Fenisiese alfabet

Fenisiese alfabet
Soort skryfstelsel   Abjad
Tyd gebruik Van 1050 v.C. totdat ander vorme dit geleidelik vervang het
Rigting Regs na links
Tale Fenisies
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
Dogterstelsels
ISO 15924 Phnx, 115
Unicode Phoenician, U+10900–U+1091F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Fenisiese alfabet, ook die Proto-Kanaänitiese alfabet genoem vir inskripsies voor omstreeks 1050 v.C., is ’n konsonantale alfabet, of abjad.[2] Dit het dus geen klinkers nie. Dit is gebruik vir die skryf van Fenisies, ’n Noord-Semitiese taal wat deur die Fenisiërs gepraat is.

Toe die Fenisiese skrif in die 19de eeu vir die eerste keer ontdek is, was die oorsprong daarvan onbekend. Geleerdes het eers geglo dit was ’n direkte variant van Egiptiese hiërogliewe.[3] Die idee was veral gewild vanweë die ontsyfering van hiërogliewe kort tevore. Hulle kon egter geen skakel vind tussen die twee skryfstelsels nie.

In 2005 het Unesco die Fenisiese alfabet geregistreer as ’n Wêrelderfenisdokument van Libanon.[4]

Verspreiding

Fenisies het een van die wydste verspreide skryfstelsels geword deurdat Fenisiese handelaars dit deur die hele Mediterreense wêreld versprei het, waar dit deur baie kulture aangeneem en aangepas is.

Die Aramese alfabet, een van die aangepaste weergawes, was die voorloper van die moderne Arabiese alfabet en Hebreeuse skrif. Die Griekse alfabet (en daardeur ook die Latynse, Cyrilliese en Koptiese alfabet), was ’n direkte uitvloeisel van Fenisies, hoewel sekere letterwaardes verander is om klinkers voor te stel.

Omdat die letters oorspronklik met ’n skryfstif aangebring is, was die vorm van die letters reguit en hoekig. Meer kursiewe vorms het later al hoe meer voorgekom en daaruit het die Neo-Puniese alfabet van die Noord-Afrika van die Romeinse periode ontwikel. Die skrif is gewoonlik van regs na links geskryf, maar sommige tekste is heen en weer geskryf.

Geskiedenis

Die Proto-Sinaïtiese alfabet was van omstreeks 1850 v.C. in gebruik in die Sinai-skiereiland deur Kanaänities-sprekendes. Daar is sporadiese voorbeelde van baie kort Proto-Sinaïtiese inskripsies in Kanaän in die middel- en laat-Bronstydperk, maar die skrif is nie wyd gebruik voor die opkoms van die nuwe Semitiese koninkryke in die 13de en 12de eeu v.C. nie.

Daar is na die skrif verwys as "Proto-Kanaänities" tot die middel van die 11de eeu, en as "Fenisies" eers ná 1050 v.C.[5]

Die Fenisiese aanpassing van die alfabet was uiters suksesvol en variasies is van omstreeks die 9de eeu om die Middellandse See aanvaar. Die gewildheid was hoofsaaklik te danke aan die fonetiese aard van die alfabet; dit was die eerste algemeen gebruikte skrif waar een klank deur een simbool voorgestel is. Ander skrifte van dié tyd, soos wigskrif en Egiptiese hiërogliewe, het talle komplekse karakters gebruik en was moeilik om te leer.[6] Nog ’n rede vir sy sukses was die handelkultuur van die Fenisiërs, wat die alfabet na dele van Noord-Afrika en Europa versprei het.[7]

Vanweë die eenvoud daarvan kon dit vir verskillende tale gebruik word en het baie mense leer skryf en lees. Voorheen was dit net lede van die koninklike en geestelike lae van die samelewing beskore en hulle het skryf as ’n magsinstrument gebruik om toegang tot inligting vir die grootste deel van die bevolking te beperk.[8]

Letters

Die name van Fenisiese letters is basies dieselfde as in die voorafgaande skrifte en is afgelei van die woordwaardes van die oorspronklike hiërogliewe.[9] Die oorspronklike woord is uit Egipties in die Semitiese taal vertaal, en die beginklank van die vertaalde woord is dan gebruik as die naam van die letter.[10]

Die letters wat hier onder gewys word, is geïdealiseerde weergawes van die werklike letters, wat rowwer geskryf was en meer van mekaar verskil het. Vorms het ook aansienlik gewissel tussen streke en tydperke.

Toe die Grieke alfabeties begin skryf, het hulle dieselfde lettervorms gebruik en klinkers is bygevoeg. Daar was egter verskillende variasies in verskillende streke van Griekeland, veral in die manier waarop letters gebruik is waarvoor daar nie presiese klanke in Grieks was nie. Een van dié weergawes het ontwikkel in die Griekse alfabet en ’n ander een in die Latynse alfabet, en dit verklaar die verskille tussen die twee.

