Die Rondlopers (Emmelichthyidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is drie genera met twaalf spesies wat hoort tot dié familie en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Die lywe is lank en die dorsale vin is aaneenlopend en die stertvin is gevurk. Die grootste gedeelte van die liggaam en kop is vol skubbe. Die grootte wissel van 16 – 60 cm en die familie is bodemvoeders wat voorkom in water wat 100 – 500 m diep is. As gevolg van die klein bevolking is die kommersiële waarde van die vis beperk.
Genera
Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Sien ook
Bron