Die ster se Bayer-naam is "Epsilon Pegasi" en sy Flamsteed-naam "8 Pegasi". Sy tradisionele naam, "Enif", kom van die Arabiese woord vir "neus" vanweë sy posisie as die neus van die Vlieënde Perd.
Enif is ’n geëvolueerde ster wat reeds sy superreusfase binnegegaan het, soos gesien kan word aan sy sterreklassifikasie van K2 Ib.[1] Sy massa is na raming 12 keer dié van die Son[5] en sy hoekdeursnee is 8,17 ± 0,09 milliboogsekondes.[15] Op hierdie afstand gee dit ’n enorme fisieke radius van 185 keer die Son s'n.[6] Sy ligsterkte is rofweg 12 250 keer die Son s’n[7] teen ’n effektiewe temperatuur van 4 337 K.[3] Dié temperatuur is laer as die Son s’n en dit gee die ster die tipiese oranje kleur van ’n K-tipe ster.[16]
Enif het waarskynlik ’n kort deel van sy lewensduur oor, hoewel dit onbekend is of dit as ’n supernova sal ontplof of ’n skaars neon-suurstof-witdwerg sal word, aangesien sy massa op die grens lê tussen sterre wat sal ontplof of nie. Volgens waarnemings het Enif al op ’n paar geleenthede skielik baie helderder geword, wat aanleiding gegee het tot die teorie dat dit (en moontlik nog ’n superreus) enorme vlamme genereer wat dié van die Son oorskadu.[17] Dit is ’n stadige onreëlmatige (LC-)veranderlike waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0,7 en 3,5.[9]
Sy spektrum toon ’n oormaat van die elementestronsium en barium, wat die gevolg kan wees van die S-proses van nukleosintese in sy buitenste atmosfeer.[7] Dit het ’n relatief hoë uitsonderlike snelheid van 21,6 km s-1.[5]
↑ 4,04,14,2Cousins, A. W. J. (1984), "Standardization of Broadband Photometry of Equatorial Standards", South African Astronomical Observatory Circulars8: 59, Bibcode: 1984SAAOC...8...59C
↑ 7,07,17,2Smith, Verne V.; Lambert, David L. (Junie 1987), "Are the red supergiants Epsilon Peg and 12 PUP victims of mild s-processing?", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society226 (3): 563–579, doi:10.1093/mnras/226.3.563, Bibcode: 1987MNRAS.226..563S
↑Bernacca, P. L.; Perinotto, M. (1970). "A catalogue of stellar rotational velocities". Contributi Osservatorio Astronomico di Padova in Asiago. 239 (1). Bibcode:1970CoAsi.239....1B.
↑Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J. (Julie 1997), "The Hipparcos Catalogue", Astronomy and Astrophysics323: L49–L52, Bibcode: 1997A&A...323L..49P
↑Richichi, A.; Percheron, I.; Khristoforova, M. (Februarie 2005), "CHARM2: An updated Catalog of High Angular Resolution Measurements", Astronomy and Astrophysics431 (2): 773–777, doi:10.1051/0004-6361:20042039, Bibcode: 2005A&A...431..773R