Die tabel wys die grafiese evolusie van die Fenisiese lettervorms in ander alfabette. Die klankwaardes het aansienlik verander – toe die alfabette ontstaan het en ook vanweë geleidelike veranderings in die tale wat dit gebruik het.

 Letter   Naam   Betekenis   Unicode/IFA   Ooreenstemmende letter in 
 Hebreeus   Siries   Arabies   Grieks   Latyn   Cyrillies 
Aleph alf os ʾ ʔ א ܐ Αα Aa Аа
Beth bet huis b b ב ܒ Ββ Bb Бб, Вв
Gimel gaml kameel g ɡ ג ܓ Γγ Cc, Gg Гг, Ґґ
Daleth delt deur d d ד ܕ د, ذ Δδ Dd Дд
He he venster h h ה ܗ ھ Εε Ee Ее, Єє, Ээ
Waw wau hoek w w ו ܘ Ϝϝ, Υυ Ff, Uu, Vv, Yy, Ww (Ѵѵ), Уу, Ўў
Zayin zai wapen z z ז ܙ Ζζ Zz Жж, Зз
Heth het muur ḥ ħ ח ܚ ح, خ Ηη Hh Ии, Йй
Teth tet wiel ṭ tˤ ט ܛ ط, ظ Θθ (Ѳѳ)
Yodh yod hand y j י ܝ ي Ιι Ii, Jj Іі, Її, Јј
Kaph kaf palm (van hand) k k כך ܟ Κκ Kk Кк
Lamedh lamd sambok l l ל ܠ Λλ Ll Лл
Mem mem water m m מם ܡ Μμ Mm Мм
Nun nun slang n n נן ܢ Νν Nn Нн
Samekh semk vis s s ס ܣ, ܤ Ξξ, dalk Χχ dalk Xx (Ѯѯ), dalk Хх
Ayin ain oog ʿ ʕ ע ܥ ع, غ Οο, Ωω Oo Оо
Pe pe mond p p פף ܦ ف Ππ Pp Пп
Sadek sade jag ṣ sˤ צץ ܨ ص, ض (Ϻϻ) Цц, Чч, Џџ
Qoph qof naaldoog q q ק ܩ (Ϙϙ), dalk Φφ, Ψψ Qq (Ҁҁ), dalk Фф, (Ѱѱ)
Res rosh kop r r ר ܪ Ρρ Rr Рр
Sin shin tand š ʃ ש ܫ ش, س Σσς Ss Сс, Шш, Щщ
Taw tau merk t t ת ܬ ت, ث Ττ Tt Тт

Unicode

Die Fenisiese alfabet is by die Unicode-standaard gevoeg in Julie 2006, met die uitreiking van weergawe 5.0. Die Unicode-blok vir Fenisies is U+10900–U+1091F.

Sien ook

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

  1. Himelfarb, Elizabeth J. "First Alphabet Found in Egypt", Archaeology 53, uitg. 1 (Januarie/Februarie 2000): 21.
  2. Fischer, Steven Roger (2004). A history of writing. Reaktion Books. p. 90.
  3. Jensen (1969) p. 256.
  4. Memory of the World, amptelike webtuiste
  5. Markoe (2000) p. 111
  6. Hock en Joseph (1996) p. 85.
  7. Daniels (1996) p. 94-95.
  8. Fischer (2003) p. 68-69.
  9. Jensen (1969) p. 262.
  10. Jensen (1969) p. 262-263.

Bronne

  • Thiollet, Jean-Pierre, Je m'appelle Byblos, H&D, Parys, 2005. ISBN 2 914 266 04 9
  • Aubet, Maria Eugenia, The Phoenicians and the West, Cambridge University Press, Londen, 2001.
  • Daniels, Peter T., et al. reds. The World's Writing Systems Oxford. (1996).
  • Jensen, Hans, Sign, Symbol, and Script, G.P. Putman's Sons, New York, 1969.
  • Coulmas, Florian, Writing Systems of the World, Blackwell Publishers Ltd, Oxford, 1989.
  • Hock, Hans H., en Joseph, Brian D., Language History, Language Change, and Language Relationship, Mouton de Gruyter, New York, 1996.
  • Fischer, Steven R., A History of Writing, Reaktion Books, 2003.
  • Markoe, Glenn E., Phoenicians. University of California Press. ISBN 0-520-22613-5 (2000) (hardeband)

Eksterne skakels

Read other articles:

Market, Tha Phra Chan Tha Phra Chan (Thai: ท่าพระจันทร์, pronounced [tʰâː pʰráʔ t͡ɕān]) is a pier on Rattanakosin Island, Bangkok, on the east bank of the Chao Phraya River, in Phra Nakhon District. The pier is beside Thammasat University's campus of the same name. Tha Phra Chan literally means 'moon pier' (tha, 'pier' or 'jetty', phra chan, 'moon'). More broadly, the name also refers to the area around the pier and the university. The area is also kno...

