Die Filippynse kikkerbek (Batrachostomus septimus) is 'n nagvoëltjie wat slegs in die Filippyne voorkom. In Filippyns staan die voël as die "pawpaw" bekend. Daar is nie baie inligting oor die voëltjie bekend nie aangesien hulle slegs in die nag aktief is en nie enige roepe of geluide maak nie. Hulle vreet sprinkane, krieke, sonbesies, ens.