teen diere:

  • The Adventures of Tony and Friends - Volume 1 (Jill Music Publishers, 2004)
  • The Adventures of Tony and Friends - Volume 2 (Jill Music Publishers, 2004)
  • The Adventures of Tony and Friends - Volume 3 (Jill Music Publishers, 2004)
  • The Adventures of Tony and Friends - Volume 4 (Jill Music Publishers, 2009)
  • The Adventures of Tony and Friends - Volume 5 (Jill Music Publishers, 2011)

Ter ondersteuning van die Instituut vir Blindes:

  • The Adventures of Angel and Friends - Volume 1 (Jill Music Publishers, 2004)
  • The Adventures of Angel and Friends - Volume 2 (Jill Music Publishers, 2006)

Ter ondersteuning van die Nasionale St. Giles Assosiasie:

  • The Adventures of Peter and Friends - Volume 1 (Jill Music Publishers, 2004)
  • The Adventures of Peter and Friends - Volume 2 (Jill Music Publishers, 2009)

Ter ondersteuning van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede:

  • On Tour with The New Jeans - Volume 1 (2011)
  • On Tour with The New Jeans - Volume 2 (2012)

Instrumentale albums:

  • An African Tapestry (2007)
  • Music to Drive By (2008)
  • Ornaments of the Sky (2008)
  • Escape to Africa (2009)
  • Birds in Song (2010)
  • An African Farm (2011)
  • An African Safari (2011)

Lede

  • Glenys Lynne — stem
  • Clive Harding — baskitaar
  • Till Hanneman — kitaar (later vervang deur Keith Andrews)
  • Bruce Bark — kitaar
  • Tony Hughes — dromme (akka Tony (John) Rouse)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels