Ernest Chausson

Ernest Chausson, foto deur P. Frois, Biarritz (Frankryk), omstreeks 1885, Bibliothèque nationale de France

Amédée-Ernest Chausson (Franse fonetiese spelling: ʃosɔ̃; 20 Januarie 185510 Junie 1899) was 'n Franse Romantiese komponis.

Lewe

Chausson is in Parys gebore uit 'n gegoede burgerlike familie. Hy was die enigste oorlewende kind van 'n boukontrakteur wat sy fortuin gemaak het deur Baron Haussmann in die herontwikkeling van Parys in die 1850's te help. Om sy vader tevrede te stel het Chausson regte gestudeer en is hy as advokaat vir die appèlhof aangestel, maar hy het min of geen belangstelling in die beroep gehad nie. Hy het gereeld die Paryse salonne besoek waar hy bekendes soos Henri Fantin-Latour, Odilon Redon, en Vincent d'Indy ontmoet het. Voordat hy op 'n musikale loopbaan besluit het, het hy geworstel met skryf en teken.

Chausson en Debussy, Luzancy, 1893

In 1879, op die ouderdom van 24, het hy Jules Massenet se komposisieklasse by die Paryse Konservatorium begin bywoon; Massenet het hom as "'n uitsonderlike persoon en 'n ware kunstenaar" beskou. Hy het reeds 'n paar klavierstukke en liedjies gekomponeer. Nietemin is die vroegste manuskripte wat behoue gebly het dié wat deur Massenet gekorrigeer is. By die konservatorium het Chausson ook onder César Franck gestudeer, met wie hy 'n hegte vriendskap gevorm het wat tot Franck se dood in 1890 sou duur. Chausson het sy studies in 1881 onderbreek ná 'n mislukte poging om die Prix de Rome te wen.[1]

Gedurende 1882 en 1883 het Chausson, wat van reis gehou het, Bayreuth besoek om die operas van Richard Wagner te sien. Op die eerste van hierdie reise het hy saam met d'Indy gereis om die première van Wagner se Parsifal te sien, en op die tweede reis het hy saamgereis met sy nuwe eggenote, Jeanne Escudier (1862–1936), saam met wie hy vyf kinders sou hê.

Van 1886 tot sy dood in 1899 was Chausson sekretaris van die Société Nationale de Musique. In sy eie huis (22 Boulevard de Courcelles, naby Parc Monceau), het hy verskeie kunstenaars ontvang, insluitende die komponiste Henri Duparc, Gabriel Fauré, Claude Debussy en Isaac Albéniz; die digter Stéphane Mallarmé; die Russiese romanskrywer Iwan Toergenef; en die Impressionistiese skilder Claude Monet. Chausson het ook skilderye versamel.

Dood

Chausson se graf, Père Lachaise-begraafplaas, Parys

Chausson het op 44-jarige leeftyd gesterf terwyl hy by een van sy plattelandse toevlugsoorde, die Château de Moussets, in Limay, Yvelines, woonagtig was. Chausson het met sy fiets bergaf gery en 'n baksteenmuur getref en is op slag dood. Die presiese omstandighede bly onduidelik; en hoewel dit waarskynlik 'n ongeluk was, is daar bespiegel dat hy selfmoord gepleeg het aangesien hy geneig was tot depressie. Hierdie selfmoordteorie is deur Debussy se biograaf, Edward Lockspeiser, voorgehou,[1] maar is meer onlangs deur Chausson se eie biograaf, Ralph Scott Grover, verwerp.[2] Toe hy 20 was het Chausson in sy dagboek geskryf “Ek het die voorgevoel dat my lewe kort sal wees. Ek kan nie juis daaroor kla nie, maar ek wil nie doodgaan voordat ek ten minste iets behaal het nie."[3]

Chausson is begrawe in die Père Lachaise-begraafplaas in Parys. Sy begrafnis is bygewoon deur persone uit die kunstewêreld, insluitende Duparc, Gabriel Fauré, Isaac Albéniz, Redon, Edgar Degas, Auguste Rodin, Henri de Régnier, Pierre Louÿs en Claude Debussy. Alhoewel Chausson se broederlike verhouding met Debussy vyf jaar vroeër op die rotse geloop het weens sy afkeur van Debussy se losbandigheid,[4][5] was Debussy nog altyd 'n kranige aanhanger van Chausson se musiek.

Naamgewing

'n Klein park, die Ernest Chausson-plein in the 17de arrondissement van Parys, is na Chausson vernoem.

Musiek

Ernest Chausson, foto deur Guy & Mockel, Parys, omstreeks 1897, Bibliothèque nationale de France.

Chausson se kreatiewe werk word algemeen in drie periodes verdeel. In die eerste periode word sy uitset stilisties oorheers deur die invloed van Massenet. Die tweede tydperk, vanaf 1886, word gekenmerk deur 'n meer dramatiese karakter, wat deels voortspruit uit Chausson se kontak met die artistieke milieus waarin hy beweeg het. In die derde periode, vanaf sy vader se dood in 1894, is hy veral beïnvloed deur sy lees van die simbolistiese digters en Russiese letterkunde, veral Toergenef, Dostojefski, en Tolstoi.

Chausson se werk is individualisties, maar dit weerspieël 'n paar tegniese invloede van beide Wagner en sy ander musikale held, Franck. Stilistiese spore, nie net van Massenet nie, maar ook van Brahms, kan soms bespeur word. Oor die algemeen oorbrug Chausson se komposisionele idioom die gaping tussen die ryp Romantiek van Massenet en Franck en die meer introverte Impressionisme van Debussy.

Verskeie delikate liedjies het uit Chausson se pen gekom. Hy het een opera voltooi, Le roi Arthus (Koning Arthur). Sy orkesuitset was klein, maar betekenisvol. Dit sluit in die simfoniese gedig Viviane; die Simfonie in B-mol, sy enigste simfonie; die Poème vir viool en orkes, 'n belangrike stuk in die vioolrepertorium; en die dramatiese liederesiklus Poème de l'amour et de la mer.

Chausson is glo die eerste komponis wat die celesta gebruik het. Hy het die instrument in Desember 1888 gebruik vir sy insidentele musiek wat geskryf is vir 'n klein orkes vir La Tempête, 'n Franse vertaling deur Maurice Bouchor van Shakespeare se The Tempest.[6]

Chausson was nie besonders produktief nie, en het slegs 39 opus-genommerde stukke agtergelaat.

"Daar is oomblikke wanneer ek voel dat ek gedryf word deur 'n soort koorsagtige instink, asof ek die voorgevoel het dat ek nie my doel sal bereik nie, of dat ek dit te laat sal bereik." Ernest Chausson

Verwysings

  1. Edward Lockspeiser, Debussy: His Life and Mind, vol. 1 (Londen: Cassell, 1965), p. 126.
  2. Ralph Scott Grover, Ernest Chausson: The Man and His Music (Londen: Athlone Press, 1980), p. 56; R. J. Stove, César Franck: His Life and Times (Lanham, Maryland: Scarecrow Press, 2012), p. 306.
  3. Steven M. Whiting, CD-notas vir die Concerto in D majeur en Klaviertrio in G mineur deur Ernest Chausson. Naxos 8.572468. 2010.
  4. Edward Lockspeiser, Debussy: His Life and Mind, vol. 1 (London: Cassell, 1965), pp. 40–47.
  5. Nichols, R., The Life of Debussy (Cambridge University Press, 1998).
  6. Blades, James and Holland, James, "Celesta"; in: Gallois, Jean, "Chausson, Ernest: Works", Grove Music Online Geargiveer 16 Mei 2008 op Wayback Machine (besoek op 8 April 2006) (Intekenaarskap vereis) Let wel: Die eerste groot komponis wat die celesta in 'n werk vir volle simfonieorkes gebruik het, was Pjotr Tsjaikofski. Hy het dit die eerste keer gebruik in sy simfoniese gedig Die Wojewoda in 1891, en die volgende jaar in sy ballet Die Neutekraker, veral in die "Dans van die Suikerpruimfeetjies".

Bronnelys

  • Charles Oulmont (), Musique de l'amour. I. Ernest Chausson et "la bande à Franck" (Paris: Desclée de Brouwer & Cie., 1935).
  • Jean Gallois, Ernest Chausson (Parys: Fayard, 1994).
  • Le Doussal, Florence (2000). "Maurice Denis et Ernest Chausson: Deux âmes fraternelles éprises d'absolu". Music in Art: International Journal for Music Iconography. 25 (1–2): 103–114. ISSN 1522-7464.

Eksterne skakels

Read other articles:

Shilling TanzaniaShilingi ya Tanzania (Swahili) 1000 shillingBank Tanzania ISO 4217KodeTZSDenominasiSubsatuan 1/100sentiSimbolx/yUang kertas500, 1000, 2000, 5000, 10000 shilingiUang koin50, 100, 200 shilingiDemografiPengguna TanzaniaEmisiBank sentralBank Tanzania Situs webwww.bot.go.tzValuasiInflasi11,6% SumberThe World Factbook, 2009 est. Shilling Tanzania (bahasa Swahili: Shilingi; tanda: TSh; kode: TZS) adalah mata uang resmi Tanzania yang diterbitkan oleh Bank T...

 

Berlian Bintang Afrika Bintang Afrika adalah nama yang diberikan untuk berlian terbesar di Dunia. Berlian ini ditemukan di tambang berlian Pretoria, Afrika Selatan.[1] Berlian senilai 3.106 karat ini kemudian dipotong oleh Joseph Ascher dari Belanda.[1] Ia berhasil memotong berlian itu hingga menjadi 106 buah yang berharga jutaan dolar.[1] Potongan tersebut diberi nama Bintang Afrika I ( Star of Africa One) yang bernilai 530 karat dan memiliki 74 irisan.[1] Ber...

 

Gracile australopithRentang fosil: Pliocene Australopithecus afarensis Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Chordata Kelas: Mammalia Ordo: Primata Famili: Hominid Genus: AustralopithecusR.A. Dart, 1925 Spesies †A. afarensis †A. africanus †A. anamensis †A. bahrelghazali †A. garhi Dulunya Australopithecus, sekarang Paranthropus †P. aethiopicus †P. robustus †P. boisei Genus Australopithecus (Latin australis dari selatan, Yunani πίθηκος pithekos kera) adalah genus ...

Taxi 2SutradaraGérard KrawczykProduserLuc BessonMichele PetinLaurent PetinDitulis olehLuc BessonPemeranSamy NaceriFrédéric DiefenthalMarion CotillardEmma SjobergBernard FarcyPenata musikAl KhemyaSinematograferThierry GuilmaroDistributorLions Gate FilmsTanggal rilis29 Maret 2000 (Prancis)Durasi88 menitBahasaPrancisAnggaranFRF 70,000,000PrekuelTaxiSekuelTaxi 3IMDbInformasi di IMDb Taxi 2 merupakan sebuah film asal Prancis yang dirilis pada tahun 2000. Film yang disutradarai oleh Gérar...

 

HanzhongPrefecture-level cityTranskripsi Chinese • Simplified汉中 • Traditional漢中 • PinyinHànzhōngNegaraTiongkokProvinsiShaanxiLuas • Total27.246 km2 (10,520 sq mi)Populasi (2004) • Total3.700.000 • Kepadatan140/km2 (350/sq mi)Zona waktuUTC+8 (China Standard)Postal code723000Kode area telepon0916Situs webhttp://www.hanzhong.gov.cn Hanzhong (Hanzi sederhana: 汉中; Hanzi tradision...

 

Women's 800 metres at the 2015 World ChampionshipsVenueBeijing National StadiumDates26 August (heats)27 August (semifinals)29 August (final)Competitors44 from 31 nationsWinning time1:58.03Medalists  Maryna Arzamasava   Belarus Melissa Bishop   Canada Eunice Jepkoech Sum   Kenya← 20132017 → Events at the2015 World ChampionshipsTrack events100 mmenwomen200 mmenwomen400 mmenwomen800 mmenwomen1500 mmenwom...

The Oxford Dictionary of Byzantium The Oxford Dictionary of Byzantium (sering disingkat menjadi ODB) adalah sebuah kamus sejarah sebanyak tiga volume yang dipublikasikan oleh penerbit Oxford University Press. Kamus ini berisi informasi komprehensif dalam bahasa Inggris mengenai topik-topik yang berkaitan dengan Kekaisaran Bizantium. Kamus ini disunting oleh Dr. Alexander Kazhdan, dan diterbitkan pertama kali pada tahun 1991.[1] Kazhdan sendiri merupakan seorang profesor di Universitas...

 

Флаг гордости бисексуалов Бисексуальность      Сексуальные ориентации Бисексуальность Пансексуальность Полисексуальность Моносексуальность Сексуальные идентичности Би-любопытство Гетерогибкость и гомогибкость Сексуальная текучесть Исследования Шк...

 

2018 single by Marshmello and Juicy J featuring James ArthurYou Can CrySingle by Marshmello and Juicy J featuring James ArthurReleasedMay 4, 2018 (2018-05-04)Genre Hip hop downtempo electro trap Length3:14Label Joytime Collective Columbia Songwriter(s) Christopher Comstock Jordan Houston Charlie Puth Taiwo Hassan Kehinde Hassan Producer(s) Marshmello Christian Rich (co.) Marshmello singles chronology Fly (2018) You Can Cry (2018) Tell Me (2018) Juicy J singles chronolog...

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

 

1995 EP by In FlamesSubterraneanEP by In FlamesReleased15 June 1995[1]Recorded1994[2]StudioStudio Fredman, Gothenburg, SwedenGenreMelodic death metalLength20:50LabelWrong AgainProducerIn FlamesIn Flames chronology Lunar Strain(1994) Subterranean(1995) The Jester Race(1996) Subterranean is the first EP by Swedish heavy metal band In Flames, released in 1995. It was remastered and re-released in 2003 by Regain Records and reissued again in 2014, featuring additional trac...

 

路易斯·菲利佩·斯科拉里Luiz Felipe Scolari 個人信息全名 Luiz Felipe Scolari暱稱 菲利佩将军(Ogeneral Felipão)大菲尔(Big Phil)出生日期 (1948-11-09) 1948年11月9日(75歲)出生地點  巴西帕苏丰杜身高 1.82米(5英尺111⁄2英寸)位置 後衛青年隊1966–1973 艾莫里職業俱乐部*年份 球隊 出场 (进球)1973–1979 Caxias(英语:Sociedade Esportiva e Recreativa Caxias do Sul) 1980 青年人 1980–1981 Nov...

Drs.Duwel Rawing Anggota DPRD Kalimantan Tengah Fraksi PDIPPetahanaMulai menjabat 28 Agustus 2014PresidenSusilo Bambang Yudhoyono Joko WidodoGubernurAgustin Teras Narang Hadi Prabowo (Pj.) Sugianto SabranBupati Katingan ke-1Masa jabatan24 Juli 2003 – 24 Juli 2013PresidenMegawati Soekarnoputri Susilo Bambang YudhoyonoGubernurAsmawi Agani Sodjuangon Situmorang (Pj.) Agustin Teras NarangBupati Katingan|WakilAhmad Yantenglie (2003-08) Surya (2008-13)PendahuluTidak ada, Jabatan ...

 

Dollaro zimbabwesefuori corso Codice ISO 4217ZWL[1](ex ZWR, ZWN e ZWD) Stati Zimbabwe Simbolo$ (Z$ o ZW$) FrazioniCent (1/100) (non usata) MoneteNessuna Banconote$1, $5, $10, $20, $50, $100, $500 Entità emittenteReserve Bank of Zimbabwe Sito webwww.rbz.co.zw Periodo di circolazione18 aprile 1980 - 12 aprile 2009 Sostituita daDollaro statunitense dal 12 aprile 2009 Tasso di cambioSi veda la sezione dedicata() Il dollaro zimbabwese era utilizzato insieme al dollaro s...

 

Protein-coding gene in the species Homo sapiens APBA1Available structuresPDBOrtholog search: PDBe RCSB List of PDB id codes1AQC, 1U37, 1U38, 1U39, 1U3B, 1X11, 1X45, 1Y7NIdentifiersAliasesAPBA1, D9S411E, LIN10, MINT1, X11, X11A, X11ALPHA, amyloid beta precursor protein binding family A member 1External IDsOMIM: 602414; MGI: 1860297; HomoloGene: 897; GeneCards: APBA1; OMA:APBA1 - orthologsGene location (Human)Chr.Chromosome 9 (human)[1]Band9q21.12Start69,427,532 bp[1]End69,672,3...

Stanley Cup 2007Squadre12345Serie Ottawa Senators 205221 Anaheim Ducks  3 1 33 6 4 FormatoBest of Seven Periododal 28 maggio al 6 giugno 2007 StadiScotiabank Place (Ottawa)Honda Center (Anaheim) Allenatori Bryan Murray (Ottawa) Randy Carlyle (Anaheim) Capitani Daniel Alfredsson (Ottawa) Scott Niedermayer (Anaheim) Arbitri Paul Devorski (1,3,5) Dan O'Halloran (1,3,5) Brad Watson (2,4) Bill McCreary (2,4) MVP Scott Niedermayer Rete decisiva Travis Moen (35:44, G5) MediaNBC, ...

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) 2017 في البرازيلمعلومات عامةالسنة 2017 البلد البرازيل 2016 في البرازيل 2018 في البرازيل تعديل - تعديل مصدري - تعد�...

 

В Википедии есть статьи о других людях с такой фамилией, см. Волконский; Волконский, Сергей. Сергей Григорьевич Волконский Портрет Сергея Григорьевича Волконскогоработы[1] Джорджа Доу. Военная галерея Зимнего Дворца, Государственный Эрмитаж (Санкт-Петербург) Дата ро�...

Military commander in the service of Austria (1663–1736) Eugene of SavoyPortrait of Prince Eugene of Savoy, 1718by Jacob van SchuppenBorn(1663-10-18)18 October 1663Hôtel de Soissons, Paris, Kingdom of FranceDied21 April 1736(1736-04-21) (aged 72)Vienna, Archduchy of Austria, Holy Roman EmpireBurialSt. Stephen's Cathedral, ViennaHouseSavoy-CarignanoFatherEugene Maurice of SavoyMotherOlympia ManciniSignatureMilitary careerRankField marshalConflicts See list Great Turkish War Battle of V...

 

Ethnic group and nation native to Wales Welshman redirects here. For other uses, see Welshman (disambiguation). Ethnic group Welsh peopleCymryRegions with significant populationsWales 2 million[1](identifying as Welsh only)Significant Welsh diaspora inUnited States2 million[2]England610,000[3]Canada475,000 (Includes those of mixed ancestry)[4]Australia126,000[5]Argentina50,000[6]Scotland17,000[7]New Zealand10,000[8]LanguagesWelsh...