FT Brunswyk
|
Volledige naam |
Freie Turnerschaft Braunschweig e.V.
|
Stigtingsdatum |
1903
|
Tuisveld |
Freie Turner-stadion Prinzenpark, Brunswyk
|
Kapasiteit |
4 000
|
Kompetisie |
Oberliga Neder-Sakse Oos
|
FT Brunswyk is 'n sportklub uit Brunswyk in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir pluimbal, basketbal, vlugbal en gimnastiek.
Die klub is 1903 gestig, maar die sokkerafdeling is eers in 1911 op die been gebring. In 1933 is Duitse sport hervorm en is klubs wat nie aan die politieke voorskrifte van die Nazi’s voldoen het nie, ontbind, met FT Brunswyk een van die slagoffers. Na die Tweede Wêreldoorlog is die Nazi-party verbied en is die klub weer in 1946 herstig.
Die klub speel tradisioneel in die skadu van die bekender Brunswykse klubs en het eers in 1997 op die Duitse sokkerradar verskyn toe daar na die Verbandsliga op die vyfde vlak gepromoveer is.
Onlangse ligaposisionering
- 1979-80 (VII) Bezirksliga Noord 8ste
- 1980-81 (VII) Bezirksliga Noord 8ste
- 1981-82 (VII) Bezirksliga Noord 11de
- 1982-83 (VII) Bezirksliga Noord 10de
- 1983-84 (VII) Bezirksliga Noord 8ste
- 1984-85 (VII) Bezirksliga Noord 1ste
- 1985-86 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 5de
- 1986-87 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 9de
- 1987-88 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 5de
- 1988-89 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 8ste
- 1989-90 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 10de
- 1990-91 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 16de
- 1991-92 (VII) Bezirksliga Sentraal 1ste
- 1992-93 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 6de
- 1993-94 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 11de
- 1994-95 (VI) Landesliga Brunswyk 6de
|
- 1995-96 (VI) Landesliga Brunswyk 7de
- 1996-97 (VI) Landesliga Brunswyk 3de
- 1997-98 (V) Verbandsliga NS Oos 15de
- 1998-99 (VI) Landesliga Brunswyk 3de
- 1999-00 (VI) Landesliga Brunswyk 1ste
- 2000-01 (V) Verbandsliga NS Oos 7de
- 2001-02 (V) Verbandsliga NS Oos 7de
- 2002-03 (V) Verbandsliga NS Oos 2de
- 2003-04 (V) Verbandsliga NS Oos 4de
- 2004-05 (V) Verbandsliga NS Oos 6de
- 2005-06 (V) Verbandsliga NS Oos 4de
- 2006-07 (V) Verbandsliga NS Oos 4de
- 2007-08 (V) Verbandsliga NS Oos 8ste
- 2008-09 (V) Oberliga NS Oos 16de
- 2009-10 (V) Oberliga NS Oos
|
Eksterne skakels