 

Russian footballer (born 1989) Edgar Prib Prib training with Greuther Fürth in 2012Personal informationDate of birth (1989-12-15) 15 December 1989 (age 34)Place of birth Neryungri, Sakha, Soviet UnionHeight 1.81 m (5 ft 11 in)Position(s) MidfielderTeam informationCurrent team Greuther Fürth IIYouth career1996–2008 Greuther FürthSenior career*Years Team Apps (Gls)2008–2009 Greuther Fürth II 35 (5)2009–2013 Greuther Fürth 101 (9)2013–2020 Hannover 96 128 (9)2015...

 

Zimbabwean shopping and office complex This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (May 2014) (Learn how and when to remove this template message) The pink-hued Eastgate Centre, with its distinctive chimneys Schematic of the natural ventilation of the building The Eastgate Centre is a shopping centre and office block in central Harare, Zimbabwe, designed b...

Isotop utama kobalt Iso­top Peluruhan kelim­pahan waktu paruh (t1/2) mode pro­duk 56Co sintetis 77,27 hri ε 56Fe 57Co sintetis 271,79 hri ε 57Fe 58Co sintetis 70,86 hri ε 58Fe 59Co 100% stabil 60Co renik 5,2714 thn β−, γ 60Ni Berat atom standar Ar°(Co)58,933194±0,00000358,933±0,001 (diringkas)[1]lihatbicarasunting Kobalt (27Co) yang terbentuk secara alami hanya terdiri dari satu isotop stabil, 59Co; oleh karena itu, kobalt adalah u...

 

A coffee table made out of a pallet - an example of upcycling. Sustainable furniture design and sustainable interior design is the design of a habitable interior using furniture, finishes, and equipment while addressing the environmental impact of products and building materials used. By considering the life-cycle impact of each step, from raw material through the manufacturing process and through the product's end of life, sustainable choices can be made. Design considerations can include us...

 

Tentara Nasional Indonesia Angkatan Udara Insigne de la TNI–AU Création 1946 - présent Pays Indonésie Allégeance Présidents d'Indonésie Type Force aérienne Effectif ~ 30 000 Fait partie de Forces armées indonésiennes Surnom TNI–AU Couleurs Devise Swa Bhuwana Paksa Anniversaire 9 avril Équipement 500 aéronefs Guerres Proclamation de l'indépendance de l'Indonésie Commandant Air Chief Marshal Yuyu Sutisna[Quand ?] modifier  La Tentara Nasional Indonesia A...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Dalam ...

 

أوفار    شعار الاسم الرسمي (بالفرنسية: Auvare)‏    الإحداثيات 43°59′17″N 6°54′29″E / 43.988055555556°N 6.9080555555556°E / 43.988055555556; 6.9080555555556[1]  [2] تقسيم إداري  البلد فرنسا[3]  التقسيم الأعلى الألب البحريةنيس  خصائص جغرافية  المساحة 18.27 كيلومتر مربع[...

 

American basketball player Norman CottomPersonal informationBornMarch 12, 1912DiedJuly 1, 1972(1972-07-01) (aged 60)NationalityAmericanCareer informationHigh schoolWiley (Terre Haute, Indiana)CollegePurdue (1932–1935)PositionForwardNumber7Career history1935–1937Indianapolis Kautskys Career highlights and awards Consensus All-American (1934) Third-team All-American – Converse (1935) Norman Cottom (March 12, 1912 – July 1, 1972) was an American professional basketball player for th...

Pour les articles homonymes, voir Colombie (homonymie). Colombie-Britannique British Columbia (en) Armoiries. Drapeau. Carte de localisation. Administration Pays Canada Capitale Victoria Plus grande ville Vancouver Entrée dans la Confédération 20 juillet 1871 (6e) Lieutenante-gouverneure Janet Austin Premier ministre David Eby (NPD) Législature Assemblée législative de la Colombie-Britannique Sièges à la Chambre des communes 42 (sur 338) Sièges au Sénat 6 (sur 105) Code p...

 

Canadian country music artist For other people with similar names, see Terry Clark. Terri ClarkTerri Clark performing from the CP Holiday Train, December 9, 2017Background informationBirth nameTerri Lynn SausonBorn (1968-08-05) August 5, 1968 (age 55)Montreal, Quebec, CanadaOriginMedicine Hat, Alberta, CanadaGenresCountryOccupation(s)Singer, songwriterInstrument(s)Vocals, guitarYears active1994–presentLabelsMercury Nashville, BNA, BareTrack/Capitol Nashville/EMI CanadaWebsiteOfficial w...

