Die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel (Grieks: Οἰκουμενικὸν Πατριαρχεῖον Κωνσταντινουπόλεως, ikumenikˈon patriarˈxion konstantinuˈpoleos; Turks: Rum Ortodoks Patrikhanesi, İstanbul Ekümenik Patrikhanesi[1][2]) is een van vyftien outokefale Oosters-Ortodokse Kerke. Die primaat aan die hoof van die kerk se titel is Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel. Die huidige patriarg is Bartolomeus I.
Vanweë sy ligging in die hoofstad van die destydse Bisantynse Ryk en sy rol as moederkerk van die meeste Ortodokse kerke, het die Ekumeniese Patriarg die status van "eerste onder gelykes" onder die Ortodokse Kerk se primate. Anders as die pous van die Rooms-Katolieke Kerk staan hy nie aan die hoof van die verskillende outokefale, administratief selfregerende Ortodokse kerke nie. Hy word egter in ’n breë sin beskou as die geestelike leier van die wêreld se 300 miljoen Ortodokse Christene.[3][4] Sy posisie word egter betwis deur die Russies-Ortodokse Kerk, wat ’n groter gemeenskap as enige ander Ortodokse kerk bedien.[5]
Verwysings
Eksterne skakels