Emmanuel Jean-Michel Frédéric Macron (Amiens, 21 Desember 1977; Frans: [emanɥɛl ʒɑ̃ miʃɛl fʁedeʁik makʁɔ̃]) is 'n Franse politikus. Sedert 14 Mei 2017 dien hy as President van Frankryk en medeprins van Andorra. Macron is in die presidensiële 2022-verkiesing herkies vir 'n tweede termyn as president van Frankryk, die eerste president wat in byna twintig jaar herkies is.[2]
Op 23 April 2017 het hy die leidende kandidaat in die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesings geword, nog voor die Front National se Marine Le Pen. Op 7 Mei het hy met meer as 65% van die stemme president van die Franse republiek geword.
Macron het die Nasionale Skool vir Administrasie gevolg, 'n eliteskool wat drie presidente as hul alumni tel. Hy het as die finansiële inspekteur vir die Ministerie van Ekonomie gewerk en het daarna bankier geword by Rothschild & Co. Hy was lid van Sosialistiese Party, maar het in 2009 onafhanklik geword. Hy was ook lid van president Hollande se span en later minister van ekonomie, nywerheid en digitale sake in die kabinet van Manuel Valls.[3]
Macron is 'n trotse sentris en ondersteun Frankryk se lidmaatskap in die Europese Unie. Hy het sy eie politieke beweging gestig wat "En Marche!" heet en hy het daaroor gesê:[4]
|
Nous sommes la seule force politique proeuropéenne – Ons is die enigste pro-Europese politieke krag.
|
|
Verwysings
Eksterne skakels