 

Capiz merupakan sebuah region di Filipina. Ibu kotanya ialah Roxas City. Provinsi ini terletak di region Visayas Barat. Provinsi ini memiliki luas wilayah 2.5.94,64 km² dengan memiliki jumlah penduduk 701.664 jiwa (2007). Provinsi ini memiliki angka kepadatan penduduk 270 jiwa/km². Pembagian wilayah Secara politis provinsi Capiz terbagi menjadi 16 munisipalitas dan 1 kota, yaitu: Cuartero Dao Dumalag Dumarao Ivisan Jamindan Ma-ayon Mambusao Panay Panitan Pilar Pontevedra President Rox...

Ádria SantosSantos (kanan) pada Paralimpiade 2016Informasi pribadiLahir11 August 1974 (1974-08-11) (usia 49)Nanuque, Brazil OlahragaOlahragaParalympic athleticsKelas penyandang cacatT11LombaLari cepat Rekam medali Mewakili  Brasil Paralympic Games 1988 Seoul 100m – B2 1988 Seoul 400m – B2 1988 Seoul 200m – T10 1988 Seoul 400m – B2 1988 Seoul 400m – T10 1992 Barcelona 100m – B2 1996 Atlanta 100m – T10 2000 Sydney 100m – T12 2000 Sydney 200m – T11 2000 Sydney 400m �...

 

Country in west Africa, 8th–13th centuries Gaogaoc. 7th century–1325CapitalGao[1]Common languagesSonghaiReligion Islam, African traditional religionGovernmentEmpireHistorical eraPostclassical Era• Established c. 7th century• Disestablished 1325 Succeeded by Songhai Empire Today part ofMali The Gao Empire was a powerful kingdom that ruled the Niger bend from approximately the 7th century CE until their fall to the Mali Empire in the late 14th century....

 

Movement to establish Pakistan, 1940–1947 Establishment of Pakistan redirects here. For the military term, see Establishment (Pakistan). Part of a series on theCulture of Pakistan History Pakistan Movement People People List of Pakistanis Pakistani name Languages Languages of Pakistan Traditions folklore Cuisine Eastern Mughlai Muhajir Hyderabadi Punjabi Saraiki Lahori Hazari Himachali Haryanvi Sindhi Parsi Western Balochi Hazara Pashtun Northern Chitrali Hunza Kalash Kashmiri Overseas and ...

Egyptian chemist Mostafa El-SayedEl-Sayed in March 2016BornEgyptNationalityEgyptianAlma materAin Shams University Florida State UniversityKnown forNanotechnologySpectroscopyEl-Sayed ruleAwardsKing Faisal International Prize 1990Irving Langmuir Award 2002National Medal of Science 2007 Glenn T. Seaborg Medal 2009 Priestley Medal 2016Scientific careerFieldsChemical physicistInstitutionsGeorgia Institute of TechnologyHarvard UniversityUniversity of California at Los AngelesDoctoral advi...

 

National association football team North KoreaAssociationDPR Korea Football AssociationConfederationAFC (Asia)Head coachSin Yong-namHome stadiumRungnado May Day StadiumFIFA codePRK First colours Second colours Asian GamesAppearances4 (first in 2002)Best result Silver: (2014) The North Korea national under-23 football team represents North Korea at football in the Asian Games as well as other under-23 international football tournaments including the AFC U-23 Asian Cup. It is governed by the DP...

 

Chronologies Données clés 1909 1910 1911  1912  1913 1914 1915Décennies :1880 1890 1900  1910  1920 1930 1940Siècles :XVIIIe XIXe  XXe  XXIe XXIIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroun, Cap-Vert, République centrafricaine, Comores, République du Congo, République démocratique du Congo, Côte d'Ivoire, Djibouti, Égyp...

此條目没有列出任何参考或来源。 (2017年2月7日)維基百科所有的內容都應該可供查證。请协助補充可靠来源以改善这篇条目。无法查证的內容可能會因為異議提出而被移除。   关于一种呈靛蓝色的有机染料,請見「靛蓝」。 靛蓝色為光譜中從波長420到440奈米的色彩,一般泛指介於藍色和堇紫色之間的颜色。 有一種方法可以觀察光譜靛,將一般CD片置放於螢光管下即�...

 

Voce principale: Unione Calcio Sampdoria. UC SampdoriaStagione 1987-1988 Sport calcio Squadra Sampdoria Direttore tecnico Vujadin Boškov Allenatore Narciso Pezzotti Presidente Paolo Mantovani Serie A4º Coppa ItaliaVincitrice (in Coppa delle Coppe) Miglior marcatoreCampionato: Vialli (10)Totale: Vialli (13) StadioLuigi Ferraris 1986-1987 1988-1989 Si invita a seguire il modello di voce Questa voce raccoglie le informazioni riguardanti l'Unione Calcio Sampdoria nelle competizioni uf...