FSV Erlangen-Bruck
|
Volledige naam |
Fußball- und Sportverein Erlangen-Bruck e.V.
|
Stigtingsdatum |
15 Mei 1916
|
Tuisveld |
Sportanlage des FSV Erlangen- Bruck, Erlangen
|
Kapasiteit |
1 000
|
Kompetisie |
Oberliga Beiere
|
FSV Erlangen-Bruck is 'n sportklub uit Erlangen in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook onder meer afdelings vir pluimbal, kegelbal, tennis, tafeltennis, gimnastiek en vlugbal. Bruck is 'n stadswyk van Erlangen wat tot in 1924 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 15 Mei 1916 (tydens die Eerste Wêreldoorlog) gestig as 1. FC Markt Bruck. Die klub is na die samesmelting van Bruck en Erlangen herdoop na 1. FC Markt Erlangen-Bruck.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis in 1946 herstig as 'n samesmelting met TV 1861 Erlangen-Bruck en Freie Arbeiterturnerschaft Erlangen-Bruck onder die huidige naam. In 1949 het die ander twee klubs weer die fusie verlaat, maar die klub het sy naam behou.
Die klub het sy grootste prestasie in 2008 behaal deur promosie na die Oberliga Beiere te verkry, die eerste klub uit Erlangen om op hierdie vlak te speel sedert BSC Erlangen in 1979.
Onlangse ligaposisionering
- 1991-92 (VIII) Kreisliga A 1ste
- 1992-93 (VII) Bezirksliga Middel-Franke Noord 5de
- 1993-94 (VII) Bezirksliga Middel-Franke Noord 4de
- 1994-95 (VII) Bezirksliga Middel-Franke Noord 5de
- 1995-96 (VII) Bezirksliga Middel-Franke Noord 2de
- 1996-97 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 5de
- 1997-98 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 10de
- 1998-99 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 8ste
- 1999-00 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 4de
|
- 2000-01 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 4de
- 2001-02 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 2de
- 2002-03 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 5de
- 2003-04 (VI) Bezirksoberliga Middel-Franke 1ste
- 2004-05 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 5de
- 2005-06 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 2de
- 2006-07 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 2de
- 2007-08 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 1ste
- 2008-09 (V) Oberliga Beiere
|
Verwysings
Eksterne skakels